iTrade

Aanlynhandel

 

Sanlam iTrade is die aanlynhandelsplatform vir Sanlam Privatebeleggings wat op 1 November 2006 bekendgestel is.  Hierdie aanlynhandelsplatform is so gevorderd in ontwerp en gebruikersvriendelikheid, en so ruim in die hoeveelheid keuses wat gemaak kan word, dat enigiets anders ouderweds lyk.  Sanlam iTrade bied alles en nog meer as wat u benodig om suksesvolle beleggingsbesluite te neem, u portefeulje daadwerklik te bestuur en teen mededingende tariewe op die JEB (JSE) handel te dryf.

Dit sluit die volgende in:

  • Regstreekse markdata en nuusuitsendings

  • Daaglikse en weeklikse markverslae

  • Omvattende puntgrafiekfasiliteit vir tegniese ontleding

  • Omvattende fundamentele data oor elke genoteerde maatskappy

  • Navorsing

  • Vooruitskattings deur ’n konsensus van makelaars

  • Portefeuljemonitering deur middel van waarskuwings en keerverliesopdragte

  • Onmiddellike handelsbevestiging per SMS
  • Onbeperkte werksaamheidslyste

  • Die vermoë om genoteerde aandele en aandelesertifikate aanlyn te koop en te verkoop

  • Regstreekse pryse en markdrakrag (vyf beste bodpryse en aanbiedinge met volumes) 


Vir meer inligting besoek die Sanlam iTrade webtuiste

Content within this section: