Hoekom Jy ‘n Testament Benodig
Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

By clicking on CALL ME, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Back

Call me back

By clicking on CALL ME, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Skip Navigation LinksMedia Centre

​​​​​Nasionale Testamenteweek: Hoekom het Jy ’n Testament Nodig?

5 September 2018

Is jy onlangs geskei of het jy jou lewensmaat verloor? Het jy ’n eiendom gekoop? Bly jy en jou lewensmaat nou al ’n geruime tyd saam? Het jy verskillende finansiële afhanklikes?

Indien wel, het jy ’n regsgeldige testament nodig om te verseker dat daar nie mededingende eise teen jou boedel sal wees wanneer jy te sterwe kom nie. Jou testament is waarskynlik een van die belangrikste dokumente wat jy ooit sal teken. Dit bevat belangrike inligting oor al die bates wat jy oor die jare opgebou het, asook jou finale wense. Maar bowenal verteenwoordig dit finansiële gemoedsrus vir hulle wat agterbly.

Baie mense glo dat ’n testament net vir welgesteldes bedoel is. Dis nie waar nie – selfs al voer jy ’n beskeie bestaan, is dit nog steeds belangrik om ’n testament op te stel. Volg die stappe hieronder om seker te maak dat jy ’n geldige testament het.

Stap 1: Laat jou testament opstel

Dit is nie raadsaam om jou eie testament op te stel nie, tensy jy ’n deskundige is. Gesels liewer met jou Sanlam-adviseur of geakkrediteerde makelaar oor jou wense en ook die erfgename en begunstigdes wat jy in gedagte het. Indien jou testament redelik eenvoudig is, kan jy dit ook self aanlyn opstel.

Wenke om ’n Testament op te Stel

  • Beplan jou testament om so eenvoudig as moontlik te wees.
  • Maak seker jou testament is prakties. Moenie jou testament beskou as ’n dokument wat eers in werking sal tree wanneer jy ’n gevorderde ouderdom bereik het nie. Jy is miskien nie so gelukkig nie.
  • Toets die inhoud van jou testament teen die kontant wat in jou boedel beskikbaar is.
  • Wees prakties wanneer jy besluit hoe jou bates verdeel moet word. Dit is byvoorbeeld miskien nie raadsaam om jou bates gelykop tussen jou gade en kinders te verdeel nie, tensy jou hele boedel uit kontant bestaan.
  • Vermy onbuigsame opdragte in jou testament waar moontlik.
  • Benoem ’n voog indien daar minderjarige kinders is. Maak voorsiening vir onderhoud ingevolge ’n egskeidingsbevel. ’n Testamentêre trust word hiervoor aanbeveel.
  • Dit is uiters noodsaaklik dat daar genoeg kontant in jou boedel is wanneer jy sterf. ’n Kontanttekort kan meebring dat bates noodgedwonge verkoop moet word.
  • Dit is raadsaam om nie begrafnisreëlings in jou testament voor te skryf nie. Die testament word dikwels eers ná die begrafnis gelees. Dit is beter om jou wense in hierdie verband met jou naasbestaandes te bespreek.

Stap 2: Kies ’n Eksekuteur

Die benoeming van ’n eksekuteur is ’n groot verantwoordelikheid. Jy kan jou gade benoem, maar in die meeste gevalle is dit nie ’n goeie idee nie, aangesien jou gade emosioneel verpletter kan wees en nie gereed om belangrike finansiële besluite te neem nie. Indien jou gade nie weet wat om in hierdie omstandighede te doen nie, sal hy of sy nie die beste advies of diens soek nie. Jou gade sal miskien ook blootgestel word aan iemand wat net op eie belang ingestel is, in welke geval die boedel se tjekboek in die verkeerde hande kan beland. Gewoonlik sal die Meester van die Hoë Hof, wat ook die eksekuteur aanstel, daarop aandring dat ’n regsgeleerde of trustmaatskappy aangestel word.

Stap 3: Teken en Laat Jou Testament deur Getuies Onderteken

As jy tevrede is met die bewoording van jou testament, teken die oorspronklike weergawe en laat dit teken deur twee getuies wat ouer as 14 is. Onthou, jy moet die testament in die teenwoordigheid van albei getuies teken, en die getuies moet elke bladsy parafeer en op die laaste bladsy hul volle handtekening plaas.

Die volgende persone mag nie as getuies teken nie:

  • Enigiemand wat iets uit jou bestorwe boedel ontvang, en/of hul gade.
  • Die eksekuteurs, trustees en voogde en/of hul gades.

Stap 4: Stuur die Testament vir Veilige Bewaring

Indien jy Sanlam Trust as die eksekuteur of mede-eksekuteur van jou boedel benoem het, word jou oorspronklike, getekende testament in die Testamentekluis bewaar totdat dit tyd is om jou boedel af te handel.

Stap 5: Betaal Jou Bewaringsfooi

Vir ’n nominale bedrag van R57.50 per jaar word jou testament veilig bewaar, en jy kry nog ander voordele, soos 5% afslag op jou eksekuteursfooie vir boedels wat groter as R950 000 is wanneer Sanlam Trust jou boedel afhandel. Indien jy ouer as 65 is, hoef jy nie die bewaringsfooi te betaal nie.

Stap 6: Hersien Jou Testament

Hersien jou testament minstens elke twee jaar, en veral indien jou persoonlike omstandighede verander het – byvoorbeeld as jy trou of skei, by die dood van ’n gade of erfgenaam, die geboorte van ’n kind, die verkryging van eiendom of ’n besigheid, of as jy ’n erfporsie ontvang.

Indien jy ’n nuwe testament moet opstel of net ’n bestaande testament wil nagaan om te sien of dit nog aan jou laaste gedokumenteerde wense voldoen, kontak ons.

Nasionale Testamenteweek

Soos die afgelope paar jaar, kan jy ’n basiese testament gratis laat opstel gedurende Nasionale Testamenteweek, wat vanjaar van Maandag 17 September tot Vrydag 21 September duur. Stel jou testament aanlyn op, gesels met 'n finansiële adviseur, kontak ons vandag op +27 21 947 5673, of stuur 'n e-pos aan OnlineWills@sanlam.co.za vir advies.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam