Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Sanlam help graag Suid-Afrikaners om finansiële sekuriteit te hê, onafhanklik te wees, en hul eie welvaart te skep. Die bewys hiervan is ons korporatiewe maatskaplike belegging van R543 miljoen oor die afgelope 10 jaar in areas soos die onderwyssektor, ondernemings- en verskaffer-ontwikkelingsinisiatiewe, finansiële geletterdheidsprogramme en vrywillige dienslewering deur werknemers.

Ons verskaf:

  • Finansiële voorligting vir studente by tersiêre instellings, deur Sanlam vir Gegradueerdes.
  • Finansiële geletterdheidsprogramme vir vakbonde en werkplekke. Dit het reeds ’n invloed op die ingesteldheid en finansiële toekoms van meer as 50 000 Suid-Afrikaners in die lae inkomstegroep.
  • Syfervaardigheidsinisiatiewe by primêre en sekondêre skole.
  • Mikro-ondernemingsontwikkeling vir studente, lede van die gemeenskap, en KMMO’s wat die skoolomgewing bedien.

Ons borg ook:

  • Wiskunde-, wetenskap- en geletterdheid-gefokusde ondersteuning vir laer- en hoërskoolleerders. In 2018 het meer as 328 000 leerders by ons Blue Ladder-skoolprogramme en Woorde Open Wêrelde-inisiatiewe baat gevind.
  • Die Kay Motsepe-beker vir hoërskoolsokkerspanne. In 2018 het 2 500 skole van regoor die land deelgeneem.
  • Die nagraadse studie van swart studente by die Afrika-instituut vir Finansiële Markte en Risikobestuur by die Universiteit van Kaapstad.
  • Die Thuthuka-beursfonds vir swart en bruin studente wat geoktrooieerde rekenmeesters wil word of die finansiële diensbedryf wil betree.
  • Die samewerkingspogings in die finansiële dienssektor deur ons vennootskap met ASISA.
  • Die pogings van die Wêreldnatuurfonds om waternood en klimaatsverandering te bestry.
  • Visuele kunsteprogramme gekoppel aan die uitstallings van die Sanlam Kunsversameling.

Sanlam ondersteun ook sedert 2019 die JB Marks Stigtingstrustfonds, wat tersiêre onderrig verskaf aan kinders van werkers in die myn-, energie- en konstruksiesektore. Ons het tot dusver 31 studente gehelp om baccalaureusgrade en nasionale diplomas te verwerf.

Ons verbintenis tot finansiële robuustheid, inklusiwiteit
en welvaartskepping in agtergeblewe gemeenskappe bly ons kernfokus, en ons sal voortgaan om te belê in programme wat die uitwissing van armoede
regoor Afrika ondersteun.

Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam