Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre

​​​​​​Meer as R3.14 miljard aan Kliënte Uitbetaal Vanjaar

Deur Karin Muller, 22 November 2018

Karin Muller, Uitvoerende Hoof van Sanlam Individuele Lewens, gee ’n oorsig van 2018 tot dusver. Sy gesels oor die finansiële ondersteuning wat Sanlam al vanjaar aan ons kliënte gegee het, asook hoe belangrik dit is om finansiële planne op datum te hou.

As ’n besigheid is ons rol om die finansiële risiko’s waaraan ons kliënte blootgestel is wanneer hul lewe ’n onverwagse wending neem, tot die minimum te beperk. Die persoonlike en gesinsversekeringsprodukte wat ons verskaf, is ontwerp om ons kliënte se inkomste en hul gesinne se toekoms te beskerm.

Vanjaar het die flou ekonomiese klimaat in Suid-Afrika en stygende lewenskoste baie van ons kliënte se geldsake onder druk geplaas. Dit maak dit dikwels vir hulle moeiliker om hul huishoudelike uitgawes te bestuur nadat ’n tragedie soos siekte, ongeskiktheid of sterfte die gesin getref het.

Ondanks hierdie omstandighede kan ons egter met trots sê dat Sanlam Individuele Lewens veerkragtig gebly het, en ons het ons finansiële ondersteuning van ons kliënt in moeilike tye voortgesit. Gedurende 2018 tot dusver het ons aan ons kliënte en hul geliefdes altesaam meer as R3.14 miljard – en dit styg nog – aan eise uitbetaal.

Hierdie bedrag sluit in:

  • Meer as R2.7 miljard aan sterfte-eise – aan ons kliënte se geliefdes betaal om te sorg dat hul gesinne steeds hul finansiële verpligtinge soos skoolgeld en verbandterugbetalings kan nakom wanneer hulle nie meer daar is nie.
  • Meer as R444 miljoen aan leeftydvoordeeleise – insluitend:
    • ’n Aansienlike bedrag vir inkomstebeskermingseise, om kliënte te dek wat weens ’n ernstige siekte of besering nie kan werk en vir hul gesinne kan sorg nie. Sanlam ondersteun nou hierdie huishoudings met ’n bestendige, belastingvrye maandelikse inkomste.
    • Meer as R230 miljoen aan dekking vir ernstige siektes – vir gesinne wat die realiteit moet hanteer van ’n geliefde by wie ’n ernstige siekte gediagnoseer is. Hierdie kliënte kan dikwels nie werk en ’n inkomste verdien nie, of hulle moet na behandelingsentrums reis wat ver van die huis af is. Gelukkig kon ons hulle help om die finansiële impak van hierdie nuwe omstandighede op hul gesinne te versag.

Hierdie syfers beklemtoon die positiewe feit dat ons kliënte op ons kan staatmaak om na hul gesinne om te sien wanneer die onverwagte gebeur, ongeag die marktoestande. Wat egter nog belangriker is, is dat die statistieke ook die toewyding van so baie van ons kliënte weerspieël om in ’n veiliger finansiële toekoms vir hul geliefdes te belê.

Hersien u lewensversekeringsplan gereeld

Op ’n ander noot, werp die bedrag geld wat vanjaar nodig was om gesinne ná traumatiese gebeurtenisse te ondersteun, lig op hoe belangrik dit is om genoeg lewensversekering asook dekking vir gevreesde siektes en ongeskiktheid te hê.

Ongelukkig is nie alle Suid-Afrikaners genoeg voorbereid nie – en daar is ’n groot versekeringsgaping in ons land. Navorsing wat namens die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (ASISA) onderneem is, toon dat die gemiddelde Suid-Afrikaanse inkomsteverdiener ’n versekeringstekort van R2.1 miljoen het. Dit is die bedrag wat nodig is om so ’n persoon se finansiële behoeftes in die geval van sterfte of ongeskiktheid te dek1.

Teen hierdie agtergrond is dit belangrik om seker te maak dat u u finansiële posisie, insluitend u huidige en toekomstige behoeftes, gereeld nagaan. Evalueer dan of u versekeringsplan en ander polisse genoeg dekking verskaf.

Net soos u elke jaar die tandarts besoek, is dit die moeite werd om ’n jaarlikse ondersoek van u finansiële gesondheid te laat doen. Maak ’n afspraak met ’n professionele finansiële adviseur, wat u kan help bepaal of al u gesin se behoeftes gedek word, ongeag wat vorentoe gebeur.

Vooruitskouend: blik op 2019

Oktober se Mediumtermyn-begrotingsraamwerk het Suid-Afrika as 'n "ekonomie by 'n kruispad1" beskryf. Wat 2019 betref, is dit binne hierdie konteks onmoontlik om te sê of volgende jaar noodwendig makliker gaan wees. Een belangrike les wat ons as 'n besigheid en u as ons kliënt kan leer uit ons ervarings gedurende hierdie onbestendige jaar, is dat dit belangrik is om by ons finansiële beplanning te hou en versigtig te wees met ons geld.

As u die beste waarde wil kry uit elke rand wat u verdien, bestee oordeelkundig en moenie ondeurdagte besluite neem wanneer u kies watter uitgawes voorkeur moet kry en op watter u wil besnoei nie. In tye soos hierdie is dit die moeite werd om by u finansiële plan te hou, of dit nou 'n spaarplan, aftreepolis of risikobestuurstrategie is.

Dit is nie net nodig om u besteding vandag sorgvuldig te bestuur nie – dink ook aan die beskerming van u bestedingsvermoë in die toekoms, of aan 'n tyd wanneer u nie meer 'n salaris kan verdien of u gesin kan onderhou nie. In moeilike finansiële tye is dit belangrik om te onthou dat u finansiële welstand oor die lang termyn 'n prioriteit is, en die moeite werd om in te belê. Moenie deur dramatiese bewegings in die mark of ekonomie ontsenu word en gevolglik ondeurdagte besluite neem nie. Hou u fokus op u langtermyndoelwitte – of u nou 'n gerieflike aftrede wil verseker, u gesin teen die impak van onbeplande gebeurlikhede wil beskerm, of met verloop van tyd ander lewensdoelwitte wil verwesenlik. Soos die gesegde lui – tyd in die mark is baie belangriker as om tydsberekening op die mark te probeer toepas.

Win advies in as u dit nodig het

Terwyl ons gereed maak vir die nuwe jaar, hoop ons u het 'n deeglike begrip van die kenmerke en voordele van die produkte waarin u belê is. As u onseker is of regtig sukkel om die prioriteite van u finansiële verpligtinge te bepaal, kan dit 'n goeie idee wees om 'n professionele finansiële adviseur te raadpleeg wat u kan help om u behoeftes te bepaal en 'n omvattende finansiële plan vir u lewe op te stel – 'n plan wat toegespits is op u kort-, medium- en langtermyndoelwitte, gegrond op u unieke omstandighede. Sanlam het 'n wye reeks produkte beskikbaar om te verseker dat u goed voorberei is vir enige gebeurlikhede met 'n groot finansiële impak.

Die belangrikste is egter om te onthou dat nou nie die tyd is om enige oorhaastige besluite te neem nie. Hou u visier op u doelwit om groter finansiële sekuriteit en vryheid vir u en u gesin te verseker, ongeag wat gebeur.

1 https://www.asisa.org.za/media-release/sa-income-earners-underinsured-death-disability-r28-8-trillion

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam