Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

Ons is almal op soek na daardie towerformule vir sukses en meer in ons besighede. Raad wat vir die een besigheid werk, werk nie noodwendig vir ʼn ander een nie. Die bewyse kom eers wanneer die idees en advies-elemente in werking gestel is. Dit is nie nodig om alles op die spel te plaas nie, maar selfs ʼn klein bietjie moeite sal gou genoeg wys watter van die ingestelde elemente meriete dra.

Hierdie artikel sal op die eerste drie van die volgende vyf onderwerpe fokus:

  • Eerste Indrukke
  • Hou jou woord
  • Kry die presiese punt
  • Sorg vir toegang tot ʼn klankbord en
  • Oplettendheid vs onkunde

Die artikel is daarop gemik om jou te voorsien van ʼn lys ‘maklik implementeerbare’ riglyne en vrae om te oordink, wat jou in staat sal stel om ʼn paar van die ‘blindekolle’ in jou besigheidsbedrywighede te identifiseer, en dit dan aan te pak.

1. Eerste Indrukke

Wanneer jy iemand persoonlik ontmoet

Daar word gesê dat ons 7 sekondes het om ʼn goeie indruk op iemand anders te maak.

Hier is enkele wenke:

  • Wees toepaslik aangetrek en versorg
  • Glimlag – dit verhoog die waarskynlikheid dat jy vertrou sal word en jy sal meer toeganklik lyk
  • Hou jou handdruk ferm
  • Praat stadig – dit is ʼn teken van selfvertroue
  • Maak oogkontak
  • Tree met respek teenoor die ander persoon op
  • Kry die persoon se naam van die begin af reg – ook die uitspraak

Hoe lyk jou besigheidsperseel?

  • Is jou handelsmerk sigbaar – binne en buite?
  • Wat is die kleredragreëls vir jou werknemers wat met kliënte werk?
  • Hoe lyk die ontvangsgebied?
  • Hoe skoon is jou meubels, vensters, die sypaadjie buite die besigheidsperseel en die
  • parkeergebied?

Beantwoording van die telefoon – telefoon-etiket

  • Hoe lank lui die telefoon voor dit beantwoord word?
  • Het jy ʼn antwoorddiens waar die kliënte vir ewig moet aanhou, of deur lang lyste
  • deurskakelopsies moet werk?
  • Is die persoon wat die telefoon beantwoord hoflik en professioneel?
  • Geskied die beantwoording van die telefoon volgens ʼn gestandaardiseerde draaiboek?
  • Is daar ʼn prosedure vir die neem en opvolg van boodskappe?

Jou webtuiste – die 24/7/365-venster op die wêreld

Daar is 3 kritieke, ononderhandelbare elemente wat deur jou webtuiste aangespreek moet word:

  • Dit moet duidelik sê wie jy is;
  • Watter behoeftes jy aanspreek of watter probleme jy oplos; en
  • Hoe kliënte jou kan kontak.

Ander oorwegings sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk nie:

  • Hoe professioneel lyk die webtuiste?
  • Werk al die skakels en vorms? Word dit deurlopend nagegaan? Verskyn "Error 404" ooit?
  • Is die inhoud op datum (artikels, produk-/dienskatalogusse, pryse, en vorige en toekomstige
  • gebeure)?

Besigheidsvoertuie

  • Hoe skoon is hulle?
  • Is hulle meganies goed onderhou (beperkte aantal/geen voertuie wat breek nie)?
  • Is die handelsmerk/sierskrif steeds duidelik sigbaar?
  • Voldoen die gedrag van die bestuurders aan jou standaarde?

2. Hou jou woord – Die kern daarvan

Jou persoonlike integriteit en dié van jou besigheid is op die spel, aangesien kliënte/besigheidsgenote/verkopers en werknemers op jou woord moet kan reken wanneer hulle met jou besigheid doen.

Dink aan:

MVergaderings

  • Hou jy by die datum en tyd?
  • Die lewe loop soms skeef – hou die kommunikasiekanaal oop om ʼn ander vergadering te reël, indien nodig. Mense verstaan gewoonlik en sal akkommoderend wees. Hulle verwag dat ons hulle met respek behandel en dit beteken dat ons erken dat hulle vir ons en ons besigheid belangrik

    Kwotasies

    • Maak seker dat die kwotasie binne die afgesproke tyd gelewer word. Talle besighede daag op om ʼn kwotasie te doen, maar doen nie die moeite om dit dan in te stuur nie. Ons besigheid se reputasie kan kwaai skade ly.

    Wanneer iemand anders in jou besigheid iets namens jou onderneem

    • Indien dit ʼn fout was – vra die ander party om jou van die onderneming vry te stel, of kom dit na (indien dit nie tot bankrotskap sal lei nie). Jy sal baie welwillendheid by die ander party skep.

    Dit is maklik – doen wat jy sê en wat jy belowe om te doen.

    3. Kry die presiese punt

    Die ‘towerkrag’ van die verkoopsproses

    Dit is wanneer ʼn kliënt met ʼn behoefte en wat bereid is om vir ʼn oplossing te betaal, ʼn produk- of diensverskaffer ontmoet; d.w.s. iemand wat die behoefte kan vervul, of oplos.

    Skakel vermorsing in die toepassing van hulpbronne uit

    Hulpbronne in ʼn besigheid word vermors wanneer daar ʼn gebrek aan fokus is, geen definisie van die kliënt en teikenmark is nie en wanneer die besigheid buite sy vaardigheidsgebied bedryf word, deur werk te aanvaar wat nie by hulle stel vaardighede pas nie en waaroor hulle nie opgewonde raak nie.

    Die ideale kliënt- en teikenmarkprofiel

    Jy kan die volgende elemente, of ʼn kombinasie daarvan, gebruik om ʼn kliëntprofiel te ontwikkel, wat jou in staat sal stel om ʼn nismark te identifiseer waarop jy jou bemarkings- en verkoopspogings kan fokus:

    • Individuele inkomste
    • Huwelikstaat
    • Kwalifikasies
    • Werkstatus
    • Geografiese ligging
    • Wins en/of omset, of aantal werknemers, indien die kliënt ʼn besigheid is

    Probeer ook die oorsprong van kliënte se belangstelling identifiseer, aangesien dit jou sal help om jou bemarkingsaksies en verkoopsondernemings te fokus.

    Uitkomste – wanneer ons dit regkry, sal dit uiteindelik lei tot die sluit van ʼn ooreenkoms en die verkoop van meer produkte en dienste.

    Wees op die uitkyk vir die tweede artikel wat sal fokus op:

    • Sorg vir toegang tot ‘n klankbord en
    • Oplettendheid vs onkunde

    Om besigheidseienaars in die belangrike taak van besigheidsbeplanning te ondersteun, gee Sanlam jou gratis toegang tot die boek, Your Annual Business Game Plan for Success, wat ʼn maklike en eenvoudige raamwerk bied vir die opstel van ʼn goed-gestruktureerde wedstrydplan, om die positiewe verandering en groei wat vir besigheidsukses nodig is, te skep. Gaan na Sanlam Game Plan om jou gratis kopie af te laai.

Artikel geskryf deur Jannie Rossouw, Hoof: Sanlam Besigheidsmark

 

 

Beurtkrag – Moet werknemers betaal word?Beurtkrag – Moet werknemers betaal word?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/beurtkrag-moet-werknemers-betaal-word.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Bus_blog_loadShedding.jpg, /businessblog/PublishingImages/Bus_blog_loadShedding.jpg4/9/2019 9:04:33 AM0168789aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-04-08T22:00:00ZBeurtkrag is besig om ʼn vernietigende impak op besighede te hê.
Die belastingstruktuur moet in lyn met die groeidoelwit weesDie belastingstruktuur moet in lyn met die groeidoelwit weeshttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-belastingstruktuur-moet-in-lyn-met-die-groeidoelwit-wees.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/NationalBudget_ArticleBlogBanner2.jpg, /businessblog/PublishingImages/NationalBudget_ArticleBlogBanner2.jpg3/14/2017 11:24:17 AM0168797aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2017-03-13T22:00:00ZDie aandag is sterk gefokus op die wysigings aan die belastingbedeling in vanjaar se Nasionale Begroting, aangesien die Nasionale Tesourie sy voorneme om ʼn bykomende R28 miljard oor die huidige finansiële jaar in te samel, deurgevoer het.

 Related Posts

 

 

Vrywillige WerkersVrywillige Werkershttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/vrywillige-werkers.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg7/14/2016 12:47:29 PM0192323aspx7336http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-07-13T22:00:00ZAlle werkers, onbetaalde vrywilligers ingesluit, het ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke. Tog word “onbetaalde werknemers wat vir welsynsorganisasies werk” spesifiek van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitgesluit.
Diskriminasie op grond van godsdiensDiskriminasie op grond van godsdienshttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/diskriminasie-op-grond-van-godsdiens.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Bus_blog_discrimination.jpg, /businessblog/PublishingImages/Bus_blog_discrimination.jpg3/6/2019 8:29:49 AM0168810aspx376http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-03-05T22:00:00ZAanhangers van sekere godsdienste is traag om op hulle sabbat of ander heilige dae te werk. In sommige gevalle weier hulle selfs. Maar wat as so ʼn weiering met die werkgewer se bedryfsbehoeftes bots?

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam