Die Aspekte wat Finansiele Beplanners Raak
Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

By clicking on CALL ME, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Back

Call me back

By clicking on CALL ME, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Skip Navigation LinksMedia Centre

Boedelbelasting

Boedelbelasting word gehef teen ‘n koers van 20%. Boedelbelasting op boedels wat R30 miljoen en meer werd is, is egter verhoog van 20% tot 25%. Dit is van krag vanaf 1 Maart 2018.

Skenkingsbelasting

Die belastingvrystelling vir skenkings vir natuurlike persone bly R100 000 p.j. Skenkings van meer as R100 000 p.j. word teen 20% belas. Enige skenkings groter as R30 miljoen in enige belastingjaar word egter teen 25% belas.

Rente

Die rentevrystelling bly dieselfde vir rente wat uit ‘n Suid-Afrikaanse bron verdien is vir individue jonger en ouer as 65. Die belastingvrystelling vir nie-inwoners bly onveranderd.

Mediese belastingkrediete

Mediese belastingkrediete word verhoog van R303 tot R310 per maand vir die eerste twee begunstigdes, en van R204 tot R209 per maand vir die oorblywende begunstigdes. Die berekening van die aftrekking ten opsigte van individue ouer as 65, individue met ongeskiktheid, asook alle ander individue, bly onveranderd.

Die mediese belastingkrediet bestaan uit twee komponente, naamlik medieseskemafooie vir goedgekeurde medieseskemabydraes en bykomende mediese uitgawes vir mediese uitgawes wat lede self betaal. Daar is gevalle waar verskeie belastingbetalers bydra tot die mediese skema of uitgawes van ‘n ander persoon (bv. volwasse kinders wat gesamentlik bydra tot hulle bejaarde moeder se mediese skema). Waar belastingbetalers ‘n gedeelte van die mediese skema, bydrae of mediese koste betaal, word voorgestel dat die mediese belastingkrediet ook tussen die onderskeie bydraers verdeel moet word.

Belasting op bydraes tot aftreefondse wat buite Suid-Afrika geleë is

Die Inkomstebelastingwet stel tans alle aftreevoordele uit ‘n buitelandse bron vir diens wat buite Suid-Afrika gelewer is, vry van belasting. Die interaksie van hierdie vrystelling met ooreenkomste vir dubbele belasting en ander bepalings van die wet sal hersien word om seker te maak dat bydraes slegs aftrekbaar is waar voordele belasbaar is.

Ooreenstemmende belasting ten opsigte van bewaringsfondse by emigrasie

Tydens formele emigrasie mag ‘n individu die volle fondsbelang uit ‘n uittreeannuïteitsfonds onttrek, nadat die belasting op onttrekking van voordele uit ‘n uittreeannuïteitsfonds betaal is. Die regering sal oorweeg om vanjaar die wet so te verander dat ‘n onttrekking by emigrasie uit bewaringsfondse ook toegelaat word, met ander woorde bykomend tot die huidige een toegelate onttrekking uit ‘n bewaringsfonds.

Regstelling van belastingteenstrydighede by die oordrag van aftreefondse

Die oordrag van fondsbedrae tussen, of binne, aftreefondse by dieselfde werkgewer het onbedoeld gelei tot ‘n belastingaanspreeklikheid vir lede, weens die huidige bewoording van die wetgewing. In beginsel moet daar geen bykomende belastinggevolge wees vir lede as die oordragte verwys na bedrae wat alreeds tot die aftreefonds bygedra is nie.

Veranderinge aan wetgewing sal terugwerkend ingestel word om hierdie onbedoelde belastingaanspreeklikheid reg te stel.

Aftrekkings vir aftreefondsbydraes

Geen verandering in die persentasie (27,5%) of die limiet (R350 000) wat van toepassing is nie.

Belasting op enkelbedragonttrekkingsvoordele uit aftreefondse

Geen verandering in die tabel nie.

Belasting op enkelbedragvoordele uit aftreefondse

Geen verandering in die tabel nie.

Toelating van oordragte na bewaringspensioen- en bewarings-​​voorsorgfondse ná aftrede

Daar is in 2017 veranderinge aangebring om die oordrag van pensioen- en voorsorgfondsbedrae na ‘n uittreeannuïteitsfonds toe te laat ná die aftreedatum van ‘n werknemer. Dit het ‘n individu in staat gestel om aftrede uit te stel. Daar word voorgestel dat daar ook in wetgewing voorsiening gemaak moet word vir oordragte na bewaringspensioenfondse en bewaringsvoorsorgfondse omdat daar ná die saak ondersoek is, bevind is dat die administrasie wat vereis word om nie eenmalige onttrekkings van die oordragbedrag uit hierdie fondse toe te laat nie, nie onhanteerbaar is soos voorheen gedink is nie.

Verhoging van die BTW-koers

Die regering stel voor dat BTW van 14% tot 15% verhoog word met ingang 1 April 2018. Die verhoging is nodig om voorsiening te maak vir nuwe uitgawes waartoe hulle verbind is en verdere erosie van die openbare fondse te voorkom. BTW is laas in 1993 aangepas en is laer as die gemiddeldes in die wêreld en in Afrika.

Rente betaal aan die nie-inwoner-begunstigde van ‘n trust

Dit is nie in die huidige belastingreëls ten opsigte van rente betaal aan ‘n nie- inwoner-begunstigde van ‘n trust duidelik wie verantwoordelik is om belasting terug te hou ná vestiging nie. Daarbenewens ag die reëls ten opsigte van trustinkomste en -begunstigdes nie die trust as sou dit rente aan begunstigdes betaal het as hulle nie-inwoners is nie. ‘n Reël sal oorweeg word om hierdie teenstrydigheid uit die weg te ruim.

Skrapping van nievoldoenende belastingpraktisyns

Die wet op belastingadministrasie sal aangepas word om nievoldoenende belastingpraktisyns van die registrasielys te skrap. Die SAID-kommissaris sal die praktisyn hiervan in kennis stel.

Dividendbelasting

Om administrasie te vergemaklik, word die vereiste dat ‘n persoon wat ‘n belastingvry dividend ontvang ‘n opgawe moet indien, herroep.

Opklaar van belastingaanpassing ten opsigte van langtermynversekeraars

Die Inkomstebelastingwet is aangepas om die risikopolisfonds vir langtermynversekeraars met ingang 2016 daar te stel. Die belastingtoepassing op langtermynversekeraars is ook aangepas weens die daarstelling van die solvensiebepaling en bestuursraamwerk. Onlangse aanpassings wat die risikopolisfonds affekteer, het nie van krag geword toe die fonds ingestel is nie. Daar is voorgestel dat die datum waarop die toepaslike aanpassings van krag word, so verander word.

Brandstofbelasting en -heffing

Die regering stel voor dat die algemene brandstofheffing met 22c/liter en die heffing vir die Padongelukkefonds met 30c/liter aangepas word, met ingang 4 April 2018.

Bylae 5

Bylae 6

Bylae 7

Bylae 8

Bylae 9

Bylae 10

Bylae 11

​​​

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam