Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

Vraag: Geniet onbetaalde vrywilligers dieselfde regsbeskerming as ander werknemers?

Antwoord: Oor die algemeen, ja.

Kort verduideliking: Alle werkers, onbetaalde vrywilligers ingesluit, het ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke. Tog word “onbetaalde werknemers wat vir welsynsorganisasies werk” spesifiek van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBD) (Artikel 3) uitgesluit. Op die oog af geniet hierdie vrywilligers hoegenaamd geen beskerming nie. Selfs kinderarbeid blyk toelaatbaar te wees. Beteken dit dat onbetaalde persone, wat vir welsynsorganisasies werk, uitgebuit mag word deur, byvoorbeeld, oormatige lang ure te moet werk? Die antwoord is ooglopend ‘nee’, aangesien dit sal beteken dat hulle nie werklik ‘vrywillig’ werk nie.

Die situasie is eenvoudiger vir vrywillige werkers by organisasies wat nie welsynsorganisasies is nie. By implikasie geniet hierdie werkers dieselfde beskerming ingevolge die WBD as ander werknemers (buiten dat hulle nie op betaling geregtig is nie).

Ander arbeidswetgewing, soos die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), sluit nie vrywilligers spesifiek uit nie. Hulle kan as werknemers beskou word, selfs waar hulle onbetaald is, maar “help met die bedryf of bestuur van die besigheid”. As sodanig sal hulle – ten minste in teorie – op dieselfde beskerming as ander werknemers geregtig wees. Dit is moeilik om in te sien wat werkgewers kan doen om nadelige gevolge vir werkgewers van vrywilligers te veroorsaak. Soos egter vroeër genoem, het onbetaalde vrywillige werkers ook ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke – die WAB en ander arbeidswetgewing sou dus ‘doelbewus’ in hierdie verband geïnterpreteer word (wat ten doel het om die grondwet te implementeer).

Waar vrywillige werkers egter ʼn toelae ontvang, raak sake ʼn bietjie meer interessant – lees gerus die artikel by http://www.labourwise.co.za/labour-articles/volunteers.

Ter afsluiting dus, sou dit wys van werkgewers wees om vrywillige werkers ten minste so billik as alle ander werknemers te behandel, behalwe natuurlik vir betaling.

Artikel verskaf deur Jan Truter van Labourwise

www.labourwise.co.za is ʼn aanlyn-diens ten opsigte van arbeidsverhoudinge, wat daarop gemik is om werkgewers met die implementering van doeltreffende arbeidsverhoudinge te help. Kontak hulle via die webtuiste, of by info@labourwise.co.za.

 

 

Hoorsêgetuienis in tugverhore en arbitrasieverrigtingeHoorsêgetuienis in tugverhore en arbitrasieverrigtingehttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/hoorsegetuienis-in-tugverhore.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/hearsay_Evidence.jpg, /businessblog/PublishingImages/hearsay_Evidence.jpg7/16/2019 1:15:35 PM062726aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-07-15T22:00:00ZIndien die werknemer die uitslag van die verhoor betwis, kan sodanige getuienis ook tydens die arbitrasieproses benodig word.
5 Dinge wat jou besigheid ten goede sal verbeter (Artikel 1 van 2)5 Dinge wat jou besigheid ten goede sal verbeter (Artikel 1 van 2)http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/dinge-wat-jou-besigheid-ten-goede-sal-verbeter.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/things_that_chnge_banner.jpg, /businessblog/PublishingImages/things_that_chnge_banner.jpg3/20/2019 5:58:51 AM088aspx116http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-03-18T22:00:00ZOns is almal op soek na daardie towerformule vir sukses en meer in ons besighede. Raad wat vir die een besigheid werk, werk nie noodwendig vir ʼn ander een nie.

 Related Posts

 

 

Die afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanDie afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-afswaai-in-besigheidswinste-en-die-implikasies-daarvan.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpg, /businessblog/PublishingImag/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpges/SanlamBlog_The%20downturn%20in%20business.jpg6/24/2016 7:26:27 AM091703aspx5198http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-05-11T22:00:00ZSuid-Afrikaanse besighede is onder druk. Die totale netto bedryfsoorskot (NBO) vir alle korporasies (verteen-woordigend van besigheidsverdienste) het verlede jaar met 3.8% gedaal.
Vrywillige WerkersVrywillige Werkershttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/vrywillige-werkers.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg7/14/2016 12:47:29 PM091805aspx6855http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-07-13T22:00:00ZAlle werkers, onbetaalde vrywilligers ingesluit, het ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke. Tog word “onbetaalde werknemers wat vir welsynsorganisasies werk” spesifiek van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitgesluit.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam