Latest Pages

latest pages

view the latest pages/items that have been viewed sitewide

  • Gereelde Vrae

My Pages

my pages

view all pages that you have selected and bookmarked


My Settings

my settings

Customise your personal settings



My newsletters
My favourites
Update your details
Individual profiler results

Stock quotes:

Active site glossary:

Language option:

Font size:

A A A

My Folder
close 
x 
start with what you hope for
Click here to view our tv adverts
Hope
Individuals
Business Owners
Corporates & Institutions

Gereelde Vrae

 

Hoe kan ek 'n SPI-kliënt word?
Hoe word ek op hoogte gehou van my beleggings?
Watter batesekuriteit bied julle?
Hoeveel het ek nodig om 'n rekening by SPI te open?
Hoe dra ek my bates aan SPI oor om te begin handel?
Hoe dra ek my portefeulje van 'n ander aandelemakelaar oor na SPI?
Hoe monitor ek my portefeulje?
Indien ek aandelesertifikate het, hoeveel sal dematerialisering kos?
Wat is Sanlam Private Beleggings se handelskommissiekoste?
Hoe koop en verkoop ek aandele?
Wat is die JSE se handelsure?
Wanneer moet aandele betaal en verreken word?
Hoe betaal ek vir aandele wat by Sanlam Private Beleggings gekoop is?
Watter verskillende soorte handelsrekenings is daar?

Hoe kan ek 'n SPI-kliënt word?

Jy moet die mandaatvorm invul en dit saam met die FICA-dokumente aan een van die SPI-takke stuur. Laasgenoemde dokumente sluit 'n afskrif van jou ID/paspoort en bewys van woonadres in, bv. 'n munisipale rekening, 'n bankstaat, 'n huurkontrak ens. Jy benodig ook belegbare bates van minstens R500 000.
 

Hoe word ek op hoogte gehou van my beleggings?

As 'n SPI-kliënt ontvang jy 'n maandstaat wat jou in kennis stel van enige veranderinge aan jou belegging. Jy ontvang ook 'n maandelikse nuusbrief wat die belangrikste kwessies in die mark en die Suid-Afrikaanse ekonomie bespreek. Jy het ook 24 uur per dag, 7 dae per week via die Internet toegang tot jou belegging.
 

Watter batesekuriteit bied julle?

Vir beheerde kliënte bied SPI 'n volledige administrasiefasiliteit, met inbegrip van die lysting van alle sekuriteite onder die SPI genomineerde maatskappy Agulhas Nominees (Pty) Ltd op die SPI-aangestelde CSDP.
 

Hoeveel het ek nodig om 'n rekening by SPI te open?

Die minimum bedrag wat nodig is om 'n rekening vir slegs uitvoering en advies te open, is R250 000, en vir 'n volle diskresionêre rekening R1 miljoen.
 

Hoe dra ek my bates aan SPI oor om te begin handel?

Dra fondse regstreeks oor na Sanlam Private Beleggings se Trustrekening by:

  • Bank: ABSA
  • Tak: Markstraat
  • Takkode: 301305
  • Rekeningnommer: 405 296 7036
  • En gebruik dan jou rekeningnommer as verwysing.
 

Hoe dra ek my portefeulje van 'n ander aandelemakelaar oor na SPI?

Jy moet 'n brief onderteken wat SPI magtig om jou fondse oor te dra. Daarna moet jy die mandaat invul en jou FICA-dokumente indien.
 

Hoe monitor ek my portefeulje?

Jy kan regstreeks toegang verkry deur ons webwerf, jou maandstate of jy kan jou portefeuljebestuurder skakel. Jy ontvang ook 'n makelaarsnota wat die transaksies op jou rekening op die vorige sakedag uiteensit.
 

Indien ek aandelesertifikate het, hoeveel sal dematerialisering kos?

Dematerialisering van jou aandelesertifikate sal jou R50 per aandeel/sertifikaat kos.

 

Wat is Sanlam Private Beleggings se handelskommissiekoste?

  • 'n Basiese bedrag van R50,00 per transaksie
  • 'n Lys van makelaarsgelde verskyn hieronder
  • Die minimum makelaarsgelde is R150
  • BTW (14% van makelaarsgelde + basiese heffing)
  • Belasting op bemarkbare effekte (0.25% slegs op aankope)
  • Fonds vir Ontneemde Lede (0.0043% op aankope)
  • Makelaarsgelde
    Op die volgende
    R30 000 - 1.30%
    R20 000 - 1.20%
    R50 000 - 1.00%
    R150 000 - 0.80%
    R750 000 - 0.65%
    R2 000 000 - 0.55%
    R3m plus - onderhandelbaar

Ons hef administrasiegeld van R400-00 per jaar (halfjaar in Februarie en Augustus) indien aandele in Agulhas Nominees, SPI se genomineerde maatskappy waarin alle kliënte se aandele geregistreer word, gehou word.

 

Hoe koop en verkoop ek aandele?

Die mees algemene manier is om deur 'n lidmaatskappy van die JSE te handel. 'n Makelaar by een van hierdie maatskappye koop/verkoop dan namens jou teen die beste moontlike prys. Die lidmaatskappy hef kommissie op elke transaksie.
 

Wat is die JSE se handelsure?

Die aandelemark open om 09:00 en sluit om 17:00 (Maandag tot Vrydag).
 

Wanneer moet aandele betaal en verreken word?

Verrekening van aandele wat verkoop is, geskied op die 5de sakedag ná die transaksie. Betaling vir aandele moet voor of op die dag van aankoop geskied.
 

Hoe betaal ek vir aandele wat by Sanlam Private Beleggings gekoop is?

Jy moet die geld regstreeks in Sanlam Private Beleggings se bankrekening inbetaal. Die depositostrokie (wat die bedrag verskuldig asook die kliënt se rekeningnommer aandui) moet aan Sanlam Private Beleggings gefaks word by 086 688 3738.
 

Watter verskillende soorte handelsrekenings is daar?

  • Bewaarrekening
    Die lidmaatskappy koop en verkoop aandele soos deur die kliënt versoek en hou die aandelesertifikate in veilige bewaring namens die kliënt. Die lidmaatskappy hou die kliënt se kontant en belê dit teen optimale koerse.
  • Bestuurde rekening
    Die lidmaatskappy koop en verkoop aandele na goeddunke namens die kliënt en hou die aandelesertifikate. Die lidmaatskappy hou die kliënt se kontant en belê dit teen optimale koerse. Die lidmaatskappy hef portefeuljebestuursgelde, wat op die grootte van die portefeulje gegrond word, vir hierdie diens.

 

Content within this section:

Print
Email
Add Page to My Favourite Folder
Share Page
  A A A