Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

Die aandag is sterk gefokus op die wysigings aan die belastingbedeling in vanjaar se Nasionale Begroting, in Februarie 2017 deur Minister Gordhan gelees, aangesien die Nasionale Tesourie sy verklaarde voorneme om ʼn bykomende R28 miljard oor die huidige finansiële jaar van belastingbetalers in te samel, deurgevoer het.

Die Minister het, heeltemal tereg, besluit om ekwiteit te bevorder in die belastingstelsel, deur ʼn nuwe boonste marginale belastingkategorie bekend te stel en die top marginale belastingkoers van 41% na 45% te verhoog. Ook het die Tesourie, ten einde “horisontale ekwiteit” te bevorder, die terughoubelastingkoers op dividende van 15% na 20% verhoog (wat na raming ʼn bykomende R6.8 miljard in inkomste sal lewer), om die gaping tussen die top marginale inkomstebelastingkoers vir individue en die gekombineerde statutêre belastingkoers op dividende1 te vernou.

Waar daar van die bekendstelling van die nuwe top marginale belastingkategorie en belastingkoers verwag word om R4.4 miljard tot die nasionale belastinginkomste toe te voeg, sal die groot meerderheid van belastingbetalers egter getref word, aangesien die Minister nog R12.1 miljard opraap deur slegs gedeeltelik vir blokkruiping ten bedrae van R2.5 miljard te vergoed. Volledige verligting deur die aanpassing van belastingkategorieë sou R14.6 miljard beloop het.

Indirekte belasting, die gewone sondebelastingverhogings en die aanpassing van die brandstof- en POF-heffings, in die Tesourie ʼn verdere R5.1 miljard, maar die algehele belastingverhogings bevorder die insameling van direkte belasting en belasting op inkomste uit spaargeld, eerder as indirekte belasting.

Uit die oogpunt van die ondersteuning van groei, is hierdie aanpassings nie optimaal nie. Die terughoubelasting op dividende verlaag die opbrengs op spaargeld, wat, met inagname van Suid-Afrika se tekort aan besparing om investering te finansier, nie ideaal is nie, terwyl verhoogde belasting op inkomste die aansporing om te werk verlaag.

ʼn Beter opsie sou gewees het om die BTW-koers te verhoog. ʼn 1% verhoging in BTW kon die grootste deel van die ekstra R28 miljard gelewer het wat die Tesourie in die huidige finansiële jaar wou invorder, met die bykomende voordeel dat verbruik eerder as besparing geteiken word. Daar is betoog dat BTW nie verhoog moet word nie, omdat dit ʼn regressiewe belasting is. Nietemin kan hierdie nadeel deur zero-taksering en uitsluitings met betrekking tot produkte wat die grootste gedeelte van die inkopiemandjie van die armes uitmaak, aangespreek word. Die Nasionale Tesourie meld inderdaad in sy 2017 Begrotingsoorsig dat BTW eintlik marginaal progressief is. Ook in die 2016 Begrotingsoorsig is gemeld dat Suid-Afrika se BTW-koers laag is, vergeleke met ander lande en dat persoonlike en maatskappy-inkomstebelastingkoerse vergelykenderwys hoog is.

Vir die toekoms is die vraag of die belastinglas verder gaan verhoog, of nie. Inligting tans beskikbaar dui daarop dat die antwoord ja is. Daar word verwag dat gekonsolideerde regeringsinkomste van 29.4% van BBP in 2016/17 na 29.8% van BPP in 2017/18 en verder tot 30.1% van BBP teen 2019/20 sal styg. Die Tesourie het spesifiek aangedui dat dit waarskynlik bykomende inkomsteverhogings-maatreëls in werking sal stel, wat in die belastingjaar 2018/19 ʼn totaal van R15 miljard sal beloop.

Ten minste kan die bespreekte bekendstelling van suikerbelasting, verwagte opbrengs uit die vrywillige bekendmakingsprogram vir nienakomende belastingbetalers met onverklaarde buitelandse bates en maatreëls om basis-erosie en oordragprysvasstellingstaktiek deur maatskappye teen te werk, beduidende bedrae in inkomste, wat nog nie by die Tesourie se inkomstevooruitskattings ingesluit is nie, invorder.

Alles in ag genome, ten einde die bruto leningskuldverhouding teen ongeveer 53% van BBP in 2018/19 te stabiliseer, moet die ekonomie ʼn volgehoue ekonomiese opswaai lewer, met geen ruimte vir netto nuwe besteding aan, byvoorbeeld, die broodnodige verbeteringe in die gesondheidsdienssektor nie. Die hoofbegroting se besteding per capita, rente uitgesluit, het oor onlangse jare inderdaad onveranderd gebly, aangesien die Tesourie pligsgetrou by sy uitgaweplafon gehou het. Intussen, hoewel die Minister bestedingsbesnoeiings van R26 miljard oor die volgende twee jaar aangekondig het, is hierdie bedrag bo en behalwe die R25 miljard bestedingsbesnoeiings wat vir 2017/18 en 2018/19 aangekondig is, toe die begroting in Februarie 2016 gelees is. Gevolglik beloop kumulatiewe bestedingsbesnoeiingsmaatreëls oor die tydperk R51 miljard.

SA regering se bruto leningskuld – histories en vooruitgeskat

Bron: SA Reserve Bank, SA National Treasury

Dit alles laat Suid-Afrika in ʼn onbenydenswaardige posisie. Te oordeel aan ondervinding elders, behels ʼn ideale fiskale konsolidasieprogram die vermindering van die regering se verbruiksbesteding ten gunste van kapitaalbesteding, beskerming van die openbare sektor se balansstaat en die belyning van belastingbeleid om spaar en reële ekonomiese aktiwiteit te ondersteun.

ʼn Werkloosheidskoers van 26.5% maak dit egter moeilik om besteding verder te besnoei. Voorts, met die verhoogde klem op die belas van inkomste en spaargeld en die verswakkende tendens in die openbare sektor se balansstaat in ag geneem, is dit duidelik dat Suid-Afrika nie op die pad van optimale fiskale konsolidasie is nie, wat impliseer dat langtermynrisiko bly voortduur, ook vir belastingbetalers.

Moontlike aanpassings word nie beperk tot belastingkoerse nie. In die Mediumtermynbegrotingsbeleids-verklaring van 2016, asook in die 2017 Begrotingsoorsig, het die Nasionale Tesourie, byvoorbeeld, aangedui dat dit besig is om faktore wat “die korporatiewe belastingbasis, belastingaansporings en aftrekkings vir oormatige skuldfinansiering insluit” te hersien. Die Tesourie dui aan dat belastingaansporings, direkte oordragte en belasting- en tariefkortings ingesluit, hersien moet word om hulle impak op reële ekonomiese aktiwiteit en werkskepping vas te stel. Waar die koste die voordele oorskrei, sal die aansporing moontlik herroep word.

Die Tesourie dui ten minste in sy 2017 Begrotingsoorsig aan dat die leerderskap-belastingaansporing help om vaardigheidsversterking te ondersteun. Dit is na 2022 verleng en word ook aangepas om ondersteuning vir die ontwikkeling van skaars vaardighede te verbeter. Voorts dui die Tesourie daarop aan dat die indiensnemings-belastingaansporing ʼn “matig-positiewe” impak op die indiensname van die jeug het, met geen “waarneembare” negatiewe effek nie. Gevolglik is dit na 2019 verleng, ten einde verdere navorsing af te handel.

Alles in ag genome, dui hierdie ontwikkelinge, onder andere, ongelukkig daarop dat onsekerheid rakende langtermynbelastingaanspreeklikheid egter kan voortduur, wat die aansporing om te belê, sal verlaag.

1 Korporatiewe inkomstebelasting word voor die distribusie van dividende betaal

Geskryf deur Arthur Kamp, Beleggingsekonoom, Sanlam Beleggingsbestuur

 

 

Voorbereiding vir KI: Is jou besigheid gereed?Voorbereiding vir KI: Is jou besigheid gereed?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/is-jou-besigheid-gereed-vir-ki.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Bus_blog_xero.png, /businessblog/PublishingImages/Bus_blog_xero.png2/7/2019 2:17:58 PM088393aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-02-06T22:00:00ZOns kan nie meer in die toekomstige tyd van kunsmatige intelligensie (KI) praat nie: dis hier en dis besig om die wêreld te verander. Besigheidsintelligensie- en ontledingsprosesse word vinnig geoutomatiseer.
Is jou ‘besigheidstestament’ die papier werd waarop dit geskryf is?Is jou ‘besigheidstestament’ die papier werd waarop dit geskryf is?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/is-jou-besigheidstestament-die-papier-werd-waarop-dit-geskryf-is.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/BusinessWill_ArticleBlogBanner_Linkedin.jpg, /businessblog/PublishingImages/BusinessWill_ArticleBlogBanner_Linkedin.jpg10/13/2017 9:35:56 AM088394aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2017-10-12T22:00:00ZAs ʼn besigheidseienaar is jy trots op jou nalatenskap – ongeag die grootte daarvan. Dit is dus voor die hand liggend dat jy ʼn testament sal hê om seker te maak dat jou geliefdes die voordeel van jou lewenslange arbeid sal geniet.

 Related Posts

 

 

Vrywillige WerkersVrywillige Werkershttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/vrywillige-werkers.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg7/14/2016 12:47:29 PM0192323aspx8164http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-07-13T22:00:00ZAlle werkers, onbetaalde vrywilligers ingesluit, het ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke. Tog word “onbetaalde werknemers wat vir welsynsorganisasies werk” spesifiek van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitgesluit.
Die afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanDie afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-afswaai-in-besigheidswinste-en-die-implikasies-daarvan.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpg, /businessblog/PublishingImag/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpges/SanlamBlog_The%20downturn%20in%20business.jpg6/24/2016 7:26:27 AM088335aspx5610http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-05-11T22:00:00ZSuid-Afrikaanse besighede is onder druk. Die totale netto bedryfsoorskot (NBO) vir alle korporasies (verteen-woordigend van besigheidsverdienste) het verlede jaar met 3.8% gedaal.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam