|
AandeleportefeuljesAs 'n privaat beleggingsmaatskappy is ons trots op die lewering van 'n gespesialiseerde diens wat op die behoeftes van die hoë-nettowaarde-individu toegespits is.
Waarde AandeleportefeuljePortefeuljedoelwit: Die primêre beleggingsdoelwit is om bogemiddelde totale opbrengste (kapitaal plus inkomste), met 'n groot inkomstekomponent, oor 'n beleggingshorison van drie tot vyf jaar te behaal. Die beleging sal in 'n kombinasie van gewone aandele van gehalte en ander instrumente wat 'n hoë opbrengs lewer (soos onderaandele in eiendomstrusts, eiendomsleningseffekte en voorkeuraandele) en wat op die JSE genoteer is, wees.
Grondrede vir die portefeulje: Die portefeulje is daarop gemik om te voorsien in die behoeftes van beleggers wat gekonsentreerde aandeleblootstelling maar terselfdertyd ook inkomste wat die aandele mark se gemiddelde dividendopbrengs oorskry, verlang. Daar word aan die inkomstevereiste voldoen deur 'n beduidende element van hoë-opbrengs aandele asook ander JSE-genoteerde sekuriteite soos voorkeuraandele, eiendomstrusts en eiendomsleningseffekte by die portefeulje in te sluit. Die opbrengs op hierdie ander genoteerde sekuriteite is geneig om minder volatiel te wees as die opbrengs op suiwer aandele, en die insluiting daarvan verlaag dus die algehele risikoprofiel van die portefeulje.
AandeleportefeuljePortefeuljedoelwit:
Grondrede vir die portefeulje: Die portefeulje is daarop gemik om te voorsien in die behoeftes van langtermynbeleggers wat gekonsentreerde aandeleblootstelling deur 'n gediversifiseerde portefeulje van gehalte-aandele wat oor die hulpbronne-, finansiële en nywerheidsektor van die mark versprei is, verlang.
Aggressiewe AandeleportefeuljePortefeuljedoelwit:
Grondrede vir die portefeulje: Die portefeulje is daarop gemik om te voorsien in die behoeftes van beleggers wat gekonsentreerde aandeleblootstelling verlang deur 'n aggressief bestuurde portefeulje van gehalte-aandele wat ons sienings van markgroeperings, sektore en individuele aandele weerspieël.
RandverskansingsaandeleportefeuljePortefeuljedoelwit:
Grondrede vir die portefeulje: Die portefeulje is daarop gemik om te voorsien in die behoeftes van beleggers wat van mening is dat die rand teenoor die geldeenhede van ontwikkelde lande sal depresieer, en wat verskansing teen negatiewe bewegings van die geldeenheid verlang deur gekonsentreerde blootstelling aan die aandele van maatskappye wie se verdienste deur randswakheid bevoordeel word.
Tegniese Momentum AandeleportefeuljePortefeuljedoelwit: Grondrede vir die portefeulje:
Dividend Inkomste AandeleportefeuljePortefeuljedoelwit: Die hoofdoel van die portefeulje is om ‘n volhoubare en groeiende inkomstestroom aan beleggers te verskaf terwyl die kapitaalwaarde in reële terme oor ‘n beleggingshorison van 3 jaar gehandhaaf word. Die inkomste wat verdien word, moet die VPIX oor ‘n rollende tydperk van 3 jaar ewenaar of uitpresteer.
Grondrede vir die portefeulje: Die portefeulje is ontwerp om in die behoeftes te voorsien van beleggers wat in wese op soek is na ‘n gereelde inkomste wat belastingdoeltreffend is én inflasie klop. Die portefeulje sal uit ‘n kombinasie van hoë-opbrengs aandele en voorkeuraandele bestaan. Terwyl dit die portefeulje se hoofdoel is om inkomste te genereer, word verwag dat die kapitaalwaarde in reële terme gehandhaaf sal word. Die portefeulje belê in gevestigde maatskappye met ‘n lang rekord van gereelde en groeiende dividendbetalings. Die voorkeuraandele kan in die geheel of gedeeltelik met eiendomstrusts vervang word afhangende van die belegger se belastingsituasie. Content within this section: |
|
|






















