Vyf Spaarstrategieë vir Onbestendige Tye
Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

By clicking on CALL ME, you acknowledge that you have read our privacy policy .

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy .

Back

Call me back

By clicking on CALL ME, you acknowledge that you have read our privacy policy .

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy .

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy .

Skip Navigation LinksMedia Centre

​​​​​​Vyf Spaarstrategieë vir Onbestendige Tye

Deur Jean Lombard, 22 November 2018

Dis nie maklik om op spaar en welvaartskepping te fokus wanneer 'n mens se diskresionêre inkomste kwaai onder druk is nie. Jean Lombard, Uitvoerende Hoof van Sanlam Spaar, gesels oor hoe Suid-Afrikaners selfs in 'n negatiewe klimaat kan aanhou spaar vir 'n beter toekoms.

Suid-Afrika het nie 'n sterk spaarkultuur nie. Ons Sanlam Benchmark SurveyTM van onlangs het gewys dat mense te min spaar – die gemiddelde spaarkoers in Suid-Afrika is maar net 7% van inkomste. Dit is aansienlik laer as die aanbevole minimum, naamlik 15%1.

2018 was 'n moeilike jaar met lae ekonomiese groei, onbestendige beleggingsmarkte en skerp stygings in lewenskoste as gevolg van onder meer hoër brandstofpryse en 'n swak rand. Binne hierdie konteks is baie Suid-Afrikaners se diskresionêre inkomste onder druk, wat dit nog moeiliker maak om vir die toekoms te spaar.

Tye soos hierdie kan 'n ernstige toets wees vir u verbintenis om te spaar en dit gereeld te doen, selfs al begin u met 'n klein bedraggie. Dit is belangrik om u geld op die regte plek te belê, deur 'n plan te kies wat goed by u spaardoelwitte en u unieke risikoprofiel pas.

Hier is vyf strategieë om op u spaarplan toe te pas:

  1. Iets is beter as niks

    U het nie groot bedrae geld nodig om in u toekoms te belê nie. Sanlam se produkte is ontwerp om dit vir mense maklik en aantreklik te maak om vir aftrede en ander lewensdoelwitte te begin spaar, deur 'n klein bedraggie soos 'n paar honderd rand per maand te belê.

  2. Gee saamgestelde rente tyd om te werk

    Wanneer u begin spaar, is dit belangrik om aan te hou sodat u die volle potensiaal van saamgestelde rente kan verwesenlik. Dit is die rente wat u op u rente verdien, en dit groei eksponensieel oor 'n tydperk! Hoe langer u belê, hoe meer vind u baat by die krag van saamgestelde rente – dis dan wanneer u regtig begin om u welvaart te vermeerder.

  3. Kry belonings vir u toewyding

    Daar is bonusse wat by ons nuwer-generasie produkte gevoeg word en wat kliënte beloon as hulle aanhou spaar. Die Cumulus Echo Uittreeplan sal u byvoorbeeld by aftrede met 'n “Echo Bonus” beloon as u vroeg begin en aanhou belê het. Hoe langer u spaar, hoe hoër is die Echo Bonus wat u kry.

  4. Kry die beste waarde

    Ons lê ons daarop toe om beleggingskoste so laag as moontlik te hou oor die langer termyn, wat kliënte in staat stel om meer waarde uit hul spaarfondse te kry. Sanlam bied 'n wye reeks beleggingsfondse teen baie mededingende tariewe aan. Die SATRIX Dynamic Balanced Fund is so 'n voorbeeld. Baie min fondse in die bedryf is so kostedoeltreffend soos hierdie fonds teen 'n totale beleggingskoste van slegs 0.2% per jaar.

  5. U kan besluit om die wipwarit te vermy

    Vir beleggers wat die impak van markskommelings op hul aftreespaargeld tot die minimum wil beperk, is 'n verskeidenheid van ons ouer-generasie planne beskikbaar met 'n onderliggende belegging in Reëlmatige Bonusfondse. In hierdie planne trek u voordeel uit 'n uitstrykingsmeganisme wat u opbrengste bewaar wanneer die markte goed vaar, en dan u opbrengste aanvul wanneer die markte futloos is. Dit gee groter gemoedsrus in moeilike jare soos vanjaar.

Ten slotte

Markonbestendigheid kan 'n mens ontsenu, maar dis belangrik om te onthou dat op- en afwaartse bewegings wel gebeur en bestuur kan word – veral wanneer u oor 'n langer termyn by die regte beleggingsvennoot belê. As 'n besigheid het Sanlam in 2018 sy 100ste bestaansjaar en 100 jaar van ervaring en bestendigheid gevier – en ons is vol vertroue dat ons dit vir die volgende 100 jaar sal volhou.

1 https://businesstech.co.za/news/finance/244689/south-africans-start-saving-for-retirement-five-years-too-late/

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam