Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Terwyl enkelouer-huishoudings toeneem, rus die verantwoordelikheid al hoe meer op vroue se skouers om finansiële besluite te neem. Dit sal hulle baat om te kyk na die voordele wat dit inhou om ’n trust vir hul kinders te skep.

David Thomson, Senior Regsadviseur by Sanlam Trust, sê mense dink soms trusts is net vir die rykes bedoel. Tog kan ’n trust ’n baie nuttige finansiële beplanningsinstrument wees vir enkelouers – veral ’n ma wat gemoedsrus wil hê dat haar minderjarige kinders se belange beskerm sal word na haar dood.

“’n Trust kan ’n baie nuttige finansiële beplanningsinstrument wees vir enkelouers – veral ’n ma wat gemoedsrus wil hê dat haar minderjarige kinders se belange beskerm sal word na haar dood,” sê David Thomson, Senior Regsadviseur by Sanlam Trust.

Twee tipes trusts

Daar is gewoonlik twee opsies beskikbaar, naamlik ’n testamentêre trust en ’n inter vivos-trust. Jou persoonlike behoeftes sal jou keuse bepaal.

’n Testamentêre trust word opgerig as ’n opdrag in jou testament ná jou dood. Daarenteen word ’n inter vivos-trust by wyse van ’n kontrak geskep, en nie ’n testament nie, en dit tree in werking terwyl jy nog leef.

Jy het miskien nie ’n inter vivos-trust nodig nie, maar as jy nie in jou testament vir ’n testamentêre trust voorsiening maak nie, sal enige bates wat jy aan jou minderjarige kinders nalaat in die Voogdyfonds geplaas word. Hierdie fonds word deur die Meester van die Hooggeregshof geadministreer en dit kan ’n administratiewe las vir jou kinders se versorger word om daaruit te eis.

’n Testamentêre trust is ’n goeie opsie vir ’n enkelma wat baie spesifieke behoeftes en wense het in verband met haar kinders se welstand ná haar dood.

’n Groot voordeel van ’n testamentêre trust is dat jy verskillende mense kan benoem om as ’n voog vir jou kinders en as ’n trustee vir jou boedel op te tree. ’n Skeiding van hierdie verantwoordelikhede kan ’n situasie help voorkom waar ’n benoemde voog jou kind se erflating misbruik.

’n Ouer kan ’n bekwame en vertroude persoon as ’n trustee benoem, of oorweeg om ’n professionele trustee soos ’n trustmaatskappy (bv. Sanlam Trust) aan te stel. Na jou dood en in die geval van ’n testamentêre trust, sal die Meester van die Hooggeregshof ’n magtigingsbrief aan jou trustees uitreik en verseker dat die regte proses daarna gevolg word.

’n Testamentêre trust of inter vivos-trust kan ook baie handig wees vir saamgevoegde of “hersaamgestelde” gesinne, waar een of albei ouers kinders uit vorige huwelike het. Op dié manier kan jy afsonderlik vir albei “takke” van die gesin voorsiening maak en moontlike geskille later vermy.

Trusts bied talle finansiële beplanningsvoordele wat dikwels oor die hoof gesien word of waarvan mense net nie bewus is nie. Bespreek jou opsies met ’n gelisensieerde finansiële adviseur.

 

 

Aanbod gekry om vroeg af te tree?Aanbod gekry om vroeg af te tree?http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/aanbod-gekry-om-vroeg-af-te-tree.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/Early-retirement.jpg, /blog/PublishingImages/Early-retirement.jpg7/28/2021 9:26:38 AM065673Call Centre: 0860 SANLAM / 0860 726526 As jy in jou middel-50’s is en skielik die keuse kry om vroeg af te tree, kan dit aanloklik lyk om dit te aanvaar – veral as daar ’n kans is aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2021-07-27T22:00:00ZAs jy in jou middel-50’s is en die keuse kry om vroeg af te tree, kan dit aanloklik lyk om dit te aanvaar. Neem egter ’n ingeligte besluit.
Agt maniere om jou kind teen skade te beskermAgt maniere om jou kind teen skade te beskermhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/agt-maniere-om-jou-kind-teen-skade-te-beskerm.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/protect-your-child.jpg, /blog/PublishingImages/protect-your-child.jpg11/30/2021 12:07:32 PM065674Call Centre: 0860 SANLAM / 0860 726526 Kinders kan enige tyd van die jaar beserings opdoen, maar dit is gewoonlik gedurende die somerseisoen dat ons beserings by kinders sien styg aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2021-11-29T22:00:00ZKinders kan enige tyd van die jaar beserings opdoen, maar dit is gewoonlik gedurende die somer dat beserings by kinders styg.

 Most Read

 

 

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam