Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre

Moet ek my Sanlam-uitkeerpolis Vroeg Afkoop om my Lening of Verband af te Betaal?

10 Junie 2019

Kliënte oorweeg dit soms om hul Sanlam-uitkeerpolisse voor die uitkeerdatum af te koop. Ons het met Bennie Wessels, Produkaktuaris by Sanlam Spaar en Geslote Boek, gesels oor die vernaamste kwessies wat mense in ag moet neem wanneer hulle voor hierdie soort besluit te staan kom.

Ek wil uit die skuld kom. Het dit sin om my Sanlam-uitkeerpolis vroeg te kanselleer en die opbrengs te gebruik om my lening of verband af te betaal?

Met so ’n besluit help dit om weer te kyk na die rede waarom u oorspronklik u uitkeerpolis aangegaan het. As u doelwit byvoorbeeld welvaartskepping was – en nog is – moet u u opsies vergelyk en besluit watter een u sal help om die meeste welvaart oor die lang termyn op te bou.

As u byvoorbeeld oorweeg om u uitkeerpolis te kanselleer en die opbrengs te gebruik om u verband af te betaal, moet u kyk na die rente wat u op u verband betaal en dit vergelyk met die opbrengs wat u verwag om op u uitkeerpolis te verdien (wat afhang van waar die onderliggende fondse belê is).

Hierdie soort vergelyking moet belastingaanspreeklikheid in ag neem, omdat die lewensversekeringsmaatskappy namens uitkeerpolishouers inkomstebelasting betaal. U kry dus ’n nabelaste opbrengs op u uitkeerpolis. Indien u u uitkeerpolis voor die uitkeerdatum in kontant omsit is, moet u ook boetes in ag neem wat van toepassing kan wees by vroeë beëindiging.

In hierdie geval hang die beste besluit af van u persoonlike omstandighede. Dis altyd raadsaam om ’n vertroude finansiële adviseur se hulp in te roep.

Wat kan ek verloor as ek my uitkeerpolis voor die uitkeerdatum opvra?

Soos vroeër genoem, kan vroeë beëindigingskoste van toepassing wees. Verskillende uitkeerprodukte het verskillende minimum beleggingstermyne. U moet dus nagaan watter koste op u spesifieke polis van toepassing is. Vroeë beëindigingskoste is byvoorbeeld net gedurende die eerste twee jaar na aanvang van toepassing op sekere van Sanlam se nuwe-generasiepolisse.

Verder bied sekere ou-generasiepolisse risikovoordele wat u kan verloor. Daar is ook potensiële waarborge om in ag te neem. As u byvoorbeeld op ’n geldterug-waarborg geregtig is wanneer u polis uitkeer, onthou net – hoe minder u insit, hoe minder kry u terug.

Kyk ook na die belastingimplikasies. Met ’n uitkeerpolis betaal die lewensversekeringsmaatskappy namens u inkomstebelasting teen 30%. Dit kan vir u ’n belastingdoeltreffende opsie wees indien u marginale belastingkoers hoër as dit is en u reeds u belastingvrystellings gebruik het of die maksimum tot ’n belastingvrye spaarrekening bygedra het. En wanneer u uitkeerpolis uitkeerbaar word, hoef u nie belasting op enige onttrekkings te betaal nie. Met die kansellasie van u uitkeerpolis voor die uitkeerdatum sal u dus die voordeel verloor van ’n uiters buigsame, belastingdoeltreffende spaarproduk wat u onbeperkte toegang gee tot geld – in die vorm van ’n enkelbedrag of gereelde onttrekkings – wat in u hande belastingvry is.

Ten slotte, as u nie uitkeerpremies het om te betaal nie, kan u spaardissipline dalk in die slag bly. Dit is dus nodig dat u oorweeg watter uitwerking u besluit op u langtermynspaardoelwitte sal hê. U kan byvoorbeeld die bedrag geld wat u vir u uitkeerpremies gebruik het, in ’n ander spaaropsie belê.

Kan ek my uitkeerpolis hou, maar ophou om die maandelikse premies te betaal? Wat is die gevolge?

As u nie langer kan bekostig om u maandelikse premies te betaal nie, kan u u polis “opbetaald” maak. Dit beteken u hou u uitkeerpolis op Sanlam se boeke, maar u betaal nie meer maandelikse bydraes nie. Die fondse wat u in u uitkeerproduk opgebou het, sal steeds saamgestelde rente verdien tot op die uitkeerdatum.

Kosteheffings kan van toepassing wees wanneer u ophou premies betaal, maar dit is gewoonlik laer as die koste wanneer die produk heeltemal beëindig word. Met hierdie opsie kan u u huidige uitkeerbelegging behou en die bedrag wat u tot u maandelikse premies sou bydra elke maand in u verband inbetaal.

Die beste benadering is uiteindelik om met u finansiële adviseur te gesels vir persoonlike leiding.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam