Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

Drie kinders met entrepreneurskap in hulle bloed, laat hulle deur niks keer om hulle drome te bewaarheid en hulle ouers se nalatenskap in boukontraktering na groot hoogtes te neem nie.

Om die waarheid te sê, Tenille Pearce en Justin en Dane Thomson het van kleins af geweet dat hulle in hul ouers se voetspore wou volg. Hulle onthou hoe hulle tjips en suigysies uit die snoepie wat hulle ma gedurende die skoolvakansies van die huis af bedryf het, aan kinders verkoop het. Later het hulle hul tersiêre opvoeding met die oog op die aanvulling van die familiebesigheid afgehandel. Tenille is ʼn bourekenaar, Justin het ʼn Nasionale Diploma in Boukunde en Dane ʼn BCom in bemarking.

“Ons het die voordeel daarvan gehad om van jongs af te leer wat dit beteken om ʼn besigheidseienaar te wees en dit het ons, deur voor- en teenspoed en die leerervarings, goed te pas gekom. Dit het ook beteken dat ons absolute duidelikheid gehad het oor wat ons wou bereik,” sê Dane.

Die familiebesigheid is uit ʼn motorhuis begin en die droom is vir 17 jaar deur die ouers van die drietal, James en Lorna Thomson, aan die lewe gehou. Met die wêreldwye ekonomiese resessie in 2008 het die drietal besluit dat dit tyd was om hulle planne in werking te stel.

“Die resessie was die katalisator wat ons die pas van ons opvolgplan laat versnel het en ons aangespoor het om goed te laat gebeur. Ons het ons eie besigheid begin saamstel en in 2011 het ons Judante met ons ouers se bedryfsinfrastruktuur bekendgestel.

Dane herroep die moeilike besluit om die familiebesigheid te likwideer en besigheidsin te laat seëvier deur iets nuuts op die “klandisiewaarde en ‘sweet’-aandele” waaraan hul ouers hulle lewens gewy het, te bou.

“Ons is deur die legende van die feniks geïnspireer en het geglo dat iets uit die as sou herrys en van krag tot krag sou gaan.

“Ons het 18 personeellede van die vorige besigheid oorgeneem, ons eie voertuie gekoop, ons eie bedryfsinfrastruktuur gevestig, en in Oktober 2012 formeel sake begin doen. Ons het ʼn gedeelde visie gehad en geweet dat ons daar sou kom.”

Hulle passie en toewyding aan die najaag van hulle droom het vrugte afgewerp en vandag is Judante Building Solutions ʼn suksesvolle bou- en onderhoudsbesigheid in familiebesit in hulle tuisdorp, Heathfield, in die Wes-Kaap.

“Ons visie is om ons personeel te laat groei en hulle te bemagtig om by ons oor te neem, sou dit nodig wees. Ons sal nie altyd daar wees nie, maar die besigheid moet nog vir dekades voortbestaan,” sê Dane.

Gegewe die drietal se geskiedenis, sal enigeen saamstem dat hierdie droom ʼn goeie kans staan om verwesenlik te word.

Webtuiste: www.judante.co.za

 

 

Begunstigdefondse en die WerkgewerBegunstigdefondse en die Werkgewerhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/begunstigdefondse-en-die-werkgewer.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Retirement_fund_Banner.jpg, /businessblog/PublishingImages/Retirement_fund_Banner.jpg6/15/2018 11:07:50 AM0185174aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2018-06-11T22:00:00ZIn hierdie artikel, onthul David Thomson, Senior Regsadviseur van Sanlam Trust, die verrassende statistieke wat onlangs in die “Sanlam Besigheidsmark Survey” vir 2018 deurgegee is.
Die reg op verhoor voor skorsingDie reg op verhoor voor skorsinghttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-reg-op-verhoor-voor-skorsing.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/suspension-blog.jpg, /businessblog/PublishingImages/suspension-blog.jpg5/15/2019 6:14:00 AM0185313aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-05-14T22:00:00Zn ʼn tugverhoor het ʼn werknemer die reg om aangehoor te word, voordat ʼn oordeel gevel word. Maar het ʼn werknemer die reg om aangehoor te word voor skorsing in afwagting op die uitslag van die verhoor?

 Related Posts

 

 

Die afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanDie afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-afswaai-in-besigheidswinste-en-die-implikasies-daarvan.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpg, /businessblog/PublishingImag/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpges/SanlamBlog_The%20downturn%20in%20business.jpg6/24/2016 7:26:27 AM0185296aspx6213http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-05-11T22:00:00ZSuid-Afrikaanse besighede is onder druk. Die totale netto bedryfsoorskot (NBO) vir alle korporasies (verteen-woordigend van besigheidsverdienste) het verlede jaar met 3.8% gedaal.
ByverdienstesByverdiensteshttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/byverdienstes.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Moonlighting_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/Moonlighting_ArticleBlogBanner.jpg6/23/2016 8:42:15 AM0185239aspx4488http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-06-22T22:00:00ZDie verdien van ekstra geld buite werksure klink dalk na ʼn goeie idee. Maar wat as die werkgewer daarteen beswaar het? Hoef die werknemer van ekstra aktiwiteite buite werksure aan die werkgewer verslag te doen? Die antwoord is nie eenvoudig nie.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam