Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Dis een ding om ’n testament op te stel en iets heeltemal anders om te sorg dat daar eendag genoeg kontant in jou boedel is. Maak egter seker hiervan, as jy nie wil hê jou erfgename moet dalk swaar verdiende bates verkoop om die tekort te dek nie, sê David Thomson, Senior Regsadviseur by Sanlam Trust.

Mense onderskat hoeveel geld hulle nodig sal hê om die kostes en fooie met die afhandeling van ’n bestorwe boedel te dek. Trouens, meer as 46% van bestorwe boedels in Suid-Afrika het nie genoeg kontant om die boedeladministrasiekostes, moontlike skuld en kontantbemakings in die testament te dek nie. Met die regte advies en leiding kan jy hierdie situasie in jou boedel voorkom.

Afgesien van uitstaande skuld wat vereffen moet word, moet die boedel onder andere die boedelkostes, waardasiekostes, boedelbankrekeningkostes en oordragkostes van vaste eiendom dek.

As jy nie genoeg voorsiening gemaak het om likiditeit in jou boedel te verseker nie, sal dit jou erfgename raak, aangesien hulle die kontanttekort in die boedel sal moet dek, óf die eksekuteur en jou erfgename sal noodgedwonge moet besluit watter swaar verdiende bates verkoop moet word om die tekort te dek.

Hoe lewensdekking kan help

Lewensdekking is ’n maklike en kostedoeltreffende manier om te verseker dat daar kontant is om jou boedel te beskerm. As jy minstens een lewenspolis het wat aan die boedel betaalbaar is, kan dit die nodige kontantinspuiting verskaf om jou erfgename en hul erfenis te beskerm.

Dis ook wys om addisionele lewens- en begrafnisdekking te hê wat aan jou begunstigdes betaalbaar is, om jou begrafniskostes te dek en vir jou afhanklikes se lewenskostes voorsiening te maak terwyl jou boedel afgehandel word.

Gesels met jou finansiële tussenganger om seker te maak jy het genoeg likiditeit in jou boedel. En terwyl jy hieraan aandag gee, hersien sommer ook jou testament om te bepaal of jou laaste wense aangepas moet word na aanleiding van onlangse lewensveranderende gebeurtenisse, soos die aanskaffing van ’n nuwe eiendom, ’n egskeiding, die dood van ’n lewensmaat of die geboorte van ’n kind of kleinkind.

 

 

Vyf maniere om u kind eksamenstres te help oorwinVyf maniere om u kind eksamenstres te help oorwinhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/vyf-maniere-om-u-kind-eksamenstres-te-help-oorwin.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/beat_exam_stress.jpg, /blog/PublishingImages/beat_exam_stress.jpg10/18/2019 12:44:54 PM078202aspx291787http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-10-15T22:00:00ZHier’ s vyf maniere waarop u u kind kan help om eksamenstres te oorwin en goed te presteer.
Doen goed waar jy kan en maak 2020 ’n wonderlike jaarDoen goed waar jy kan en maak 2020 ’n wonderlike jaarhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/doen-goed-en-maak-2020-wonderlik.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/do_good_banner.jpg, /blog/PublishingImages/do_good_banner.jpg1/29/2020 11:06:16 AM0106006aspx288614http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2020-01-28T22:00:00ZAan die einde van verlede jaar het Sanlam sy #NeverBeenABetterTime-platform bekend gestel, met die aangrypende storie van Enzokhule.

 Most Read

 

 

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam