Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre

Hoe Belangrik dit is om ’n Finansiële Adviseur te Hê

7 Maart 2019

Leon Abrahams, die Prinsipaal en Senior Finansiële Beplanner by Aquila Wealth BlouSter, het meer as 38 jaar ervaring in finansiële beplanning opgebou.

Ons het met hom gesels oor die unieke rol wat ’n kundige finansiële adviseur in die hedendaagse inligtingryke omgewing kan speel, waar almal skynbaar finansiële advies uitruil.

Vrywaring: Die inligting in hierdie video is nie finansiële advies nie. Ons stel voor dat u ’n finansiële adviseur nader vir goeie finansiële advies.

Ons Ken Almal die Benaming, maar net Kortliks Weer – wat is die Rol van ’n Finansiële Adviseur?

Ons primêre rol is om onafhanklike, holistiese finansiële beplanningsadvies aan ons kliënte te lewer. Wanneer jy ’n huis bou, het jy ’n argitek nodig om jou planne te ontwerp. ’n Finansiële adviseur vervul die rol van ’n finansiële argitek – deur ’n verpersoonlikte finansiële plan op te stel om jou unieke behoeftes en doelwitte te dek. Wat belangrik is, is dat dit in fases uitgevoer kan word. Dis ’n reis, nie net ’n eenmalige oefening nie.

Daar’s Heelwat Finansiële Advies Beskikbaar op Sosiale Media, ens. Watter Voordeel Hou dit in om ’n Professionele Persoon te Raadpleeg?

Dit gaan alles oor die omvang van ervaring. ’n Finansiële adviseur kan oor die algemeen ook ’n eenstopdiens wees vir finansiële advies. Jy het ’n kundige wat jou omstandighede verstaan en na ’n deel van jou persoonlike portefeulje omsien.

Hoekom het Jy ’n Finansiële Adviseur Geword?

Ek wou ’n verskil maak aan my kliënte se lewens. My kliënte se sukses is my sukses. Ek kan net die waarde van my advies meet wanneer ek die resultate sien – byvoorbeeld ’n gesin wat finansiële sekuriteit het na ’n broodwinner se dood, of ’n kliënt wat kinders se universiteitstudie dek sonder om skuld hoef aan te gaan.

Wat Dink Jy van Robo-adviseurs?

Dis belangrik om aan die voorpunt te wees ten opsigte van tegnologie en hoe dit jou kan help. Robo-adviseurs kan wel in sekere omstandighede waarde toevoeg. Daar sal egter altyd kliënte wees wat verkies om persoonlik met ’n finansiële adviseur te gesels en advies wil inwin wat op dekade lange ervaring in die regte wêreld gegrond is. En soos ek genoem het, ’n (menslike) adviseur kan holistiese leiding gee wat die meeste van of selfs al jou finansiële behoeftes dek. Is daar tegnologie beskikbaar wat dit alles kan hanteer?

Wanneer is dit Wys om met ’n Finansiële Adviseur te Gesels?

Wanneer jy begin werk, het jy advies nodig oor hoe om jou inkomste – een van jou grootste bates – in die geval van siekte, ongeskiktheid of besering te beskerm. Dis ook ’n goeie tyd om aftreespaaropsies te begin ondersoek. Ander tye wanneer jy miskien ’n finansiële advies nodig sal hê, is wanneer jy trou, jou eerste eiendom koop of jou eerste kind kry. In hierdie gevalle het jy miskien advies oor lewensdekking en ander aspekte van jou finansiële plan nodig.

Ten Slotte, watter Kenmerke Moet Kliënte in Ag Neem wanneer Hulle ’n Finansiële Adviseur Soek?

Kyk na die vlak van ervaring, kwalifikasies en of die adviseur aan die Finansiële Beplanningsinstituut (FPI) behoort. Dis belangrik om te verstaan dat ’n finansiële plan nie iets is wat jy eenmalig opstel en daarna uitvoer nie. Dit is eerder ’n deurlopende proses wat bedoel is om jou te help om jou finansiële doelwitte te bereik, deur veranderings in ag geneem wanneer hulle gebeur – nuwe doelwitte, nuwe finansiële realiteite en verrassende ontwikkelinge in die lewe sowel as in die wêreld in die algemeen. Hierdie veranderlikes kan dit so ingewikkeld maak om ’n suksesvolle finansiële plan te bestuur dat dit geneig is om ver buite die meeste mense se vermoë te wees. Om hierdie redes is dit belangrik dat jy ’n gekwalifiseerde finansiële adviseur het wat goed geposisioneer is om jou deur jou verskillende lewensfases te lei om jou finansiële doelwitte te bereik.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam