Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre

Hoe om by u Spaardoelwit te Hou

10 Junie 2019

Deur te spaar, belê u in uself, u gesin en u toekoms. Om suksesvol te spaar, behels egter heelwat meer as net om geld weg te sit elke maand. Kenosi Magosha, Hoof van Kliente Oplossings by Sanlam Spaar en Geslote Boek, bespreek die belangrike stappe wat u kan doen om u finansiële doelwitte te behaal.

Identifiseer u Doelwit

Wanneer u ’n spaarreis onderneem, moet u weet wat u bestemming is. Vra uself af waarvoor u spaar. Wil u in u aftreejare finansieel onafhanklik wees? Spaar u vir kwaliteit-onderrig vir u kinders, of u eie studie? Is daar ander lewensdoelwitte wat u wil bereik?

Wanneer u ’n duidelike begrip van u doelwitte het, kan u doeltreffend beplan. Hierdie doelwitte sal ook vir u ’n anker en riglyn wees in die lewe, en u aanspoor om u spaarplan vol te hou.

Dink Lang Termyn

’n Langtermynsiening beteken om op u finansiële doelwitte te fokus – die eindbestemming waarheen u tydens u spaarreis op pad is. Deur op u doelwitte te fokus, in plaas van die hindernisse wat oor u lewenspad kom, sal u ’n beter kans hê om u doelwitte binne die bestemde tyd te bereik.

En as u langtermyndoelwitte stel, spoor dit u ook aan om langer te spaar en dus die grootste voordeel te kry uit saamgestelde rente. Dit is die rente wat u kry op rente wat reeds verdien is, en wat u spaargeld ’n hupstoot gee wanneer u besig is om welvaart op te bou.

Maak dit Maklik om in Beheer te Bly

Ons het almal goeie voornemens om selfbeheersing te beoefen, maar dis nie altyd maklik in die daaglikse lewe nie. Moenie te streng met uself wees nie en maak dit so maklik as moontlik om te spaar. Miskien kan u ’n outomatiese maandelikse debietorder vir u spaarplan opstel. Betaal eers uself, sonder om eers daaraan te moet dink, voordat u fokus op ander dinge wat u nodig het of wil hê.

Behou u Fokus

Om fokus te behou, beteken om te weet waarheen u op pad is en te beplan om daar te kom, ongeag wat gebeur. Mens kan spaar vergelyk met ’n reis. Voordat jy vertrek, kies jy jou bestemming en werk uit wanneer jy verwag om daar te kom. Dan begin die reisvoorbereidings – bande nagaan, brandstof ingooi, ens. Wanneer jy op die pad is, kan jy egter dinge teëkom wat jou reis onderbreek, soos ongewoon swaar verkeer of ’n pap wiel. Hoewel jy miskien nie vir hierdie gebeurlikhede voorsiening gemaak het nie, weet jy nog steeds waarheen jy op pad is en wanneer jy daar wil uitkom. Wanneer mens op hierdie doelwitte fokus, kan jy ’n plan beraam om die hindernisse doeltreffend te bestuur. As daar byvoorbeeld baie verkeer is, kan jy jou GPS gebruik om ’n alternatiewe roete te kry; en as jy ’n pap wiel kry, kan jy padbystand inroep.

Net so kan mens, wanneer jy vir ’n doelwit spaar, hindernisse teëkom soos swak markprestasie of om jou werk te verloor. As jy op jou finansiële doelwitte gefokus bly in plaas van mismoedig te raak, kan jy egter jou planne aanpas en op koers bly. Mens kan met ’n finansiële adviseur gesels om jou roete rondom die hindernis aan te pas en jou die hulpmiddels te gee wat jy nodig kan hê om jou omstandighede te bestuur. Met hierdie benadering hoef ontwrigtings nie ’n doodloopstraat te word nie.

Win Gereeld Advies in

As ’n kliënt van Sanlam, is u spaargeld in die hande van ’n kundige span wat weet hoe om u geld te laat groei om u doelwitte te bereik. Ons kan u help om op doeltreffende wyse u doelwitte te stel. As u byvoorbeeld ’n studiefonds wil skep, kan Sanlam se doelwit-gebaseerde spaarbenadering u die veiligheidsraamwerk gee wat u nodig het om toepaslike doelwitte te stel. Aangesien aannames nie altyd met die werklikheid tred hou nie, het Sanlam ’n Goal Manager-hulpmiddel wat u finansiële adviseur kan gebruik om u werklike spaaraktiwiteit met betrekking tot u doelwitte te evalueer. Indien enige leemtes geïdentifiseer word, kan u u plan betyds aanpas.

Ongeag waarvoor u spaar – ’n gerieflike aftrede, ’n goeie opvoeding vir u kinders, ’n noodfonds of ’n ander doelwit – is dit noodsaaklik om gereeld met u finansiële adviseur te gesels. Die ideaal is dat hierdie beplanningsessies jaarliks gehou word, sodat u kan bepaal hoe ver u gekom het, hoe ver u nog moet gaan, of u u roete moet verander, en of u nuwe produkte by u portefeulje moet voeg. Dit sal u help om seker te maak u bly op koers om binne die bestemde tyd te kom waar u wil wees.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam