Buitelandse Aanbieding

'n Dilemma waarmee hoënettowaarde-individue dikwels te make het, is hoe om die prestasie van hul buitelandse beleggings te optimaliseer maar steeds regstreeks met 'n Suid-Afrikaanse maatskappy sake te doen. Die identifisering van die regte internasionale vennote word van kritieke belang. As 'n SPI-kliënt is jy een van 'n uitgesoekte klompie wat dubbel bevoorreg kan wees. Jy het nie net toegang tot die top internasionale vennote nie, maar jy word ook verseker van omvattende plaaslike ondersteuning deur 'n toonaangewende Suid-Afrikaanse maatskappy. En jou eie SPI-bestuurder word natuurlik aangestel om persoonlike kontak te bied wat kundig én professioneel is.

 

'n Pasgemaakte buitelandse strategie vir jou.


Daar is nie twee mense wat om presies dieselfde redes in die buiteland wil belê nie, en hul vereistes is ook nooit heeltemal dieselfde nie. Elke strategie vir buitelandse belegging begin met jou eie omstandighede, en jou idees maak 'n baie belangrike deel van die opdrag uit. Ongeag of jou vereistes 'n internasionale aandelemakelaarsdiens, 'n pasgemaakte aandeleportefeulje, of toegang tot toppresterende effektetrusts is, kan ons noukeurig gekose internasionale vennote in al jou behoeftes voorsien.

 

Wat SPI jou kan bied?

  • 'n Nommerpas internasionale portefeulje

    Maak ten volle gebruik van die Pictet-span se vermoë om 'n internasionale beleggingsportefeulje volgens jou unieke persoonlike omstandighede saam te stel. By die opbou van jou optimale portefeulje gebruik Pictet die gepaste bateklasse en volle spektrum van beleggingsinstrumente om jou beleggingsdoelwitte te bereik. Die minimum belegging is VSA$400 000, en alhoewel die belegging van internasionale omvang is, kan jy VSA-dollars, pond Sterling, euro's of die Switserse frank verkies as die verslagdoeningsgeldeenheid. Jou beleggingsoplossing word pasgemaak oor 'n spektrum van risikoprofiele, bateklasse (of kombinasies daarvan) en geografiese gebiede heen. Jy het 24 uur per dag, 7 dae per week aanlyntoegang tot jou portefeulje met die mees moderne sekuriteit. Jou plaaslike portefeuljebestuurder is byderhand om interaksie met die Pictet-span te fasiliteer.

  • Internasionale portefeulje

     Hierdie opsie is spesifiek ontwerp vir SPI-kliënte wat voordeel uit Pictet se beleggingskundigheid wil trek, maar met heelwat laer intreevlakke. Die minimum belegging is VSA$50 000. Die volledige reeks beleggingsinstrumente en bateklasse word deur die Pictet-span gebruik, maar word vir doeltreffendheid in 'n effektetruststruktuur verpak. Jy kan kies uit 'n verskeidenheid effektetrust temas, byvoorbeeld Goud, Skoon Energie en Biotegnologie. Jou plaaslike portefeuljebestuurder kan jou beleggingskeuse implementeer.

  • Internasionale handelsrekening

    Dit is uiters geskik vir kliënte wat aan die beleggingsbesluite wil deelneem en die tyd en kennis het om daardie keuses te doen. Hierdie opsie is deur Pictet en Credo beskikbaar, maar die intreevlakke verskil. Vir Pictet is die minimum belegging VSA$400 000, terwyl dit in Credo se geval VSA$50 000 is. Jou beleggingskeuse word nie tot aandelemakelary beperk nie  -  dit kan enige genoteerde instrument op enige van die belangrikste aandelebeurse in die wêreld; kontantrekeninggeriewe in al die belangrikste geldeenhede, en toegang tot 'n groot aantal internasionale effektetrusts wees. Jou plaaslike portefeuljebestuurder is beskikbaar om jou beleggingsopdragte te verwerk.

  • Internasionale effektetrust portefeulje

    Hierdie opsie gee jou regstreekse toegang tot 'n noukeurig uitgesoekte verskeidenheid internasionale effektetrusts wat SPI beding het en aan kliënte beskikbaar stel. Die portefeulje sluit enkelbestuurde, multibestuurde en verskansingsfondse in. Die portefeuljebestuurder kan namens jou belê en jou beleggingsopdragte verwerk. Die administrasie en verslagdoening word vanuit Suid-Afrika gedoen.

 

  • Kies tussen die Buitelandse Gebalanseerde Fonds en Buitelandse Aandelefonds


    Hierdie fondse, albei kollektiewe beleggingskemas, stel beleggers in staat om hul portefeuljes te deur middel van beleggings in ontwikkelde finansiële markte te diversifiseer. Albei fondse is in Amerikaanse dollargebied gedomisilieer en word deur Pictet & Cie, die grootste private bank in Switserland en een van ons buitelandse vennote, bestuur.

    Die Buitelandse Gebalanseerde Fonds belê in aandele, effekte en kontant en poog om die maatstaffonds wat uit 40% buitelandse aandele, 40% buitelandse effekte en 20% buitelandse kontant bestaan, te uitpresteer. Die minimum beleggingsbedrag is $10 000. Die fonds se beleggingsdoelwit is om bogemiddelde kapitaalgroei op lang termyn te verskaf en die risikogradering is matig.

    Meer inligting:  Kliek hier om feitestaat af te laai

    Die Buitelandse Aandelefonds belê uitsluitlik in aandele en die fond se maatstaf is die MSCI-wêreldindeks. Die minimum beleggingsbedrag is $10 000. Die fonds se beleggingsdoelwit is om bogemiddelde kapitaalgroei op lang termyn te lewer. Omdat die portefeulje uit ‘n enkele bateklas bestaan, het dit ‘n risikogradering van matig aggressief.

    Meer inligting:  Kliek hier om feitestaat af te laai.

    Die feitestaat moet saam met die lys ooreenkomste en verskille tusen SA Effektetrustfondse en Ierse Effektetrustfondse gelees word.  Kliek hier om die dokument met die lys ooreenkomste en verskille tussen SA Effektetrustfondse en Ierse Effektetrustfondse af te laai.


  • Meer oor ons internasionale vennote:


    Principal Investment Holdings
    Ons stel met trots Principal Investment Holdings bekend, ‘n VK-gebaseerde private kliënt beleggingsbesigheid waarin ons ‘n meerderheidsbelang hou. Principal, wat sedert 1987 bestaan, bestuur bates van meer as ‘n biljoen pond sterling namens hoë netto waarde individue vanaf hulle kantore in Sevenoaks, Londen en Bath. Die maatskappy beskik oor ‘n wyd-gerespekteerde bestuurspan, ‘n bewese prestasie-rekord, ‘n stewige kliëntbasis en ‘n reputasie van uitnemendheid wat oor meer as twee decades opgebou is. Principal voorsien ons kliënte van direkte toegang tot beleggingsgeleenthede in die VK asook wêreldwyd.

    http://www.principalinvestment.co.uk/

    Pictet
    Pictet & Cie, wat in 1805 gestig is, is vandag een van Switserland se grootste privaat banke en een van die voorste onafhanklike batebestuurspesialiste in Europa.

    Die Pictet-groep is 'n batebestuurspesialis wat hom hoofsaaklik op die volgende deskundige gebiede toespits: privaat en institusionele batebestuur, fondsadministrasie en -bestuur, internasionale bewarings- en Gesinskantoordienste ["Family Office services"].

    Klik op die onderstaande skakel om die Pictet-webwerf te besoek. 
    http://www.pictet.com/

    Credo Group
    Credo Group Holdings Limited is die beheermaatskappy van die Credo Group. Dit is in Burmuda geïnkorporeer en sy hoofbedryfsfiliale is in die Britse Virginiese Eilande (BVI), Genève, die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika gesetel.


    Credo is ‘n welvaartbestuursgroep wat spesialiseer in die verskaffing van persoonlike beleggingsdienste aan privaat kliënte. Hulle doelwit is om kliënte se welvaart te beskerm en nuwe groei te beplan deur langtermynbetrekkinge met hul kliënte aan te knoop wat hulle in staat stel om geleenthede te identifiseer en nommerpas oplossings vir hul kliënte te vind.


    Credo volg ‘n geïntegreerde benadering tot persoonlike welvaartbestuur en hulle dienste behels onder meer Batebestuur, Aandelemakelaarsdienste, Eiendomsbeleggings en -bestuur, Trust- en Fidusiêre Dienste, Korporatiewe Finansies, en Private Ekwiteit.

    Vir meer inligting, besoek:  http://www.credogroup.com/

    SIM Global
    Die SIM Global-span spits hulle toe op die identifisering van:

    • onderwaardeerde maatskappye;
    • onontdekte maatskappye (gewoonlik kleinkapitalisasiemaatskappye);
    • regruksituasies, en
    • maatskappye met goeie groeivooruitsigte.

    Die klein, doeltreffende span onder die inspirerende leierskap van ervare portefeuljebestuurder Kokkie Kooyman, spits hulle toe op eie navorsing as 'n kernbevoegdheid, terwyl die moedermaatskappy, SBB, al die bedryfsteun bied.

    Die SIM Global-span glo vurig in hul bedryfs- en beleggingsmodel. Individuele en spanbelonings word regstreeks deur middel van bonusse gekoppel aan uitprestasie vir kliënte. Bonusse word nie uitbetaal nie maar in die span se fondse herbelê. As 'n regstreekse gevolg van hierdie inisiatief lei die benadering tot wisselvallige opbrengste op kort termyn maar uitprestasie op lang termyn.

    Klik asseblief op die onderstaande skakel om SIM Global se webwerf te besoek. 
    www.simglobal.sanlam.com

    Jy kan hierdie geleenthede benut deur gebruik te maak van die buitelandse toelae van R4 miljoen of SPI se bateruilkapasiteit, of deur jou bestaande fondse in die buiteland om te skakel na die SPI-platform.

    Skakel asseblief enige van ons portefeuljebestuurders of ons buitelandse spesialis by offshore@spi.sanlam.com  indien u hulp verlang.


Content within this section: