Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre

Kry die Finansiële Beplanner wat by u Pas

10 Junie 2019

In Tinder-taal, as mens na die ideale finansiële beplanner soek wat by jou pas, wat sal jou laat besluit op “swipe right”? Vir diegene wat nie met Tinder se taal van die liefde vertroud is nie, beteken ”swipe right” om iemand te “like” en om met hulle in aanraking te wil kom.

Die keuse van ’n finansiële beplanner is ’n soortgelyke proses om die “een” te soek – daardie spesiale persoon wat u en u finansiële vereistes verstaan en ’n behoorlike plan kan saamstel.

Volgens Jacques Coetzer, hoofbestuurder van Makelaarverspreiding by Sanlam Persoonlike Finansies, beteken die keuse van ’n finansiële beplanner om te vergelyk en die regte vrae te vra, totdat mens iemand kry wat jou ’n baie persoonlike, holistiese oorsig kan gee van waar jy nou is en waar jy moet wees om jou doelwitte vir welvaartskepping te bereik. Iemand met wie jy ’n lang pad kan loop.

Hier is ’n paar ander goeie wenke om op “swipe left” (nee) of “swipe right” (ja) te besluit vir ’n finansiële beplanner.

Hou u Vriende van Hom?

Die meeste mense kies ’n finansiële beplanner op grond van ’n verwysing – ’n persoonlike aanbeveling deur iemand wat hulle vertrou. Hoewel dit ’n positiewe aanwyser is, kan dit gevaarlik wees – wat vir een persoon prima is, kan vir ’n ander problematies wees. Net omdat hy vir ’n vriend goed werk, beteken dit nie hy is die regte persoon vir u nie.

Het u al op Google na sy Profiel gaan Kyk?

Wanneer mense op Tinder rondsnuffel, doen hulle dikwels geheime sosialemedia-soektogte om vas te stel of ’n potensiële vriend(in) ’n goeie pasmaat is. Moenie bang wees om soortgelyke soektogte oor u toekomstige finansiële beplanner te doen nie – doen dit net meer openlik. Gaan direk na die bron en vra die persoon oor sy agtergrond en ervaring, en kontroleer dit dan deur sy webprofiel op LinkedIn of op die maatskappywebwerf na te gaan. Hoe lank is hy al in die bedryf; wat is sy professionele reputasie; is daar enige klagtes oor hom aanlyn; hoe lyk sy beleggingsboek, en hoeveel kliënte het hy tans?

Is hy Goed Gekwalifiseer?

Ontoereikende kwalifikasies behoort gevaarligte te laat flikker. As u finansiële beplanner nie deur die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor (FSCA) geakkrediteer is nie of nie sertifisering by die Finansiële Beplanningsinstituut van Suider-Afrika (FPI) het nie, sal u waarskynlik wil aanhou “swipe” totdat u iemand met beter kwalifikasies kry om u geld te bestuur.

Voldoen hy aan die Vereistes op u Lys?

Coetzer stel voor dat u ’n lys van nie-onderhandelbare vereistes opstel voor u eerste “afspraak” met ’n potensiële beplanner. Net soos wat mense ’n lys opstel van eienskappe wat ’n ideale maat moet hê, het u ’n lys nodig van wenslike eienskappe wat u in u finansiële beplanner soek. As hy nie aan u vereistes voldoen nie, gesels oor die redes daarvoor – en as hy u nog steeds nie oortuig dat sy benadering vir u gaan werk nie, soek verder.

Maak hy ’n Goeie Indruk?

U finansiële beplanner het ’n kort tydjie om ’n goeie indruk te maak. Met die eerste ontmoeting moet hy sy moontlike waarde bewys, al u vrae beantwoord, verduidelik hoe hy werk, en wys dat hy bereid is om na u behoeftes te luister en ’n plan daarvolgens saam te stel. Moenie bang wees om te vra waarna u soek nie. As hy verskillende maatskappye verteenwoordig, vind uit watter maatskappye. As hy vennootskappe met verskillende verskaffers het, vra om ook hul verteenwoordigers te ontmoet. As hy addisionele dienste aanbied, vind uit hoe u by hierdie dienste kan baat vind. Neem die vrymoedigheid om vir ander kliënte se verwysings te vra.

Leef hy in sy Motor?

Mens kan dit gewoonlik nie van ’n Tinder-profiel aflei nie, maar jy kan beslis ’n finansiële beplanner aan die professionaliteit van sy aanbieding meet. As hy huisbesoeke doen en dit duidelik is dat sy motor sy kantoor is, kan dit ernstige vrae oor sy ervaring en sukses laat ontstaan. Dit is egter nie die luuksheid van die kantoor wat belangrik is nie, maar die funksionaliteit: Is dit naby u? Is daar ’n sekretaresse by wie u ’n boodskap kan los? Hoe professioneel is die kantooropset en diens?

Reageer hy Vinnig op u Oproepe?

U finansiële beplanner se werkwyse moet u leefstyl pas. As u ’n digitale benadering verkies, is dít hoe hy met u moet skakel – per e-pos. As u hom skakel, moet hy u terugbel. Beskikbaarheid is uiters noodsaaklik, net soos om u op hoogte te hou met gereelde verslae oor u finansiële vordering.

Is Julle Pasmaats?

As een persoon en ’n ander op Tinder mekaar “like”, is hulle pasmaats. In die finansiële wêreld is dit nie heeltemal so eenvoudig nie. Verskillende mense soek verskillende eienskappe in ’n finansiële beplanner. Party soek net doeltreffendheid, maar vir ander gaan dit ook oor ’n persoonlikheid by wie hulle aansluiting vind. Hoewel dit ’n saak van persoonlike voorkeur is, as die finansiële beplanner by die FSCA geregistreer is, behoort u ook voldoening aan die regulatoriese vereistes vir finansiële beplanning en advies as deel van die pakket te kan oorweeg.

Dis Nooit te laat om te “Unmatch” nie

Indien die eerste ontmoeting nie aan u verwagtings voldoen nie, sien af van die finansiële beplanner. As u vereistes na ’n paar jaar saam met u finansiële beplanner so verander het dat die beplanner nie meer daaraan voldoen nie, beëindig die verbintenis. Hoewel ’n langtermynverbintenis met ’n finansiële beplanner raadsaam is, is dit nooit te laat om ’n verandering te maak en ’n beter pasmaat te kry nie.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam