Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Om vir aftrede te spaar, is ’n lang finansiële reis wat gewoonlik aan die begin van jou werksloopbaan afskop, en lank na jou afsterwe kan eindig indien jy afhanklikes het.

Hierdie lang reis kan oorweldigend lyk. Gelukkig kan jy dit volhou as jy die regte benadering volg, duidelike finansiële doelwitte het en die kundige ondersteuning kry wat jy nodig het.

Dink holisties

Om geskikte aftreespaardoelwitte te stel, moet jy ’n begrip hê van die tipiese behoeftes wat mense gedurende aftrede het. Hoe verder aftrede vir jou in die toekoms lê, hoe moeiliker kan dit wees om die finansiële verpligtinge te verstaan. Doen deeglike navorsing. Wanneer jy ’n goeie idee het van jou finansiële behoeftes, kan jy gepaste doelwitte stel. Moenie aftrede as ’n eenmalige geleentheid beskou nie – stel ’n reeks doelwitte vir elke vyf jaar na aftrede.

Wat belangrik is, is dat aftreebeplanning nie losgemaak kan word van algemene finansiële beplanning nie. Neem ook ander lewensdoelwitte in ag waarvoor jy voorsiening moet maak – soos om jou verdienvermoë te beskerm en die welstand van geliefdes te verseker ingeval iets met jou gebeur.

Fokus help jou om prioriteite te bepaal

Wanneer jy jou doelwitte kan formuleer – ook dié waarvan jy miskien nie eens bewus was nie – kan jy jou finansiële prioriteite begin bepaal met die bronne wat jy het. Berei jou voor dat jy gedurende jou finansiële reis opofferings sal moet maak – oor groot leefstylkeuses soos ’n huis en motor, en ook kleiner luukshede.

Gelukkig help doelwitte jou om koers te kry en op koers te bly, en jou aandag af te lei van impulsiewe besluite wat jou op die lang duur baie kan kos.

Jy kan nie bestuur wat jy nie meet nie

Doelwitstelling dien as ’n maatstaf waarteen jy jou vordering kan meet, sodat jy deurgaans kan bepaal of jy op die beste pad is.

“Doelwitstelling dien as ’n maatstaf waarteen jy jou vordering kan meet, sodat jy deurgaans kan bepaal of jy op die beste pad is.”

Dit help jou om die impak van korttermynbesluite op langtermynwelvaart ten volle te verstaan. As jy byvoorbeeld ’n klein spaar- of aftreeplan staak of selfs elke nou en dan ’n hap uit jou spaarfondse neem, kan dit ’n groot impak hê oor die lang termyn. Gelukkig is die omgekeerde ook waar. Soms hoef jy net klein aanpassings te maak om in te haal as jy agtergeraak het.

Elke bietjie tel

Dit lyk miskien soms na ’n geweldige uitdaging om genoeg vir aftrede te spaar. In hierdie geval help doelwitstelling om jou gemotiveerd te hou. As jy byvoorbeeld R5 000 per maand moet spaar om jou huidige leefstyl gedurende aftrede voort te sit, kan dit onmoontlik lyk, maar dis beter om êrens te begin as om glad nie te begin nie.

As jy elke maand ’n bietjie spaar, en verstaan wat jy moet bereik, kan jy gereeld jou bydraes verhoog totdat jy genoeg spaar. Wanneer jy met toewyding en spaardissipline belê en spaar, sal jy met saamgestelde groei beloon word.

Gereed om jou finansiële doelwitte op dreef te kry?

Gesels met ’n finansiële adviseur, wat jou kan help om te bepaal of jou finansiële doelwitte by jou persoonlike omstandighede en behoeftes pas. Jy kan baat vind by die dissipline van die prosesse wat hulle volg om die opsies wat vir jou beskikbaar is, te bepaal en te verduidelik. Jou rol is om eerlik te wees oor wat vir jou belangrik is, en bereid te wees om openhartige gesprekke hieroor te voer.

 

 

Alles oor die vergelyking van kankervoordeleAlles oor die vergelyking van kankervoordelehttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/vergelyking-van-kankervoordele.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/comparing_cancer_banner.jpg, /blog/PublishingImages/comparing_cancer_banner.jpg1/29/2020 1:55:20 PM078199aspx342451http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2020-01-28T22:00:00ZKankerbehandeling is duur, en dan is daar nog die kostes verbonde aan leefstylveranderings, indiensneming van ’n versorger en vervoer na behandelingsentrums.
Doen goed waar jy kan en maak 2020 ’n wonderlike jaarDoen goed waar jy kan en maak 2020 ’n wonderlike jaarhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/doen-goed-en-maak-2020-wonderlik.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/do_good_banner.jpg, /blog/PublishingImages/do_good_banner.jpg1/29/2020 11:06:16 AM0106006aspx334968http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2020-01-28T22:00:00ZAan die einde van verlede jaar het Sanlam sy #NeverBeenABetterTime-platform bekend gestel, met die aangrypende storie van Enzokhule.

 Most Read

 

 

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam