Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Soos enige ervare belegger jou sal vertel, is die geheim van slim belegging diversifikasie. En belegging in die buiteland is heel moontlik een van die beste maniere om te diversifiseer, veral as jy ’n ontluikendemark-belegger is, sê Francis Marais, Hoof van Navorsing by Glacier deur Sanlam.

In Suid-Afrika het belegging in die buiteland nog altyd as ’n skans teen politieke en ekonomiese onbestendigheid gedien. Dit was ook ’n manier om munt te slaan uit die skynbaar eenrigting-beweging van die verswakkende rand, om Suid-Afrikaners te help om min of meer tred te hou met wêreldwye koopkrag. Met inagneming van die feit dat 99% van die wêreld se genoteerde beleggingsgeleenthede buite Suid-Afrika is, is buitelandse belegging nou tereg in die visier van beleggers wat toegang wil hê tot beleggingsgeleenthede wat nie plaaslik beskikbaar is nie, sê Andrew Brotchie, Besturende Direkteur van Glacier International.

Die koste van belegging in die buiteland

Daar heers ’n algemene wanopvatting dat belegging in die buiteland slegs vir persone met ’n hoë netto waarde beskikbaar is. Die teendeel is egter waar – dit is vir almal toeganklik. “Hoewel die randwisselkoers dit duur kan maak om ’n beduidende beleggingsblootstelling in valutaterme op te bou, is daar talle geleenthede vir almal om oorsee te belê,” sê Brotchie. “Daar is plaaslike voederfondse met internasionale blootstelling, maar vir diegene wat hul geld behoorlik wil versprei deur in die buiteland te belê, raak die minimum vereistes vir regstreekse beleggings in die buiteland al hoe laer en meer toeganklik.”

“Daar heers ’n algemene wanopvatting dat belegging in die buiteland slegs vir persone met ’n hoë netto waarde beskikbaar is. Die teendeel is egter waar – dit is vir almal toeganklik,” sê Francis Marais, Hoof van Navorsing by Glacier deur Sanlam.

Kry die regte balans

Hoe verdeel jy dus jou beleggings? Die prentjie het oor die afgelope paar jaar verander en waar jy eers net 25% buitelandse blootstelling kon kry volgens Suid-Afrikaanse regulasies, kan jy nou omtrent die helfte van jou beleggingsportefeulje uit die land neem. “Daar is ook ’n toenemende bewustheid dat mense, afgesien van beleggingsbates, reeds ’n groot deel van hul welvaart in Suid-Afrika het – dink aan eiendom en pensioenfondse. Dit beteken al neem jy omtrent die helfte van jou diskresionêre geld land uit, sal jy algeheel waarskynlik nog steeds ’n groot oorgewig blootstelling aan Suid-Afrika hê,” sê Brotchie.

Wil jy meer weet?

Luister na Andrew Brotchie se topwenke vir belegging in die buiteland.

As leiers op die gebied van buitelandse beleggings, verstaan Glacier International die behoeftes van beleggers wat buitelandse blootstelling wil hê. Glacier bied ’n verskeidenheid beleggingsopsies wat die behoeftes van gesofistikeerde sowel as nuwe buitelandse beleggers dek.

Glacier Finansiële Oplossings (Edms) Bpk en Sanlam Lewensversekering Bpk is gelisensieerde verskaffers van finansiële dienste.
Glacier International is ’n afdeling van Sanlam Lewensversekering Beperk, ’n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste in Suid-Afrika.

 

 

Alles oor die vergelyking van kankervoordeleAlles oor die vergelyking van kankervoordelehttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/vergelyking-van-kankervoordele.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/comparing_cancer_banner.jpg, /blog/PublishingImages/comparing_cancer_banner.jpg1/29/2020 1:55:20 PM078199aspx341716http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2020-01-28T22:00:00ZKankerbehandeling is duur, en dan is daar nog die kostes verbonde aan leefstylveranderings, indiensneming van ’n versorger en vervoer na behandelingsentrums.
Doen goed waar jy kan en maak 2020 ’n wonderlike jaarDoen goed waar jy kan en maak 2020 ’n wonderlike jaarhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/doen-goed-en-maak-2020-wonderlik.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/do_good_banner.jpg, /blog/PublishingImages/do_good_banner.jpg1/29/2020 11:06:16 AM0106006aspx334206http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2020-01-28T22:00:00ZAan die einde van verlede jaar het Sanlam sy #NeverBeenABetterTime-platform bekend gestel, met die aangrypende storie van Enzokhule.

 Most Read

 

 

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam