Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

ʼn Besigheid wat daarop gefokus is om geleenthede vir ander te skep – Waste Want, ʼn gesinsonderneming in Stikland en Elsiesrivier, waar hawelose mense die geleentheid gebied word om hulle lewens deur werk te herbou!

Waste Want het ʼn voltydse personeelgetalsterkte van 29, waarvan 15 mense uit nagskuilings kom.

Waste Want is in Augustus 2010 deur Lydia Anderson-Jardine en haar man, Anthony Jardine, begin. Aanvanklik was daar 12 permanente personeellede. Sedertdien het hulle ʼn aantal groot afvalbestuurskontrakte gesluit, insluitende ʼn tender van meer as R3 miljoen deur Stad Kaapstad en ʼn loodsprojek vir Quality Beverages en die Maynard Mall, via Redefine Properties.

Lydia se seun, Rowen Anderson, is die brein agter die maatskaplike verantwoordelikheidsdeel van die besigheid, Waste Want Youth. Dit is deur Waste Want Youth wat ook met plaaslike skole saamwerk om herwinning aan te moedig – dat hawelose mense vir die besigheid gewerf word.

Die personeel by die nagskuilings kies jongmense wat wys dat hulle hul lewens wil verbeter, en Waste Want lei hulle op om herwinbare goedere te sorteer en verskillende materiale te gradeer. Diegene wat die opleiding suksesvol afhandel, word ʼn werk by die besigheid aangebied.

Aanvanklik het Waste Want jongmense by die Elim-nagskuiling in Elsiesrivier gewerf, maar hulle het onlangs ook met ʼn skuiling in Kensington begin saamwerk.

“Ons beoog om hierdie program na verskillende skuilings in die Kaapstad-gebied uit te brei, voor ons nasionaal uitbrei,” verduidelik Rowen.

Hy sê dat sy familie sterk oor hulle maatskaplike verantwoordelikheid voel, en weens die feit dat die besigheid se aard lae vaardighede en hoë volumes behels, Waste Want meer werk vir mense in die nagskuilings kan skep. Die besigheid se ander maatskaplike verantwoordelikheidsprojek is die Young Recycling Cooperative wat op jeugontwikkeling, werkskepping en bemagtiging fokus.

Waste Want word as ʼn terugkoopsentrum bedryf, wat beteken dat dit vir herwinbare items betaal. Dit hanteer die insameling, sortering en verwerking van herwinbare goedere, veral plastiek en papier. Daar is ook twee munisipale aflaaipunte onder Waste Want se bestuur, waar die publiek herwinbare items kan aflaai.

Die besigheid neem aan die Sanlam Ondernemings- en Verskaffersontwikkelingsprogram deel, wat hulle besigheid gehelp het om die finansiële- en besigheidsbasis te skep om hulle sodoende in staat te stel om toerusting soos vragmotors, sleepwaens, hoekslypers en sae te bekom, wat alles help om die groter-wordende volumes afval vinniger te verwerk.

Waste Want wil sy voetspoor uitbrei met twee nuwe persele wat vir 2016 beoog word. Rowen sê dat hulle ʼn beter vastrapplek in die Wes-Kaap wil vestig en dan die moontlikheid van nasionale uitbreiding wil oorweeg.

Webtuiste: http://wastewant.co.za

 

 

Die waagstuk, die neerstort en die herrysing: Hoë dividende op lewenskragtigheidDie waagstuk, die neerstort en die herrysing: Hoë dividende op lewenskragtigheidhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-waagstuk-die-neerstort-en-die-herrysing-hoe-dividende-op-lewenskragtigheid.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/GoodNews_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/GoodNews_ArticleBlogBanner.jpg10/12/2016 9:29:05 AM050235aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-10-11T22:00:00ZThembi het verlede jaar by Sanlam se Ondernemings- en Verskaffersontwikkelingsprogram aangesluit. Vind uit hoe sy gegroei het van ‘n motorwasser tot ‘n besigheidsvrou met ‘n jaarlikse omset van R6.5 miljoen.
Het die wins-afswaai ’n laagtepunt bereik?Het die wins-afswaai ’n laagtepunt bereik?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/het-die-wins-afswaai-n-laagtepunt-bereik.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/ProfitDownturn_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/ProfitDownturn_ArticleBlogBanner.jpg9/13/2017 6:57:57 AM050247aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2017-09-12T22:00:00ZDit is vreemd dat Suid-Afrika in ’n tegniese resessie verval het, soos weerspieël in twee agtereenvolgende kwartale van ’n negatiewe groei in die Bruto Binnelandse Produk (BBP).

 Related Posts

 

 

Vrywillige WerkersVrywillige Werkershttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/vrywillige-werkers.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg7/14/2016 12:47:29 PM085412aspx3653http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-07-13T22:00:00ZAlle werkers, onbetaalde vrywilligers ingesluit, het ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke. Tog word “onbetaalde werknemers wat vir welsynsorganisasies werk” spesifiek van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitgesluit.
Hoe kan jy jou besigheid meer professioneel bedryf?Hoe kan jy jou besigheid meer professioneel bedryf?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/hoe-kan-jy-jou-besigheid-meer-professioneel-bedryf.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/ProfessionalBusiness_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/ProfessionalBusiness_ArticleBlogBanner.jpg5/29/2017 8:14:51 AM050249aspx727http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2017-05-28T22:00:00ZDie vraag is dus wat dit beteken om in ons besighede professioneel te wees en hoe ons die vlak van professionaliteit kan verbeter.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam