Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

In 'n wêreld waar die verbruiker koning is, raak dit al hoe moeiliker om jou produk of diens van dié van jou mededingers te onderskei, aangesien tegnologiese vordering dit moontlik maak om, binne 'n relatief kort tydperk, 'n presiese weergawe van 'n produk of diens te maak.

Deur deeglik oor die verpakking van jou waarde-aanbod te besin, kan jy tot verhoogde verkope bydra, aangesien dit die volgende voordele inhou:

  • • Herkenning van handelsmerk en produk/diens
    • • 'n Unieke kleur, of prent, of lettersoort in jou teks of slagspreuk, sal jou kliënte in staat stel om jou handelsmerk bo dié van jou kompetisie te herken.
    • • Produkverwante inligting op die verpakking bied aan kliënte nuttige kennis, bv.
      • • Gebruiksaanwysings
      • • Bestanddele (byvoorbeeld – is die produk biodegradeerbaar/gesond?)
      • • Adres van vervaardiger
      • • Kontakbesonderhede van vervaardiger
      • • “ISO”-standaard
      • • Strepieskode – vir maklike voorraadbeheer en prysvasstelling
  • • Die skep van 'n handelsmerk wat deur kliënte vertrou word
    • • Wanneer hulle jou verpakking sien, weet hulle wat hulle kan verwag:
      • • 'n Produk of diens van gehalte
      • • Gewaarborgde tevredenheid
      • • 'n Vernuwende/toonaangewende oplossing
      • • Goeie waarde vir geld
      • • Uitstekende diens en ná-verkopesorg
      • • Kundige personeel
  • • Beskerming van produkte
    • • Indien die verpakking voldoende geïsoleer is, sal dit skade aan produkte beperk en verseker dat kliënte 'n ten volle funksionerende en onbeskadigde produk koop.
    • • Dit verhoed besoedeling.
    • • Dit hou bederfbare goedere vars. ('n Verkoop-teen-datum as deel van die verpakking is noodsaaklik.)
  • • Vergelyking van produkte
    • • Indien jou verpakking maklik deur kliënte herken kan word, sal dit hulle help om jou produk te “vind”, aangesien hulle dan dalk reeds jou besigheid/handelsmerk vertrou.
    • • Gerief
    • • Optimale verpakking maak dit makliker om 'n fisiese produk te vervoer of te stoor. (Bv. koeldrankkratte – dit beskerm die bottel en maak dit makliker om te dra en te stoor.)
  • • Jou stilswyende bemarker
    • • Goeie verpakking kan 'n bate wees en kan gebruik word om bemarking en die trefwydte van jou mark-elemente te verbeter – d.w.s. kliënte sal jou produk herken wanneer dit geadverteer word.

“Niemand hou telling van hoeveel maal jy adverteer nie; hulle onthou slegs die indruk wat jy skep.” (vry vertaal) Bill Bernbach was 'n Amerikaanse kreatiewe direkteur in advertensiewese.

Dit is dalk net die moeite werd om die huidige verpakking van jou produkte te heroorweeg, ten einde 'n blywende positiewe verbintenis met jou produkte/handelsmerk/besigheid by jou kliënte te vestig.

Om besigheidseienaars in die belangrike taak van besigheidsbeplanning te ondersteun, gee Sanlam jou gratis toegang tot die boek, Your Annual Business Game Plan for Success, wat 'n maklike en eenvoudige raamwerk bied vir die opstel van 'n goed-gestruktureerde wedstrydplan, om die positiewe verandering en groei wat vir besigheidsukses nodig is, te skep.

Gaan na www.sanlamgameplan.co.za on jou gratis kopie af te laai.

Artikel geskryf deur Jannie Rossouw, Hoof: Sanlam Besigheidsmark

 

 

5 Dinge wat jou besigheid ten goede sal verbeter (Artikel 1 van 2)5 Dinge wat jou besigheid ten goede sal verbeter (Artikel 1 van 2)http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/dinge-wat-jou-besigheid-ten-goede-sal-verbeter.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/things_that_chnge_banner.jpg, /businessblog/PublishingImages/things_that_chnge_banner.jpg3/20/2019 5:58:51 AM088aspx74http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-03-18T22:00:00ZOns is almal op soek na daardie towerformule vir sukses en meer in ons besighede. Raad wat vir die een besigheid werk, werk nie noodwendig vir ʼn ander een nie.
5 Dinge wat jou besigheid ten goede sal verbeter (Artikel 2 van 2)5 Dinge wat jou besigheid ten goede sal verbeter (Artikel 2 van 2)http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/verbeter-jou-besigheid.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/things_that_chnge_banner.jpg, /businessblog/PublishingImages/things_that_chnge_banner.jpg4/16/2019 2:06:56 PM015788aspx299http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-04-15T22:00:00ZOns is almal op soek na daardie towerformule vir sukses en meer in ons besighede. Raad wat vir die een besigheid werk, werk nie noodwendig vir ʼn ander een nie. Die bewyse kom eers wanneer die idees en advies-elemente in werking gestel is.

 Related Posts

 

 

Die besluit om werkers oortollig te verklaarDie besluit om werkers oortollig te verklaarhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-besluit-om-werkers-oortollig-te-verklaar.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/retrench-blog.jpg, /businessblog/PublishingImages/retrench-blog.jpg6/12/2019 10:29:47 AM046352aspx195http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-06-11T22:00:00ZOm werknemers met ʼn fait accompli te konfronteer, kan die proses die nekslag toedien. Maar beteken dit dat ʼn werkgewer nie enige mening mag vorm voordat daar gekonsulteer is nie?
Die afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanDie afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-afswaai-in-besigheidswinste-en-die-implikasies-daarvan.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpg, /businessblog/PublishingImag/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpges/SanlamBlog_The%20downturn%20in%20business.jpg6/24/2016 7:26:27 AM091703aspx4913http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-05-11T22:00:00ZSuid-Afrikaanse besighede is onder druk. Die totale netto bedryfsoorskot (NBO) vir alle korporasies (verteen-woordigend van besigheidsverdienste) het verlede jaar met 3.8% gedaal.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam