Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

Vir besigheidseienaars is die begin van ʼn nuwe jaar ʼn opwindende tyd. Hopelik het jy al die geleentheid gehad om oor die suksesse en lesse van die afgelope jaar na te dink en het jy nuwe energie om van 2016 die beste jaar ooit te maak. Die energie wat ʼn mens aan die begin van elke nuwe jaar voel, is uniek. Daar is gewoonlik ʼn venstertydperk van ʼn paar dae (ʼn week of twee as jy gelukkig is) waarin jy nie slegs ongebreidelde entoesiasme voel nie, maar ook oor die ruimte beskik om vir die volgende 12 maande te beplan en te prioritiseer. Spring in! Teen Februarie sal jou dagboek weer chaoties wees en sal jy nie meer dieselfde vars perspektief op belangrik vs. dringend hê nie, weens die gewone ‘warrelwind van besig wees’ waarin jy vasgevang is.

Die cliché “versuim om te beplan, is om beplan om te faal”, is ʼn cliché om goeie rede. Neem dus die tyd om ʼn soliede plan met duidelike mylpale, tydsberekening en aanspreeklikheid te ontwikkel. In my ervaring is ʼn goeie plan nie genoeg nie. Weens die vloeibare en soms eensame aard van entrepreneur wees, is dit moeilik om op jou doelwitte te fokus en die energievlakke vol te hou soos die jaar vorder. Daarom stel ek voor dat ʼn mens daardie nuwejaarsenergie en -perspektief gebruik om die volgende 5 vrae te beantwoord, wat jou nie net sal help om die belangrike goed deur die wanorde aan te dryf, maar ook sal dien as ʼn herinnering aan die ‘waarom’ wat aan die hart van jou entoesiasme aan die begin van die jaar gelê het.

  1. Fokus ek op die regte goed?

    Al hoe meer besigheidsliteratuur stem saam dat die elite HUB’s die belangrikste 3 goed vir hulle besigheid verstaan en uitsluitlik daarop fokus. Definieer jou top 3 noukeurig aan die begin van jou prestasiesiklus en, soos 10xHUB-metodologie sê (sien konsep 10xCEO), moenie jou aandag laat aflei tot hierdie drie ‘platgestoei’ is nie.

  2. Is my gedagtegang positief of negatief?

    Soos die jaar vorder, is dit maklik om daardie ‘wip’ te verloor. Jou ingesteldheid is aansteeklik – nie slegs vir jou span nie, maar ook vir jou kliënte. Ek vind dat nadenke oor alles waarvoor ek dankbaar kan wees, fokus op wat ek kan beheer en die moeilikste en belangrikste take aan die begin van my dag doen (sien konsep “Eat the Frog”), verseker dat daardie aansteeklike positiewe ingestelheid tot diep in die jaar volgehou word.

  3. Watter betekenis heg ek aan uitdagings?

    Deur net jou grootste uitdagings te verstaan en te artikuleer en dit dan as ʼn unieke groeigeleentheid te raam, verander die manier waarop jy uitdagings aanpak en verbeter jou vermoë om dit te oorkom.

  4. Wat sal ek volgende doen om te vorder?

    Ná oorweging van bogenoemde 3 vrae is dit belangrik om ʼn paar tasbare aksies en veranderinge wat jy in jou lewe en daaglikse roetine wil aanbring, neer te pen om bogenoemde te laat afskop. Dit sal waarskynlik maandeliks verander, soos jy al meer selfbewus word – hou dit eenvoudig en stel die perk eers laag. Die perk laag stel voel teenintuïtief, maar die gereelde bereiking van iets, al is dit iets klein, ontwikkel positiewe gewoontes, waarop altyd voortgebou kan word.

  5. Watter tasbare herinneringe moet ek kan sien om gemotiveerd te bly?

    Verstaan van meet af aan wat jou motiveer, hoe sukses lyk en voel en skep dan sensoriese herinneringe wat dit werklik en sigbaar maak. Hetsy prente, aanhalings, ʼn liedjie – identifiseer wat dit vir jou simboliseer en stel jou gereeld daaraan bloot as herinnering aan die ‘waarom’. Jy sal verbaas wees oor daardie ekstra 10% wat dit jou sal gee om jou in staat te stel om in moeilike omstandighede deur te druk. Ter afsluiting wil ek sê dat, hoewel bogenoemde vrae redelik filosofies is, ek vind dat die meeste mense wat hierdie paadjie kies, vurig en gedrewe is. Waarom nie hierdie unieke energie inspan om jou meer as een maal per jaar ʼn ‘vars begin*’ te gee nie!

*Om dit te laat werk, is dit noodsaaklik dat jy ten minste maandeliks jou antwoorde hersien (ʼn herhalende dagboekinskrywing op die 1ste van elke maand werk vir my).

Om besigheidseienaars in die belangrike taak van besigheidsbeplanning te ondersteun, gee Sanlam jou gratis toegang tot die boek, Your Annual Business Game Plan for Success, wat ʼn maklike en eenvoudige raamwerk bied vir die opstel van ʼn goed-gestruktureerde wedstrydplan, om die positiewe verandering en groei wat vir besigheidsukses nodig is, te skep. Gaan na www.sanlam.co.za/gameplan om jou gratis kopie af te laai.

Hierdie artikel is geskryf deur Daniel Hatfield, Besturende Direkteur van Edge Growth

 

 

Begunstigdefondse en die WerkgewerBegunstigdefondse en die Werkgewerhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/begunstigdefondse-en-die-werkgewer.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Retirement_fund_Banner.jpg, /businessblog/PublishingImages/Retirement_fund_Banner.jpg6/15/2018 11:07:50 AM01063aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2018-06-11T22:00:00ZIn hierdie artikel, onthul David Thomson, Senior Regsadviseur van Sanlam Trust, die verrassende statistieke wat onlangs in die “Sanlam Besigheidsmark Survey” vir 2018 deurgegee is.
Droogte en die diensverhoudingDroogte en die diensverhoudinghttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/droogte-en-die-diensverhouding.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Drought_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/Drought_ArticleBlogBanner.jpg3/7/2018 11:57:58 AM01093aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2018-03-06T22:00:00ZDie moontlike impak van die droogte op die diensverhouding moet nie onderskat word nie. Dit kan die werknemer se reg op vergoeding raak, indien dit vir werknemers onmoontlik word om te werk.

 Related Posts

 

 

Waarom 'n evaluasie van die verpakking van jou waarde-aanbod nodig isWaarom 'n evaluasie van die verpakking van jou waarde-aanbod nodig ishttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-evaluasie-van-jou-waarde.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Tips_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/Tips_ArticleBlogBanner.jpg6/24/2016 7:21:58 AM01086aspx3926http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-06-08T22:00:00ZIn ʼn wêreld waar die verbruiker koning is, raak dit al hoe moeiliker om jou produk of diens van dié van jou mededingers te onderskei, aangesien tegnologiese vordering dit moontlik maak om, ʼn presiese weergawe van ʼn produk of diens te maak.
Vrywillige WerkersVrywillige Werkershttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/vrywillige-werkers.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg7/14/2016 12:47:29 PM085412aspx5346http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-07-13T22:00:00ZAlle werkers, onbetaalde vrywilligers ingesluit, het ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke. Tog word “onbetaalde werknemers wat vir welsynsorganisasies werk” spesifiek van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitgesluit.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam