Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre

Moet Ek naby Aftrede uit My Ou-generasie UA Omskakel?

7 Maart 2019

As die lid en versekerde lewe van ’n ou-generasie uittree-annuïteit (UA) van Sanlam, sal u miskien wonder of u op die regte pad is na ’n gerieflike aftrede is.

Verusha Ramlakhan, Hoof van Besigheidsoplossings by Sanlam, beantwoord die vrae wat die meeste oor hierdie onderwerp gevra word.

Wat is die kenmerke van ’n ou-generasie Sanlam UA?

Soos met enige UA, is daar belastingbesparingsvoordele, omdat u u bydraes tot ’n UA van u belasbare inkomste kan aftrek, tot ’n gespesifiseerde perk.

Hierbenewens is u ou-generasie UA ’n unieke gekombineerde produk, wat die voordele van ’n spaarplan asook opsionele risikovoordele bied. Na gelang van die opsies wat u by die aanvang van die polis gekies het, kan u toegang hê tot sterfte-, ongeskiktheids- en ongeluksdekking, ens. As u hierdie voordele by die polis gevoeg het toe u jonger was, beteken dit dat u waarskynlik die risikovoordele teen ’n gunstige tarief bekom het.

Afgesien van die welvaart wat u besig is om op te bou, het u dus die risikovoordele wat aan u ou-generasie UA gekoppel is.

Ek is naby aftrede. Wat gebeur as ek my UA-spaargeld na ’n ander fonds oordra?

As u net ’n paar jaar oor het om te werk, moet u ’n oordrag baie versigtig oorweeg, omdat u net ’n baie kort tydjie oor het om enige verliese in te haal wat u miskien as gevolg van die oordrag kan ly.

As u op hierdie tydstip na ’n ander aftreefonds oorgaan, sal u moontlik beëindigingskoste moet betaal. U sal ook die voordele van die produk verbeur, soos u huidige risikovoordele en enige waarborge wat op die polis van toepassing kan wees. Die realisering van hierdie koste en verliese kan beteken dat u uiteindelik ’n kleiner bedrag oor het.

Is dit die moeite werd om my UA’s te konsolideer as ek naby aftrede is? Watter opsies bied Sanlam?

Terwyl die konsolidasie van al u UA-spaargeld in een fonds u kan help om makliker na ’n na-aftredeproduk oor te skakel, moet u die voor- en nadele sorgvuldig oorweeg.

Sanlam gee u twee opsies. Eerstens kan u u UA(‘s) konsolideer en in ’n Sanlam Cumulus Echo-polis omskep sonder om vroeë beëindigingskoste aan te gaan. Indien die risikovoordele wat u in u huidige ou-generasie UA gekombineer het vir u belangrik is, het Sanlam wel opsies vir u beskikbaar om hierdie voordele met ’n beperkte mate van onderskrywing te omskep.

Die Cumulus Echo Uittreeplan gee u aftreespaargeld ’n hupstoot met ’n Echo Bonus. Dit word by aftrede betaal, en die bedrag hang af van hoe lank u spaar en hoeveel bydraes u lewer. Dit is nie van u gesondheidstoestand of lewensdekkingpolis afhanklik nie. U het die opsie om u belegging gedurende aftrede voort te sit en u Echo Bonus te laat groei terwyl u ’n inkomste trek. Indien die plan gekanselleer of opbetaald gemaak word, sal u ’n deel van die Echo Bonus ontvang.

Tweedens kan u kies om na ’n Glacier UA-produk om te skakel. Die Glacier Uittree-annuïteit, wat op groei fokus, bied buigsaamheid en ’n gerieflike manier om in die mark te belê. Dit gee u toegang tot die wydste reeks goed nagevorsde fondse, kollektiewe beleggings en saamvatfondse. Feitlik ’n oneindige getal kombinasies is beskikbaar, en portefeuljes kan rondom u behoeftes saamgestel word. Aangesien dit aan ’n ander aftreefonds behoort, sal u ’n beëindigingsboete op die bestaande UA aangaan. Dit kan moeilik wees om hierdie verlies betyds vir aftrede te verhaal.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam