Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre

Die Sanlam Stigting Help om SA se Geletterdheidskrisis aan te Pak

10 Junie 2019

Die Sanlam Stigting het ’n vennootskap met die Click Foundation aangegaan om aanlyn, eie-tempo Engelse geletterdheidsprogramme in minderbevoorregte laerskole in werking te stel.

Die vennootskap tussen die Sanlam Stigting en die Click Foundation bied ’n geleentheid vir Sanlam om sy “Blue Ladder”-skoleprogram na ander provinsies uit te brei.

Die Click Foundation is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat in Suid-Afrika gesetel is en die gebruik van tegnologie in onderwys ten bate van die land se grondfase-leerders (Graad R tot 3) bevorder. Sanlam ondersteun daadwerklik die Click Foundation se oortuiging dat tegnologie – wanneer dit reg aangewend word – onderwys op ’n doelmatige, kostedoeltreffende en skaleerbare wyse kan transformeer.

Deur hierdie vennootskap ondersteun die Sanlam Stigting die Click Foundation se strewe om Suid-Afrika se geletterdheidsuitdagings die hoof te bied, terwyl jong leerders met waardevolle tegnologievaardighede toegerus word wat hopelik sal help om in die toekoms verdere geleenthede vir hulle te ontsluit.

“Die Foundation se primêre fokus is om aanlyn Engelse geletterdheidsprogramme in minderbevoorregte laerskole regdeur die land te implementeer,” verduidelik Paula Barnard, Waarnemende Hoof van die Sanlam Stigting.

“Dit stel jong leerders in staat om teen hul eie tempo deur pretaktiwiteite te werk wat deur tegnologie gedryf word, en ondersteun die Departement van Basiese Onderwys se beleidsdoelwit dat alle kinders vlot en met begrip leer lees teen die einde van Graad 3.”

Deur middel van sy vennootskap met die Click Foundation, kan Sanlam sy “Blue Ladder”-skoleprogram na Mpumalanga en die Oos-Kaap uitbrei.

Hierbenewens ondersteun die Sanlam Stigting ’n verskeidenheid ander onderwys-gerigte inisiatiewe. Dit sluit ’n vennootskap in met nog ’n organisasie sonder winsbejag – die Primary Science Programme (PSP) – wat daarop fokus om die standaard van wiskunde-onderrig in Suid-Afrika se skole met gebrekkige hulpbronne te verhoog. Deur hierdie inisiatief het PSP ’n reeks ondersteuningsprogramme vir wiskunde-onderwysers by sommige van die “Blue Ladder”-skoleprogram se begunstigde skole ontplooi.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam