Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Jy het ’n kloppende hoofpyn wat jy net nie kan afskud nie. Jy tik jou simptome by dr Google in. Die resultaat is ’n magdom diagnoses, van ’n spanningshoofpyn tot ’n gewas! Ongelukkig kan selfdiagnose op die internet soms meer kwaad as goed doen.

Al hoe meer Suid-Afrikaners het deesdae toegang tot die internet en dr Marion Morkel, Hoof Mediese Beampte by Sanlam, meen dat ’n toenemende getal mense Google gebruik om hulle simptome na te vors, vóór hulle ’n gesondheidskundige raadpleeg.

Baie mense gebruik ook die internet om ’n tweede mening te kry oor gesondheidsverwante kwessies of om inligting te bekom oor ’n dokter se raad. Dis gratis, vinnig en 24/7 beskikbaar.

Daar is egter teenstrydige data oor die verhouding van akkurate tot onakkurate mediese inligting wat aanlyn beskikbaar is. In 2014 het ’n opname bevind dat 9 uit 10 Wikipedia-inskrywings oor gewilde mediese onderwerpe onakkurate mediese inligting bevat het in vergelyking met inligting wat deur bewyse en portuurbeoordeling ondersteun is.

En tog dui data ook daarop dat mediese kundiges
41% van internet-selfdiagnoses bevestig.

Die toename in “kuberkonders”

Die gewildheid van internetgebaseerde mediese navorsing het ongetwyfeld ipekonders laat toeneem, wat gelei het tot die verwante benaming “kuberkonders”. Dit kan gekoppel word aan oordiagnose, ’n toename in sielkundige stoornisse (soos angstigheid) en verkeerde diagnose (aangesien dié wat gereeld mediese simptome aanlyn nagaan, dikwels hul simptome erger voorstel wanneer hulle dit aan die dokter verduidelik). Hierbenewens is doktersuitputting ’n moontlikheid (dokters kan ook “doof” raak omdat hulle meen dat kliënte wat internetverwysings aanhaal kuberkonders en aangedikte simptome het).

Ipekonders kan ook daartoe bydra dat diegene met mediese versekering hul mediese fondsvoordele vinniger uitput, en vir ander kan dit onnodige en duur mediese kostes beteken.

Hoewel kuberkonders mense kan noop om tot aksie oor te gaan, is dit noodsaaklik om seker te maak dat die mediese inligting waarna jy kyk van ’n betroubare webwerf afkomstig is; dat die inligting nie verouderd of geografies irrelevant is nie; en dat jy ’n mediese kundige raadpleeg as simptome ernstig is en voortduur.

 

 

Nie genoeg gespaar om te kan aftree nie?Nie genoeg gespaar om te kan aftree nie?http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/nie-genoeg-gespaar-om-te-kan-aftree-nie.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/savedEnough.jpg, /blog/PublishingImages/savedEnough.jpg9/25/2019 1:09:51 PM0194036aspx9874http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-09-08T22:00:00ZJy’s 50+ en in baie opsigte begin die lewe nou eers!
Watter dekking? Hoeveel? Wanneer?Watter dekking? Hoeveel? Wanneer?http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/die-regte-dekking-vir-elke-lewensfase.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/lifestages.jpg, /blog/PublishingImages/lifestages.jpg9/25/2019 12:59:20 PM0194031aspx5476http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-09-19T22:00:00ZSuid-Afrikaners het te min sterfte en ongeskiktheidsdekking.

 Most Read

 

 

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam