Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

In my ervaring as verbruiker en steekproef van een, raak die vlak van professionaliteit in besigheid al laer. Die vraag is dus wat dit beteken om in ons besighede professioneel te wees en hoe ons die vlak van professionaliteit kan verbeter.

www.yourdictionary.com definieer “professioneel” as “... die uitvoer van ʼn taak op hoë peil... ” (Vry vertaal)

Wat is “hoë peil” dus? Hierdie stelling kwantifiseer nie die standaard nie, maar dit bepaal wel dat dit aan ʼn bogemiddelde standaard moet voldoen. Kom ons beskou wyses waarop ons aan die vlak van professionaliteit in ons besighede kan werk en dit moontlik verbeter. Kan jy die stellings hieronder afmerk en die vrae beantwoord?

  • Kennis
    Is die vlak van kennis van ons produk en/of diens van die hoogste gehalte; d.w.s. kan ons die vrae van ons kliënte beantwoord en hulle adviseer? Indien nie, moet ons dit oorweeg om ons en ons personeel op te lei en ons en hulle vaardighede te verbeter.
  • Ingesteldheid
    Is ons ingesteldheid teenoor ons kliënte doelgerig en positief? Die hele sentiment in ʼn besigheid kan verander wanneer kliënte positiewe energie aanvoel. Vriendelike en hulpvaardige personeel sal ʼn blywende positiewe indruk van ons besigheid by kliënte laat.
  • Beleefdheid
    Ons moet altyd in gedagte hou dat kliënte die inkomste voorsien. Dit impliseer, onder andere, dat ons beleefd teenoor ons kliënte moet wees, op ons taal moet let en hulle met respek moet behandel.
  • Waarde
    Ontvang ons kliënte meer waarde as verwag van ons? Dit beteken nie noodwendig dat ons hulle enigiets gratis moet gee nie, maar impliseer wel dat ons die tweede myl saamloop om aan hulle behoeftes te voldoen en enige uitdagings op te los deur aan hulle die mees toepaslike produk en/of diens te bied.
  • Korrespondensie
    Knap geskrewe e-pos- en ander korrespondensie (taalgebruik en spelling), wat ook ons logo/ handelsmerk en kontakbesonderhede bevat, doen baie om ons bo ons mededingers te laat uitstaan. Wanneer laas het ons ons kliëntgerigte en interne korrespondensie hersien?
  • Bemarkingselemente
    Ons het almal webtuistes, brosjures en ander kliëntgerigte elemente. Het dit ʼn professionele voorkoms en gevoel en, net so belangrik, word ons kontakbesonderhede en webtuiste-adres duidelik aangedui?
  • Fisiese voorkoms
    Toon ons kantore of persele aan ons kliënte dat ons hulle en ons besigheid respekteer? Is die handelsmerke op ons persele en voertuie professioneel aangebring, of het die son dit al verblyk? Is ons Ontvangs verwelkomend, netjies en skoon? Is ons voertuie skoon? Wys ons kleredrag en persoonlike voorkoms dat ons professioneel is?
  • Diens
    Word ons telefoon binne ʼn paar luie beantwoord? Is ons VP-personeel (verkoopspunt-) hoflik, vriendelik en diensgeoriënteerd? Hoe behandel ons kliënte wanneer naverkoopsdiens nodig is? Kom ons ons beloftes na? Al hierdie klein aspekte is raakpunte met ons kliënte en dra tot hulle kollektiewe ervaring van ons besigheid by.

Dit is geensins ʼn volledige lys van elemente wat vir die verbetering in ons vlak van professionaliteit oorweeg kan word nie. Die belangrikste maatstaf is dalk ons eie verwagting – as ek ʼn kliënt van my besigheid was, sou ek met die vlak van professionaliteit wat ek ervaar, tevrede wees? Indien nie, het jy jou antwoord.

Om besigheidseienaars in die belangrike taak van besigheidsbeplanning te ondersteun, gee Sanlam jou gratis toegang tot die boek, Your Annual Business Game Plan for Success, wat ʼn maklike en eenvoudige raamwerk bied vir die opstel van ʼn goed-gestruktureerde wedstrydplan, om die positiewe verandering en groei wat vir besigheidsukses nodig is, te skep.

Gaan na www.sanlamgameplan.co.za om jou gratis kopie af te laai.

Artikel geskryf deur Jannie Rossouw, Hoof: Sanlam Besigheidsmark

 

 

Voorbereiding vir KI: Is jou besigheid gereed?Voorbereiding vir KI: Is jou besigheid gereed?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/is-jou-besigheid-gereed-vir-ki.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Bus_blog_xero.png, /businessblog/PublishingImages/Bus_blog_xero.png2/7/2019 2:17:58 PM088393aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-02-06T22:00:00ZOns kan nie meer in die toekomstige tyd van kunsmatige intelligensie (KI) praat nie: dis hier en dis besig om die wêreld te verander. Besigheidsintelligensie- en ontledingsprosesse word vinnig geoutomatiseer.
Is jou ‘besigheidstestament’ die papier werd waarop dit geskryf is?Is jou ‘besigheidstestament’ die papier werd waarop dit geskryf is?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/is-jou-besigheidstestament-die-papier-werd-waarop-dit-geskryf-is.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/BusinessWill_ArticleBlogBanner_Linkedin.jpg, /businessblog/PublishingImages/BusinessWill_ArticleBlogBanner_Linkedin.jpg10/13/2017 9:35:56 AM088394aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2017-10-12T22:00:00ZAs ʼn besigheidseienaar is jy trots op jou nalatenskap – ongeag die grootte daarvan. Dit is dus voor die hand liggend dat jy ʼn testament sal hê om seker te maak dat jou geliefdes die voordeel van jou lewenslange arbeid sal geniet.

 Related Posts

 

 

Vrywillige WerkersVrywillige Werkershttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/vrywillige-werkers.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg7/14/2016 12:47:29 PM0192323aspx8164http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-07-13T22:00:00ZAlle werkers, onbetaalde vrywilligers ingesluit, het ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke. Tog word “onbetaalde werknemers wat vir welsynsorganisasies werk” spesifiek van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitgesluit.
Die afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanDie afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-afswaai-in-besigheidswinste-en-die-implikasies-daarvan.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpg, /businessblog/PublishingImag/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpges/SanlamBlog_The%20downturn%20in%20business.jpg6/24/2016 7:26:27 AM088335aspx5610http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-05-11T22:00:00ZSuid-Afrikaanse besighede is onder druk. Die totale netto bedryfsoorskot (NBO) vir alle korporasies (verteen-woordigend van besigheidsverdienste) het verlede jaar met 3.8% gedaal.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam