Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

Nomfundo Mcoyi, wenner van die 2017 Mediumgrootte Besigheid, Entrepreneur van die Jaar-toekenning, geborg deur Sanlam en Business Partners, skram nie van uitdagings af weg nie. In net nege jaar het sy ʼn multinasionale begrafnisdiensgroep met 67 takke in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk opgebou. Toe die Icebolethu Groep in 2009 begin is, het hulle net vyf personeellede gehad. Vandag het die groep meer as 500 werknemers en spesialisafdelings vir begrafnisse, spyseniering, grafstene, blomme en finansiële dienste.

Waar het dit alles begin? Die Icebolethu Groep het sy oorsprong in Nomfundo (43) se spysenieringsbesigheid van voor sy Icebolethu begin het. “Wanneer ons die spyseniering vir begrafnisse gedoen het, het ek gesien hoe min dienste daar beskikbaar was vir diegene wat oor hulle geliefdes rou. Mense moes na baie verskillende plekke toe gaan om een begrafnis te reël. In 2009 het ek Icebolethu Funerals begin, met die doel om ʼn ‘eenstopwinkel’ vir ons kliënte te wees. Ek wou seker maak dat ons kliënte op gladde en waardige wyse hierdie moeilike tyd deursien,” sê sy.

Een van Nomfundo se grootste uitdagings was om vastrapplek te vind in ʼn bedryf wat tradisioneel deur mans oorheers is. “Toe ek aanvanklik begin het, was dit moeilik om kliënte sover te kry om te glo en te vertrou dat ʼn vrou in staat was om ʼn waardige begrafnis vir die ‘man van die huis’ aan te bied,” sê sy. Haar deursettingsvermoë het egter vrugte afgewerp en vandag staan kliënte tou om van die groep se dienste gebruik te maak; insluitend Icebolethu Funerals, Icebolethu Caterers, Ikhayelihle Tombstones, die Valley of Lilies Floral Boutique en Icebolethu Financial Services.

Icebolethu se grootste uitdaging was om in 2015 ʼn tak in die Verenigde Koninkryk oop te maak. “Op reis in die VK het ek agtergekom dat daar baie Suid-Afrikaners en ander uit die SAOG-lande in die VK woon en daar begrawe word, omdat hulle nie kan bekostig om in hulle eie lande begrawe te word nie. As ʼn mede-Suid-Afrikaner het dit my nogal onstel. Ek wou Afrikane in die VK help deur ʼn bekostigbare pakket saam te stel om hulle na hulle eie lande te laat repatrieer. Dit was feitlik onmoontlik om ʼn tak in die VK oop te maak, maar my geloof in my produk en my ywer om ʼn verskil in mense se lewens te maak, het my aangespoor. Nou het ons Britse en Afrika-kliënte wat van ons diens uit ons Londen-kantore in Canary Wharf gebruik maak,” sê sy.

Nomfundo het baie besigheidslesse in die proses geleer, maar wat vir haar die meeste uitstaan, is hoe belangrik dit is om duidelik te weet wat jou besigheid se identiteit is. “Elke besigheid is uniek. Jy moet navorsing doen en jou kultuur as ʼn besigheid opbou, en ook seker maak dat jy daardie unieke iets identifiseer wat jou van die res van die besighede in jou bedryf sal onderskei. Passie vir dit wat jy doen, is ook baie belangrik. My passie lê in mense help. Die bedryf waarin ek is, laat my toe om mense te help deur ʼn bekostigbare begrafnispakket beskikbaar te stel. Ek is ook in staat om mense te help deur werk te skep.”

In 2015 het Nomfundo die groep se gemeenskapsontwikkelingsafdeling, die Icebolethu Foundation, gestig, wat hoofsaaklik op die opheffing van bejaarde vroue en kinders fokus. “Die stigting lê my baie na aan die hart. My vreugde word aangedryf deur die dankbare glimlagte van jong seuns en dogters wanneer ons vir hulle splinternuwe skooluniforms en rekenaars vir hulle skole gee. Ek voel heel wanneer ek oumas van vreugde en dankbaarheid sien dans as ons vir hulle ʼn maand se kruideniersware gee, en ʼn volledig gemeubileerde huis aan ʼn bejaarde vrou oorhandig,” sê sy.

Die stigting fokus ook sterk op opvoeding. “Ek was ag jaar lank ʼn opvoeder, dus het ek ʼn sterk en positiewe siening van opvoeding. Soos Michelle Obama sê: ‘Hoe meer opgevoed ʼn land is, hoe sterker is dit.’ Die Icebolethu Foundation sal die 100 Skaars Vaardighede Loopbaan-Indaba van 31 Julie tot 2 Augustus 2018 aanbied, waar ons 15 000 graad 9-leerders aan 100 skaars vaardighede bekend sal stel, wat hulle kan leer om hulle loopbane te vorm. Ek mik daarna dat die kinders daar sal uitkom met ʼn honger na opvoeding en hoop vir hulle toekoms, ongeag die agterstande in hulle agtergrond,” sê sy.

Toekennings en eerbetoon is nie vreemd vir Nomfundo nie. Sy is onlangs met die International Recognition Award by die Women Appreciating Woman Awards in Londen vereer (waar sy ook die toekenning as ‘bes geklee’ opgeraap het). Verlede jaar het ʼn virend Nomfundo aangemoedig om vir die Entrepreneur van die Jaar (EOY), geborg deur Sanlam en Business Partners , in te skryf en sy het ingestem met die hoop om die prysgeld vir die Icebolethu Foundation te wen. “The EOY-kompetisie was anders as die res van die toekennings en kompetisies waarvoor ek voorheen ingeskryf en wat ek gewen het. Dit was ʼn baie streng proses en is noukeurig en deeglik gedoen. Dit was billik en op grond van feite beoordeel, wat my die wen van die toekenning selfs meer laat waardeer het,” sê sy.

Dit is duidelik dat daar geen keer aan hierdie ambisieuse Suid-Afrikaanse entrepreneur is nie. Knap gedaan, Nomfundo – ons sien daarna uit om dop te hou hoe Icebolethu in die toekoms groei.

 

 

Voorbereiding vir KI: Is jou besigheid gereed?Voorbereiding vir KI: Is jou besigheid gereed?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/is-jou-besigheid-gereed-vir-ki.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Bus_blog_xero.png, /businessblog/PublishingImages/Bus_blog_xero.png2/7/2019 2:17:58 PM088393aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-02-06T22:00:00ZOns kan nie meer in die toekomstige tyd van kunsmatige intelligensie (KI) praat nie: dis hier en dis besig om die wêreld te verander. Besigheidsintelligensie- en ontledingsprosesse word vinnig geoutomatiseer.
Is jou ‘besigheidstestament’ die papier werd waarop dit geskryf is?Is jou ‘besigheidstestament’ die papier werd waarop dit geskryf is?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/is-jou-besigheidstestament-die-papier-werd-waarop-dit-geskryf-is.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/BusinessWill_ArticleBlogBanner_Linkedin.jpg, /businessblog/PublishingImages/BusinessWill_ArticleBlogBanner_Linkedin.jpg10/13/2017 9:35:56 AM088394aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2017-10-12T22:00:00ZAs ʼn besigheidseienaar is jy trots op jou nalatenskap – ongeag die grootte daarvan. Dit is dus voor die hand liggend dat jy ʼn testament sal hê om seker te maak dat jou geliefdes die voordeel van jou lewenslange arbeid sal geniet.

 Related Posts

 

 

Vrywillige WerkersVrywillige Werkershttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/vrywillige-werkers.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg7/14/2016 12:47:29 PM0192323aspx8164http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-07-13T22:00:00ZAlle werkers, onbetaalde vrywilligers ingesluit, het ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke. Tog word “onbetaalde werknemers wat vir welsynsorganisasies werk” spesifiek van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitgesluit.
Die afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanDie afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-afswaai-in-besigheidswinste-en-die-implikasies-daarvan.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpg, /businessblog/PublishingImag/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpges/SanlamBlog_The%20downturn%20in%20business.jpg6/24/2016 7:26:27 AM088335aspx5610http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-05-11T22:00:00ZSuid-Afrikaanse besighede is onder druk. Die totale netto bedryfsoorskot (NBO) vir alle korporasies (verteen-woordigend van besigheidsverdienste) het verlede jaar met 3.8% gedaal.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam