Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Veggies

Dis TYD!

Nou die dag nog het ons Y2K en die oorgang van die millennium beleef en aan die einde van hierdie jaar tref ons reeds 2020. Die tyd vlieg, of ʼn mens nou pret het... of nie. Dis egter die “nie” waarop ek wil fokus.

Dis elke jaar dieselfde roetine. Ons het ʼn bietjie gewig oor die feestyd opgetel en ons moet nou daardie kilogramme, asook al die oortollige vriende wat ons oor die afgelope paar jaar aangepak het, afskud. Ons besluit ons moet spaar en meer geld belê, meer gehaltetyd saam met ons gesinne bestee, meer reis, uiteindelik ons besigheid ‘regmaak’, ons verhoudings herstel, ens. Baie van hierdie ideale is dieselfde as wat ons aan die begin van 2018 en 2017 gehad het, en selfs vir baie jare voor dit. Ons nuwejaarsvoornemens hou gewoonlik tot omtrent die derde week van die maand, as ons gelukkig is, en dan klim ons maar weer op die stuuroutomaat-trapmeul waarop ons verlede jaar was.

Dis nie pret nie. Ek glo ook nie dit is ons doel as mense nie. So, wat kort? Inligting? Wel, ʼn webtuistetjie met die naam Google het elke antwoord wat tans aan die mensdom bekend is. Miskien verstaan ons nie hoe om daardie inligting in werking te stel nie? Gelukkig besit dieselfde maatskappy ook ʼn webtuiste met die naam YouTube. Hier is daar ʼn instruksievideo, soms duisende per soekitem, wat verduidelik hoe om alles wat die mensdom tans weet, in werking te stel, in ʼn stap-vir-stap, maklik-volgbare tutoriaal. So, wat kort?

Vir my kom dit op 5 hoofareas neer, waarop jy moet fokus:

  1. Die rede waarom
    ʼn Mens het ʼn werklike dwingende rede nodig om verandering aan te bring en dit moet allesoorheersend word. Dink aan ʼn atleet wat by die volgende Olimpiese Spele ʼn goue medalje wil wen – duidelik, bondig en allesoorheersend vir ten minste 4 jaar. Wat is jou goue medalje en waarom wil jy dit hê? Stel dit absoluut duidelik en skryf dit neer.
  2. Daaglikse optrede
    As daar nie ʼn daaglikse fokus met doelbewuste en konsekwente optrede is nie, gaan jy eenvoudig nie daar kom nie. Klein, toenemende daaglikse stappe wat elke enkele dag gedoen word, sal jou daar kry. Vir ʼn atleet is selfs die rusdag doelbewus en gaan dit met spesifieke optrede gepaard. Tree elke dag op.
  3. Eksterne aanspreeklikheid
    Ongelukkig is mense lui en sal altyd probeer om die maklike uitweg te vind. Jou eie interne begeerte sal dikwels nie genoeg wees nie en jy moet eksterne aanspreeklikheid vind. Betaal ʼn afrigter, maak ʼn belofte aan jou gesin, stem in tot boetes of gevolge, maar moenie op jou eie innerlike krag vertrou nie. Daar is ʼn rede waarom alle professionele atlete afrigters het. Dis hoofsaaklik die eksterne aanspreeklikheid.
  4. Invloed
    Ek weet jy dink jy is ʼn supermens, maar jy kan dit nie alleen doen nie. Ons het almal hulp nodig en mense kan die bykomende invloed, wat jy nodig het, voorsien. Steun op diegene om jou. Vra vir ondersteuning. Inspireer ander om die pad saam met jou te stap. As jy ʼn missie het om iets groots te bereik, sal mense jou oor die algemeen wil ondersteun waar hulle kan. Met invloed deur mense word een plus een drie, vier, of selfs vyf.
  5. Herhaal
    Enigiets wat die moeite werd is om na te strewe, gaan moeilik wees. Dis veronderstel om te wees. Niemand het nog ooit enige vlak van grootheid bereik en gesê dat die reis maklik was nie. Gaan terug na stap 1 en herhaal al die stappe oor en oor tot jy slaag. Moenie ophou nie. Moenie jou aandag laat aflei nie. Moet beslis nie iets anders probeer nie. Hou die enkelvoudige fokus tot jy slaag en beweeg dan na iets anders aan.

Ek glo vas dat 2019 ʼn wonderlike jaar vir Suid-Afrika en vir Suid-Afrikaanse besighede oor die algemeen gaan wees. Ons sal natuurlik al die gewone beroering en verwarring voor die verkiesing hê, maar ek dink grondliggend is ons op die regte koers. Die sleutel tot jou sukses is egter om seker te maak dat jy die regte rigting vir jou en jou besigheid inslaan. Sodra jy duidelikheid het, maak seker dat jy elkeen van bogenoemde 5 stappe volg en moenie ophou tot jy jou gewenste bestemming bereik het nie.

Dis TYD. Maak 2019 die beste ooit.

Om besigheidseienaars in die belangrike taak van besigheidsbeplanning te ondersteun, gee Sanlam jou gratis toegang tot die boek, Your Annual Business Game Plan for Success, wat ʼn maklike en eenvoudige raamwerk bied vir die opstel van ʼn goed-gestruktureerde wedstrydplan, om die positiewe verandering en groei wat vir besigheidsukses nodig is, te skep. Besoek die Sanlam Game Plan webtuiste om jou gratis kopie af te laai.

Hierdie artikel is deur besigheidsafrigter, Harry Welby- Cooke, geskryf. Sien www.actioncoach.co.za vir meer inligting

 

 

Voorbereiding vir KI: Is jou besigheid gereed?Voorbereiding vir KI: Is jou besigheid gereed?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/is-jou-besigheid-gereed-vir-ki.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/Bus_blog_xero.png, /businessblog/PublishingImages/Bus_blog_xero.png2/7/2019 2:17:58 PM088393aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2019-02-06T22:00:00ZOns kan nie meer in die toekomstige tyd van kunsmatige intelligensie (KI) praat nie: dis hier en dis besig om die wêreld te verander. Besigheidsintelligensie- en ontledingsprosesse word vinnig geoutomatiseer.
Is jou ‘besigheidstestament’ die papier werd waarop dit geskryf is?Is jou ‘besigheidstestament’ die papier werd waarop dit geskryf is?http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/is-jou-besigheidstestament-die-papier-werd-waarop-dit-geskryf-is.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/BusinessWill_ArticleBlogBanner_Linkedin.jpg, /businessblog/PublishingImages/BusinessWill_ArticleBlogBanner_Linkedin.jpg10/13/2017 9:35:56 AM088394aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2017-10-12T22:00:00ZAs ʼn besigheidseienaar is jy trots op jou nalatenskap – ongeag die grootte daarvan. Dit is dus voor die hand liggend dat jy ʼn testament sal hê om seker te maak dat jou geliefdes die voordeel van jou lewenslange arbeid sal geniet.

 Related Posts

 

 

Vrywillige WerkersVrywillige Werkershttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/vrywillige-werkers.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg, /businessblog/PublishingImages/LabourNews2_ArticleBlogBanner.jpg7/14/2016 12:47:29 PM0192323aspx8164http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-07-13T22:00:00ZAlle werkers, onbetaalde vrywilligers ingesluit, het ʼn grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke. Tog word “onbetaalde werknemers wat vir welsynsorganisasies werk” spesifiek van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitgesluit.
Die afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanDie afswaai in besigheidswinste en die implikasies daarvanhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/die-afswaai-in-besigheidswinste-en-die-implikasies-daarvan.aspxhttp://www.sanlam.co.za/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpg, /businessblog/PublishingImag/businessblog/PublishingImages/SanlamBlogThedownturninbusiness.jpges/SanlamBlog_The%20downturn%20in%20business.jpg6/24/2016 7:26:27 AM088335aspx5610http://www.sanlam.co.za/businessblog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2016-05-11T22:00:00ZSuid-Afrikaanse besighede is onder druk. Die totale netto bedryfsoorskot (NBO) vir alle korporasies (verteen-woordigend van besigheidsverdienste) het verlede jaar met 3.8% gedaal.

 Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam