Langtermyn Beleggingsgroei | Sanlam Stabiele Bonusfonds
Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Stabiele Bonus Fonds Stabiele Bonus Fonds

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

By clicking on CALL ME, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Back

Call me back

By clicking on CALL ME, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Skip Navigation LinksCampaigns

Stryk ’n Rowwe Rit Glad

As ’n belegger in die Sanlam Stabiele Bonusfonds is u in ’n goeie posisie om COVID-19 se impak op finansiële markte te verduur.

Terwyl ons almal die COVID-19-pandemie en die impak daarvan op ons lewens probeer verwerk, glo ons sterk dat dit nie nou ’n tyd is om paniekerig te raak nie, en ook nie ’n tyd is om drastiese en emosionele beleggingsbesluite te neem nie.

Niemand kan voorspel wanneer die finansiële markte gaan herstel nie. Die geskiedenis leer egter dat hulle altyd herstel. As ’n belegger in die Sanlam Stabiele Bonusfonds, is u goed geposisioneer om die huidige storm te deurstaan, terwyl u steeds op ’n toepaslike wyse belê om u langtermyn-spaardoelwitte te bereik.

Beleggingstrategie en Onlangse Gebeure

Die Stabiele Bonusfonds streef opbrengste na wat inflasie oor die lang termyn oortref. Daarom belê dit in verskillende bateklasse om:

  • Langtermyn-opbrengste te behaal wat hoër as inflasie is; en
  • Die impak te verminder wat die swak prestasie van ’n enkele bate of bateklas op u belegging kan hê.

Die COVID-19-pandemie het tans ’n negatiewe impak op wêreldwye finansiële markte. Hoewel dit die beleggingsprestasie van bates in die Stabiele Bonusfonds geaffekteer het, bly die oorkoepelende beleggingstrategie van die fonds steeds geskik vir beleggers wat langtermyngroei wil hê om hul spaardoelwitte te bereik, aangesien huidige markwaardasies ’n goeie geleentheid behoort te bied aan beleggers met langer beleggingshorisonne.

Uitstryking

Die uitstrykingsmeganisme wat deur die fonds aangewend word, beteken dat beleggers nie ten volle aan korttermyn-beleggingsprestasie blootgestel is soos in die geval van ander fondse wat in soortgelyke bates belê nie.

Beleggings in die fonds groei deur bonusse wat Sanlam verklaar. Wanneer die gekose beleggingsbates goed vaar, word ’n deel van die fonds se groei teruggehou en opsygesit vir onbestendiger tydperke. Dit beteken Sanlam kan in tye van swak beleggingsprestasie bonusse verklaar wat andersins nie moontlik sou gewees het nie.

Impak op Onlangse en Komende Uitkerings

Hierdie uitstryking het verligting gebring vir beleggers in die fonds wie se planne onlangs uitgekeer het. En dit bied ’n mate van gerusstelling en stabiliteit aan beleggers wie se planne binnekort uitkeer.

Die grafiek hieronder toon hoe ’n belegging van R1 000 pm in die Stabiele Bonusfonds (met geen dekking) vanaf Junie 2000 tot Februarie 2020 sou gegroei het in vergelyking met soortgelyke gebalanseerde beleggingsfondse. Die uitstrykingsmeganisme het uitkerings gedurende die afgelope vyf jaar versterk terwyl aandelemarkte baie onbestendig was maar oor die algemeen lae groei getoon het.

Belegging van R1 000 pm in die Stabiele Bonusfonds en beleggingsfondse met soortgelyke bates

Graph

*Bron: Gebaseer op eie ontleding van Stabiele Bonusfonds en ASISA-data. Waardes wat aangedui word, is vir aftreeportefeuljes na beleggingskoste, maar voor produkfooie.

Aangesien bonusse jaarliks verklaar word, is tussentydse bonuskoerse van toepassing vir die tydperk vanaf die vorige bonusverklaringsdatum tot die eisdatum. Hierdie benadering is billik teenoor polishouers wat die fonds verlaat (as gevolg van ’n eis) asook diegene wat steeds in die fonds belê is.

Tussentydse bonusse sal normaalweg gelyk wees aan die laagste van die vorige jaarlikse bonus en die geprojekteerde jaarlikse bonuskoers wat na verwagting met die volgende jaarlikse bonusverklaring verklaar sal word.

Dit is moeilik om te voorspel wanneer markte van die impak van die pandemie sal herstel. Weens die volgehoue onbestendigheid wat verwag kan word en die onlangse beleggingsprestasie van die bates in die fonds, is die tussentydse koers tot vervaldatum en doodseise vanaf 1 Junie 2020 op 0% vasgestel.

Die grafiek hieronder toon die prestasie van verskillende tipes beleggingsfondse gedurende die eerste kwartaal van 2020. ’n Bonus van 0% beteken dat die planne wat uitkeer, teen onlangse verliese beskerm is.

Beleggingsprestasie gedurende Q1 2020 (%)

Graph

*Bron: Gebaseer op eie ontleding van toonaangewende fondse wat deur Sanlam-produkte beskikbaar is.

Billikheid teenoor Beleggers

Die uitstrykingsproses kan van tyd tot tyd, en veral in uiterste marktoestande, tot beduidende surplusse of tekorte in die beleggingsportefeulje lei.

Om gelyke behandeling van verskillende beleggers te verseker, bestuur Sanlam die verklaring van bonusse ooreenkomstig die filosofie wat in die Stabiele Bonusfonds se Beginsels en Praktyke van Finansiële Bestuur uiteengesit is.

In die besonder word die volgende benadering vir die bepaling van bonuskoerse gebruik:

  • Die vertrekpunt is die netto verwagte langtermyn-beleggingsopbrengs, met inagneming van die batesamestelling van die portefeulje
  • Hierdie opbrengs word aangepas om surplusse of tekorte in die portefeulje oor ’n toepaslike tydperk uit te skakel

Daar moet uiters versigtig te werk gegaan word om gelyke behandeling te verseker van beleggers wat die fonds oor die kort termyn verlaat, insluitend dié wie se planne binnekort uitkeer, en beleggers wat in die fonds belê bly. Dit stel ons in staat om groot afwaartse aanpassings aan toekomstige bonusse te vermy.

Raadpleeg asseblief die Stabiele Bonusfonds se Beginsels en Praktyke van Finansiële Bestuur vir meer inligting oor hoe die fonds bestuur word en hoe bonusse verklaar word. Anders is inligting oor die onderliggende beleggings van die fonds en historiese bonuskoerse in die Stabiele Bonusfonds se Feiteblad beskikbaar.

Ons wil u aanmoedig om met u Sanlam finansiële beplanner of geakkrediteerde makelaar te gesels as u vrae het oor die impak van die COVID-19-pandemie op u spaargeld en beleggings, of enige vrae het in verband met die Stabiele Bonusfonds.

Praat met jou finansiele beplanner of versoek 'n nuwe een.

Kry Advies

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam