Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Skip Navigation Linkswoordfees Woordfees

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

US Woordfees

Universiteit Stellenbosch se 19de Woordfees

Sanlam is trots om van 2 tot 11 Maart 2018 vir die 11de agtereenvolgende jaar die trotse borg van die Sanlam Musiekfees by die US Woordfees te wees. Die Universiteit van Stellenbosch en Sanlam word die jaar 100 jaar oud en die Woordfees vier saam, met ‘n program wat (hopelik) feesgangers energie sal gee vir die volgende 100 jaar. Die verhoë op Stellenbosch gaan weer behoorlik kreun onder die talent – van kuns, kultuur kuier en gesels, tot toneelspel, swanesang en lekker-lag stories wat die maagspiere behoorlik sal laat werk.


Sanlam Musiekfees

Vind uit waar en wanneer jou gunsteling kunstenaars optree.

Woordfees

Kry inligting oor die fees, program en kunstenaars.

Galery

Sien die kunstenaars en feesgangers in aksie.

Koop Kaartjies

Wees betyds – koop jou Woordfees-kaartjies hier.

Die Sanlam Musiekfees

Sanlam bring vanjaar weer ‘n propvol program met ‘n wye verskeidenheid kunstenaars en -genres na die Sanlam Musiekfees. Fokofpolisiekar, Refentse, Jo Black & The Bearded Men, Koos Kombuis, aKing en The Soil is maar net ‘n paar van die groot name wat die verhoog behoorlik sal laat skud.

Met die tema 100%, beloof die 2018 Sanlam Musiekfees om ‘n volmaakte viering van die afgelope eeu te wees – hetsy deur sang, woorde of interaksie met bekende, uiteenlopende en gevierde musikante en kunstenaars. “Sanlam is baie trots om vir die 11de agtereenvolgende jaar een van die hoof borge van die Woordfees te wees. Hierdie jaar is vir ons besonders spesiaal aangesien ons saam met Stellenbosch Universiteit ook ons 100ste verjaardag vier. Ons glo in die musikante van ons land, en ons glo in hul kreatiewe proses, hul toewyding en hul kuns. Elke woord wat deur díe musikante geskep word is ‘n meesterstuk en Sanlam ondersteun hulle 100%,” sê Gary Loggerenberg, Borgskapbestuurder van die Sanlam Groep.

Wees op die uitkyk vir die Sanlam musiektrok waar jou gunsteling kunstenaars deur die loop van die Woordfees gaan optree. Moenie vergeet om jou 2018 Sanlam Musiekfees-program af te laai en saam te neem nie, en maak seker jy koop betyds kaartjies vir jou gunsteling vertonings by Computicket

Bloekomhoek

Kuier saam met Majozi, Arno Carstebs, Piet Botha en ander gesoute Suid-Afrikaanse kunstenaars op die hoek van Victoria- en Ryneveldstraat.

Spier-amfiteater

Die Spier-amfiteater op die R310 (Baden Powellweg) net buite Stellenbosch sal feesgangers vermaak met verskeie produksies en kunstenaars.

Stadsaal

Besoek Stellenbosch se bekende stadsaal in die middedorp om van ons land se voorste musiekkunstenaars in aksie te sien.

Amazink

AmaZink in Kayamandi is Suid-Afrika se heel eerste township-restaurant-teater – uitbundig, puik en altyd gesellig. Die ideale venue vir ‘n behoorlike kuier!

Drostdy-teater

Die Drostdy-teater is geleë in die hartjie van Stellenbosch, en bied 'n nostalgiese en intieme ervaring tussen kunstenaars en gehoor.

Jan Marais nature reserve

Kom gooi mielies en stamp voete op die sportveld saam met immergewilde kusntenaars soos Beatenberg, Theuns Jordaan en Matthew Mole.

Weltevreden Aansit

Kom sit aan vir eersteklas Suid-Afrikaanse vermaak deur, onder andere, Adam Tas, Gert Vlok Nel, Jak de Priester, Twee en Loki Rothman.

  • 1 of

Die 2018 Woordfees Inligting

Wees voorbereid en toegerus vir ‘n onvergeetlike 2018 US Woordfees deur die volledige feesprogram en gepaste kaarte af te laai, en op hoogte te bly van die jongste feesnuus.

Vir meer inligting besoek die US Woordfees webblad.

Galery

Die US Woordfees bring elke jaar ‘n verskeidenheid van die land se top skrywers, musikante, dramaturge, digters, pretmakers, taal-entoesiaste en Woordfeesgangers bymekaar om ons pragtige taal te vier. Hier is ‘n paar goue herhinneringe, vasgevang by vorige jare se feeste.

Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery
Gallery

Woordfees Borge

Sosiale Media

Gesels saam. Volg die 2018 US Woordfees op Facebook, Twitter en Instagram vir meer inligting oor die fees, die program, die kunstenaars en spesiale aanbiedinge, wat kaartjies teen afslagpryse insluit.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam