Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre

Kry Beskerming met Ongeskiktheidsdekking

10 Junie 2019

Hartaanvalle, beroertes en ongelukke, veral padongelukke, is al lank groot oorsake van ongeskiktheid in Suid-Afrika. Tog toon studies dat groter getalle Suid-Afrikaners deur ongeskiktheid getref word weens oorsake soos artritis, depressie en angs.

Hoewel baie van ons nie die moontlikheid oorweeg dat ons deur ongeskiktheid getref kan word nie, blyk dit uit mediese navorsing dat ernstige siektes wat permanente ongeskiktheid veroorsaak – soos ’n hartaanval, beroerte en depressie – al hoe meer voorkom, selfs by die jonger geslag.

Nie een van ons wil daaraan dink dat ’n tragedie en voortspruitende ongeskiktheid ons kan tref nie, veral nie as ons nog jonk is nie. As ons egter kyk na die siektes wat die afgelope paar jaar tot mense se ongeskiktheid gelei het, is dit duidelik dat ongeskiktheidsdekking al hoe belangriker word.

“Insurance Gap Study”

True South se “Insurance Gap Study” kyk spesifiek na die voorkoms van ongeskiktheid onder inkomsteverdieners. In 2016 het dit gewys dat van die 14 miljoen inkomsteverdieners in die land, 46 378 na verwagting een of ander vorm van ongeskiktheid sou ondervind in enige jaar. Indien een inkomsteverdiener ongeskik raak, sal ’n tipiese Suid-Afrikaanse huishouding hul huishoudelike besteding met 30% moet inkort om te oorleef, terwyl die oorblywende lede van ’n werkende ouderdom in die huishouding R5 977 meer tot die huishouding se maandelikse begroting sal moet bydra.

Dit is beslis nie geringe aanpassings nie en in sommige gevalle kan dit dalk onmoontlik wees om hierdie aanpassings te maak. Ons moet almal besef dat, afgesien daarvan dat ons nie kan aanhou werk wanneer ons deur ongeskiktheid getref word nie, dit addisionele uitgawes meebring om spesiale behoeftes rondom mobiliteit, huisaanpassings en bykomende sorg te dek.

Enkelbedrag-ongeskiktheidsdekking kan help om sommige van hierdie eenmalige uitgawes te dek, terwyl inkomstebeskermingsdekking kan help om die deurlopende uitgawes te befonds. U moet regtig albei tipes dekking oorweeg, omdat enkelbedrag-ongeskiktheidsversekering gewoonlik permanente ongeskiktheid dek, terwyl inkomstebeskerming dekking kan verskaf vir ’n tydelike onvermoë om te werk, en u kan dek tot die dag wanneer u aftree.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam