Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Aan die einde van verlede jaar het Sanlam sy #NeverBeenABetterTime-platform bekend gestel, met die aangrypende storie van Enzokhule. Statistiek SA het onthul dat die gewildste naam vir beide pasgebore seuntjies en dogtertjies in Suid-Afrika gedurende 2017 en 2018 Enzokuhle was, wat beteken om goed te doen.

Ons naam is ’n kernelement van wie ons is, en die deskundiges meen ons naam het ’n baie groter invloed op ons gedrag as wat ons dink. Dit sê vir ons dat mense regoor Suid-Afrika nog steeds die hoop en wil het om iets goeds die wêreld in te bring.

Hierdie storie, en vele soortgelyke stories, het wye dekking in die media gekry, maar ons het dit almal gemis. Toe bring die Springbokke die Wêreldbeker huis toe en hierdie keer het nie een van ons die groter storie gemis nie.

Dit het die nasie se gemoedstemming verander. Dit het ons uit die negatiewe stemming gelig en die ideale geleentheid geskep om die kollig op Suid-Afrika se goeienuus-stories te plaas.

Vanjaar wil Sanlam jou inspireer om 2020 ’n positiewe jaar te maak deur stories van hoop, vordering en innovering met ons en jou medelandgenote te deel. Want daar was nog nooit ’n beter tyd as nou om goed te doen nie. Daar was nog nooit ’n beter tyd as nou om jou volle potensiaal te verwesenlik nie. Daar was nog nooit ’n beter tyd as nou om ’n meer positiewe Suid-Afrika te bou nie.

“Daar was nog nooit ’n beter tyd as nou om jou volle potensiaal te verwesenlik nie. Daar was nog nooit ’n beter tyd as nou om ’n meer positiewe Suid-Afrika te bou nie.”

Om die Enzokuhle-film te sien of nog ware Suid-Afrikaanse stories van hoop, innovering en inspirasie te lees, besoek NeverBeenABetterTime.

As ons almal goed doen waar ons kan, kan ons 2020 ’n goeie jaar maak.

Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam