Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

Spinasie, die begeerte om homself te bewys en ʼn opregte omgee-ingesteldheid het Lufefe Nomjana en sy spinasiegebaseerde bakkery in ʼn trotse besigheid, wat nou begin het om aan ʼn plaaslike kettingwinkel te voorsien, verander.

En, hoewel Lufefe se droom dalk gebou is op die besef dat hy meer het om aan sy gemeenskap te bied en die passie om ʼn verskil te maak, is dit net harde werk wat hierdie jong entrepreneur in ʼn suksesvolle besigheidsman omskep het.

Hy het in eenvoudige omstandighede in die Oos-Kaap grootgeword en skool teen die ouderdom van 17 verlaat om Kaapstad toe te kom, werk te kry en te help om sy ma en jonger broers te onderhou.

“Ek het op my eie in ʼn plakkershut in Kaapstad gewoon en op die een of ander manier het ek by ʼn lewe van drank en kriminele aktiwiteit betrokke geraak. Ek het steeds gestudeer, maar Graad 11 gedruip. As rolmodel en spanleier onder my vriende het ek gou besef dat ek my lewe sou moes verander as ek van my ou lewe wou ontsnap en suksesvol wou wees.

“My ma het Kaap toe gekom om hier te kom woon en ek het Graad 11 herhaal en geslaag. In my agterkop het ek die besef en die doelwit gehad om my lewe te verbeter, maar ek het nog nie geweet hoe ek dit sou doen nie.”

Lufefe sê dat hy uiteindelik sy matrieksertifikaat bekom en vir ʼn kleremaatskappy begin werk het, waar hy die geleentheid gehad het om ook klere aan te koop en in sy vrye tyd te verkoop. Daarna het hy vir ʼn versekeringsmaatskappy gewerk, waar hy ondervinding opgedoen het oor hoe om klante te hanteer en produkte te verkoop.

“Op ʼn dag het ek besluit om as vrywilliger by ʼn plaaslike gemeenskapstuin, waar spinasie geplant is, te gaan werk en dit het my gedagtes aan die gang gesit oor die moontlikhede hoe spinasie – as ʼn gesondheidskos – by produkte wat daagliks verbruik word, ingesluit kan word.”

As iemand wat in Khayelitsha gewoon en gewerk het, het Lufefe die uitdagings rakende ʼn gesonde leefstyl en gesonde eetgewoontes in ʼn township verstaan. “Ek het aanlyn gaan leer oor bestanddele en hoe om te bak, aangesien ek niks daarvan geweet het nie. So het ek die resep vir spinasie in brood ontwikkel en begin om my produkte onder die naam Espinaca Express Bakery te verkoop.”

Hy onthou dat hy in die begin douvoordag opgestaan het om die bestanddele te meng en brood in ʼn emmer in sy hut te knie, voor hy dit om 3 vm in ʼn buurman se oond gaan bak het tot 6 vm, waarna hy dit op die plaaslike mark verkoop het.

“Maar my droom was groter as die hut waarin ek gewoon het, en ek het besef dat die omstandighede nie as kosverkooppunt geskik was nie. Ek het gou genoeg besef dat ek hulpbronne benodig.” Met behulp van befondsing deur ʼn plaaslike bank was Lufefe – nou as die Spinasiekoning in Khayelitsha bekend – in staat om ʼn vraghouer aan te koop en ʼn behoorlike bakkery in te rig.

Soos hy sy produk begin bemark en verkoop het, het hy ook baie moeite gedoen om die plaaslike gemeenskap oor die voordele van ʼn gesonde leefstyl en gesonde eetgewoontes op te voed.

“Ons lewer per fiets af om die boodskap oor ʼn gesonde leefstyl te beklemtoon en ek dink mense begin om my produkte te verstaan, terwyl baie mense voorheen gedink het dat gesonde kos baie duurder moes wees en dus waarskynlik nie vir hulle bedoel is nie.”

Vandag, sê Lufefe, ding Espinaca-broodverkope in ʼn Khayelitsha-kleinhandelaar goed mee met ander produkte.

“Vir my gaan dit nie soveel oor die geld nie, maar oor die inwerkingstelling van my plan en om te sien hoe my produkte gebak, verkoop en geniet word. My droom bly om ʼn invloed op my gemeenskap te hê en mense se lewens deur gesonde eetgewoontes en ʼn gesonde leefstyl te verbeter.”

Espinaca Innovations het onlangs ʼn nuwe restourant/kafee in ʼn Khayelitsha-winkelsentrum oopgemaak, waar hulle meer as die bekende heerlike kolwyntjies en spinasiebrood sal verkoop. Lufefe het sy spyskaart uitgebrei met nuwe, gesonde produkte van spinasie, soos wraps, skommeldrankies, koekies, spinasiesop en nog vele meer.

“Die besigheid groei geweldig en die nuwe ontwikkelinge is baie opwindend. Ek het vyf werklose gegradueerdes gewerf om by die vernuwingspan aan te sluit en in hulle onderskeie dissiplines of studiegebiede te praktiseer. Ons sal binnekort nog ʼn tak in Stellenbosch oopmaak en die lewe is vol moontlikhede,” sluit Lufefe af.

As dit nou nie suksesvolle entrepreneurskap is nie ...!

 

 

Begunstigdefondse en die WerkgewerBegunstigdefondse en die Werkgewerhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/begunstigdefondse-en-die-werkgewer.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Retirement_fund_Banner.jpg, /businessblog/PublishingImages/Retirement_fund_Banner.jpg6/15/2018 11:07:50 AM01063aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2018-06-11T22:00:00ZIn hierdie artikel, onthul David Thomson, Senior Regsadviseur van Sanlam Trust, die verrassende statistieke wat onlangs in die “Sanlam Besigheidsmark Survey” vir 2018 deurgegee is.
Droogte en die diensverhoudingDroogte en die diensverhoudinghttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/droogte-en-die-diensverhouding.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Drought_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/Drought_ArticleBlogBanner.jpg3/7/2018 11:57:58 AM01093aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2018-03-06T22:00:00ZDie moontlike impak van die droogte op die diensverhouding moet nie onderskat word nie. Dit kan die werknemer se reg op vergoeding raak, indien dit vir werknemers onmoontlik word om te werk.

 Related Posts

 

 

Waarom 'n evaluasie van die verpakking van jou waarde-aanbod nodig isWaarom 'n evaluasie van die verpakking van jou waarde-aanbod nodig ishttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-evaluasie-van-jou-waarde.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Tips_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/Tips_ArticleBlogBanner.jpg6/24/2016 7:21:58 AM01086aspx3926http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-06-08T22:00:00ZIn ʼn wêreld waar die verbruiker koning is, raak dit al hoe moeiliker om jou produk of diens van dié van jou mededingers te onderskei, aangesien tegnologiese vordering dit moontlik maak om, ʼn presiese weergawe van ʼn produk of diens te maak.
Vrywillige WerkersVrywillige Werkershttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/vrywillige-werkers.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg7/14/2016 12:47:29 PM085412aspx5346http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-07-13T22:00:00ZAlle werkers, onbetaalde vrywilligers ingesluit, het ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke. Tog word “onbetaalde werknemers wat vir welsynsorganisasies werk” spesifiek van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitgesluit.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam