Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Jy glo vas jou testament verwoord jou laaste wense. Maak egter seker dit voldoen aan al die regsvereistes, anders is dit ongeldig en sal jy jou naasbestaandes met die gevolge opsaal.

David Thomson, Senior Regsadviseur by Sanlam Trust, sê dis nie ongewoon dat mense nie ’n regskundige wil betaal om ’n testament op te stel nie of, nog erger, dink hulle het glad nie ’n testament nodig nie.

Die volgende wenke kan help verseker dat jou testament in orde is:

Maak seker jou testament is geldig

Jou testament moet behoorlik geteken wees, ook deur geskikte getuies, en op ’n veilige plek bewaar word. ’n Testament wat nie aan die basiese voorgeskrewe formaliteite voldoen nie, kan ’n beduidende regsrisiko skep.

Om ’n testament op te stel, moet jy die bevoegdheid (én geestesvermoë) hê om dit te formuleer, minstens 16 jaar oud wees en die aard en uitwerking van wat jy opstel, verstaan.

Hou die volgende in gedagte met die
ondertekening van die testament:

  • Die persoon wat die testament opstel, moet elke bladsy teken.
  • Twee bevoegde getuies (minstens 14 jaar oud) moet teenwoordig wees wanneer die persoon wat die testament opstel (die testateur), dit teken.
  • Beide getuies moet aandui dat hulle teenwoordig was toe die testament geteken is. Hulle moet die laaste bladsy van die testament saam onderteken, in mekaar se teenwoordigheid en in die teenwoordigheid van wie ook al die testament opgestel het. Daar rus ook ’n onus op hulle om seker te maak dat die testament onderteken is deur die persoon wie se naam daarop verskyn, as die testateur.
  • Indien die testament uit meer as een bladsy bestaan, moet die persoon wat die testament maak, elke bladsy teken. Getuies hoef nie elke bladsy te teken nie, maar dit kan help om enige aantygings te vermy van iemand wat dalk later stilletjies ’n nuwe bladsy by die testament invoeg.
  • Indien jy ooit jou testament verander, maak seker dat dit steeds aan al die formaliteite voldoen.
  • Skryf ten slotte die datum langs die handtekeninge – selfs al is dit nie ’n regsvereiste nie. Dit kan help om moontlike dispute te vermy oor of die testament werklik die laaste wense en testament is.

Wie mag NIE ’n testament as getuie teken nie?

Enigiemand met ’n indirekte of direkte belang in die boedel mag nie as ’n getuie teken nie. Dieselfde geld vir trustees, eksekuteurs en hul gades.

Hoe Sanlam Trust jou kan help

As jy ’n testament aan Sanlam Trust stuur vir veilige bewaring, sal dit nagegaan word om seker te maak dat dit reg opgestel en op elke bladsy geteken is, met die nodige getuies.

Indien jy vermoed dat jou testament of dié van ’n familielid nie aan al die nodige formaliteite voldoen nie, doen onmiddellik stappe om dit reg te stel.

Kontak Sanlam Trust om die testament te hersien of weer op te stel – met of sonder enige veranderinge. Dit sal dan weer aan jou gestuur word vir ondertekening, sonder verdere koste indien jy alreeds ’n Sanlam Trust-kliënt is.

 

 

Aanbod gekry om vroeg af te tree?Aanbod gekry om vroeg af te tree?http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/aanbod-gekry-om-vroeg-af-te-tree.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/Early-retirement.jpg, /blog/PublishingImages/Early-retirement.jpg7/28/2021 9:26:38 AM065673Call Centre: 0860 SANLAM / 0860 726526 As jy in jou middel-50’s is en skielik die keuse kry om vroeg af te tree, kan dit aanloklik lyk om dit te aanvaar – veral as daar ’n kans is aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2021-07-27T22:00:00ZAs jy in jou middel-50’s is en die keuse kry om vroeg af te tree, kan dit aanloklik lyk om dit te aanvaar. Neem egter ’n ingeligte besluit.
Agt maniere om jou kind teen skade te beskermAgt maniere om jou kind teen skade te beskermhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/agt-maniere-om-jou-kind-teen-skade-te-beskerm.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/protect-your-child.jpg, /blog/PublishingImages/protect-your-child.jpg11/30/2021 12:07:32 PM065674Call Centre: 0860 SANLAM / 0860 726526 Kinders kan enige tyd van die jaar beserings opdoen, maar dit is gewoonlik gedurende die somerseisoen dat ons beserings by kinders sien styg aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2021-11-29T22:00:00ZKinders kan enige tyd van die jaar beserings opdoen, maar dit is gewoonlik gedurende die somer dat beserings by kinders styg.

 Most Read

 

 

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam