Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre

Ongeskiktheid: Wat Gebeur as Ek nie kan Werk nie?

7 Maart 2019

Jy kan nie die toekoms voorspel nie, maar jy kan daarvoor beplan. Ons gesels met Petrie Marx, Produkaktuaris by Sanlam Individuele Lewens, oor hoe belangrik dit is om ongeskiktheidsversekering te hê.

Is Ongeskiktheidsdekking ’n Noodsaaklike Uitgawe?

Ongelukkig het mense dikwels ’n wanbegrip van ongeskiktheidsversekering, en gee hulle nie in hul begroting die prioriteit daaraan wat dit verdien nie. Wanneer dit finansieel moeilik gaan, kan ongeskiktheidsdekking beskou word as iets wat mens teensinnig koop, hoewel dit in werklikheid jou grootste bate beskerm – jou vermoë om ’n inkomste te verdien en vir jouself en jou gesin te sorg.

In teenstelling met suiwer lewensdekking wat vir jou geliefdes voorsiening maak na jou dood, is ongeskiktheidsdekking daar om vir jou en jou gesin te sorg indien ’n ongeluk, siekte of besering jou verhoed om ’n inkomste te verdien. Jy kan ook bykomende finansiële behoeftes hê wat met ’n mediese toestand gepaardgaan.

Om hierdie redes is ongeskiktheidsversekering ’n noodsaaklike vorm van beskerming naas suiwer lewensdekking.

Waarvoor kan Ek Ongeskiktheidsdekking Gebruik?

Afgesien van die dekking van jou onvermoë om ’n inkomste te verdien, kan ongeskiktheidsversekering ook gebruik word om jou uitstaande skuld te dek en sodoende jou totale finansiële las te verminder. Dit kan ook aanpassings aan jou huis of motor befonds wat nodig kan wees indien jy ongeskik raak; of die koste dek om na ’n ander sentrum te reis vir kundige mediese sorg.

Wat as Ek weens Siekte of Ongeskiktheid nie My Besigheid kan Bestuur nie?

Ongeskiktheidsversekering kan in hierdie geval baie goeie beskerming bied, en kontinuïteit in die besigheid verseker terwyl jy herstel of jou sakemodel aanpas. Jou kan jou ongeskiktheidsbeskerming gebruik om iemand aan stel wat die besigheid namens jou kan bestuur, of om skuld te delg en bedryfskoste te verminder terwyl jy nie tot die omset kan bydra nie.

Indien jy in ’n sakevennootskap is, is dit gebruiklik dat albei vennote lewens- en ongeskiktheidsversekering aangaan, wat gebruik kan word om die onderskeie aandele in die besigheid teen billike markwaarde uit te koop, indien een vennoot permanent ongeskik raak om te werk.

Ongeskiktheidsinkomste vs. Ongeskiktheidsenkelbedrag

Ideaal gesproke behoort jou ongeskiktheidsversekering beide enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordele en inkomstebeskermingsvoordele (dikwels ongeskiktheidsinkomste genoem) in te sluit. U hoef nie permanent arbeidsongeskik te wees voordat u vir hierdie voordeel kan eis nie.

Ongeskiktheidsinkomste betaal maandeliks uit op ’n deurlopende grondslag, om daaglikse uitgawes soos jou verband, skoolgelde, kruideniersware, ens. te dek. Hierdie voordeel kan maklik gekwantifiseer en voor beplan word, omdat dit op jou maandelikse inkomste gebaseer is. Jy kan besluit om hierdie inkomste met inflasie te laat tred hou, wat ’n belangrike oorweging is oor die lang termyn.

Daarenteen is ’n enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordeel ’n eenmalige uitbetaling, wat oordeelkundig bestuur moet word. Hoewel dit jou meer buigsaamheid gee om skuld te delg of ander onvoorsiene uitgawes te dek, betaal die enkelbedragvoordeel nie uit vir tussentydperke wanneer jy nie kan werk nie en na alle waarskynlikheid sal herstel.

Daarom is dit die moeite werd om met ’n finansiële adviseur te gesels, wat jou kan help om hierdie ongeskiktheidsvoordele op die toepaslikste wyse te kombineer. Dan kan jy gemoedsrus hê in die wete dat jy ongeskiktheidsversekering het wat vir jou gesin se finansiële sekuriteit sal sorg.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam