Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

Wat was eerste – die hoender of die eier? Op ʼn manier word ons in besigheid deur dieselfde uitdaging in die gesig gestaar. Moet ons probeer om ʼn nuwe produk of diens te ontwikkel nog voor ons ʼn mark daarvoor gekry het, of moet ons eers ʼn teikenmark kies en dan ons produkte en/of diens ontwikkel om aan die behoeftes van die geïdentifiseerde mark te voldoen?

Deur eers ʼn nismark vir jou produk en/of diens te identifiseer, kan jy makliker tussen die bome (jou nismark) en die bos (spektrum van alle verbruikers) onderskei. ʼn Paar voordele van hierdie benadering is dat jou bemarkings- en verkoopspogings meer winsgewend sal wees, omdat jy die behoeftes van jou nismark beter verstaan, wat jou in staat sal stel om jou aanbod presies by hulle behoeftes te laat pas. Jy kan dan ook jou besigheid as ʼn kenner in jou bedryf posisioneer.

Jy kan die data van jou huidige kliënte gebruik om jou nismarkprofiel beter te verstaan. Die volgende elemente kan gebruik word om die profiel van jou ideale kliënt te ontwikkel:

  1. Inkomstekategorie
  2. Ouderdom
  3. Geslag
  4. Belangstellings
  5. Stokperdjies
  6. Beroep
  7. Geografiese ligging

Om jou kliënt te leer ken, moet jy tyd saam met hulle deurbring – en daardeur geleenthede vir skakeling skep. Die toevoeg van waarde vir kliënte is ʼn seker manier om ʼn positiewe toegeneentheid teenoor jou besigheid en jou handelsmerk te vestig. Jy kan ook artikels gebruik om jou kennis rakende die bedryf waarin jy werksaam is, te illustreer. Hierdie artikels kan ook gebruik word om kliënte te leer hoe om die produk of die diens tot hulle grootste voordeel aan te wend, maar ook om meer produkte of dienste aan hulle te bemark. Maak ʼn punt daarvan om jou bestaande kliënte oor spesiale aanbiedinge in te lig. Dit is ook goeie besigheidspraktyk om terugvoer van jou bestaande kliënte oor jou produken/of diensaanbod en hulle dienservaring te bekom. Gebruik hierdie terugvoer om jou produk-/ diensaanbod en dienslewering te verbeter. Deur jou kliënte deurlopend aan jou besigheid te herinner, hou jy die ‘bemarkingsgeraas’ van jou mededingers buite die hoorafstand van jou kliënte.

“Ek gee nie om oor hoeveel mag, briljantheid of energie jy beskik nie, as jy dit nie koester, op ʼn spesifieke teiken fokus, en dit daar hou nie, sal jy nooit na jou volle vermoë iets bereik nie.” (Vry vertaal) — Zig Ziglar was ʼn Amerikaanse skrywer, verkoopspersoon en motiveringspreker.

Om besigheidseienaars in die belangrike taak van besigheidsbeplanning te ondersteun, gee Sanlam jou gratis toegang tot die boek, Your Annual Business Game Plan for Successwat ʼn maklike en eenvoudige raamwerk bied vir die opstel van ʼn goed-gestruktureerde wedstrydplan, om die positiewe verandering en groei wat vir besigheidsukses nodig is, te skep. Gaan na www.sanlam.co.za/gameplan om jou gratis kopie af te laai.

Artikel geskryf deur Jannie Rossouw, Hoof: Sanlam Besigheidsmark

 

 

5 Dinge wat jou besigheid ten goede sal verbeter (Artikel 1 van 2)5 Dinge wat jou besigheid ten goede sal verbeter (Artikel 1 van 2)http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/dinge-wat-jou-besigheid-ten-goede-sal-verbeter.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/things_that_chnge_banner.jpg, /businessblog/PublishingImages/things_that_chnge_banner.jpg3/20/2019 5:58:51 AM088aspx74http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-03-18T22:00:00ZOns is almal op soek na daardie towerformule vir sukses en meer in ons besighede. Raad wat vir die een besigheid werk, werk nie noodwendig vir ʼn ander een nie.
5 Dinge wat jou besigheid ten goede sal verbeter (Artikel 2 van 2)5 Dinge wat jou besigheid ten goede sal verbeter (Artikel 2 van 2)http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/verbeter-jou-besigheid.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/things_that_chnge_banner.jpg, /businessblog/PublishingImages/things_that_chnge_banner.jpg4/16/2019 2:06:56 PM015788aspx299http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-04-15T22:00:00ZOns is almal op soek na daardie towerformule vir sukses en meer in ons besighede. Raad wat vir die een besigheid werk, werk nie noodwendig vir ʼn ander een nie. Die bewyse kom eers wanneer die idees en advies-elemente in werking gestel is.

 Related Posts

 

 

Die besluit om werkers oortollig te verklaarDie besluit om werkers oortollig te verklaarhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-besluit-om-werkers-oortollig-te-verklaar.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/retrench-blog.jpg, /businessblog/PublishingImages/retrench-blog.jpg6/12/2019 10:29:47 AM046352aspx195http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-06-11T22:00:00ZOm werknemers met ʼn fait accompli te konfronteer, kan die proses die nekslag toedien. Maar beteken dit dat ʼn werkgewer nie enige mening mag vorm voordat daar gekonsulteer is nie?
Die afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanDie afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-afswaai-in-besigheidswinste-en-die-implikasies-daarvan.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpg, /businessblog/PublishingImag/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpges/SanlamBlog_The%20downturn%20in%20business.jpg6/24/2016 7:26:27 AM091703aspx4913http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-05-11T22:00:00ZSuid-Afrikaanse besighede is onder druk. Die totale netto bedryfsoorskot (NBO) vir alle korporasies (verteen-woordigend van besigheidsverdienste) het verlede jaar met 3.8% gedaal.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam