Beleggingsproses

By Sanlam Private Beleggings verseker 'n gedissiplineerde navorsingsprotokol insette van gehalte by die besluitnemingsproses. Afgesien daarvan dat ons beleggingskomitee op jare se ervaring in die beleggingswêreld staatmaak, benut hulle ook talle inligtingsbronne en ontledings voordat hulle 'n intelligente besluit neem wat vir jou as 'n baie besondere individu sin maak.

 

Navorsingsproses

Kennis is finansiële mag. Ons nougesette navorsingsproses weet presies waar om inligting te verkry. Ons gebruik onder meer die volgende bronne:  

 

  • Institusionele makelaars se navorsingsverslae

  • Databasisse met finansiële en beleggingsinligting, met inbegrip van 

    • I-Net

    • Bloomberg

    • Telerate

    • Sanlam Beleggingsbestuur se maatskappysiening

 

Hoe ons navorsing doen:

Al ons portefeuljebestuurders dra by tot die interne navorsingsproses. Ons hoof beleggingsbeampte, Alwyn van der Merwe, is verantwoordelik vir die koördinering van alle navorsingsinligting en ontleding.

Wat aandele betref, verkies ons om te belê in bekende maatskappye wat: 

 

  • gesonde bestuursbeginsels toepas;

  • 'n geskiedenis van goeie finansiële prestasie en volhoubaarheid het;

  • 'n positiewe kontantposisie en 'n hoë uitbetalingsverhouding het;

  • dividendopbrengs lewer, en

  • sterk fundamentele faktore het


Navorsingsresultate word oor ons hele besluitnemingsproses heen gebruik: 

 

    • Ons deel navorsing en menings met portefeuljebestuurders, wat ook hulle insette lewer.
    • Ons beleggingskomitee vergader weekliks en al die portefeuljebestuurders word uitgenooi. Die beleggingskomitee en die portefeuljebestuurders debatteer, bevraagteken en bespreek die navorsing en die menings ten einde 'n maatskappysiening te vorm. Ons beleggingskomitee stel ons Modelaandeleportefeuljes saam. Portefeuljebestuurders gee ook redes vir enige insluiting/uitsluiting van 'n bepaalde aandeel by enige van die aandeleportefeulje.
    • Hierdie modelportefeuljes dien as streng riglyne vir portefeuljebestuurders. Afwykings van die modelportefeuljes word toegelaat ten einde enige individuele voorkeure te akkommodeer. Enige afwykings word noukeurig gemonitor


Die besluitnemingsproses sluit in

  • weeklikse beleggingskomiteevergaderings om modelportefeuljes saam te stel

  • daaglikse vergaderings om te verseker dat die inligting waarop ons staatmaak, die jongste inligting is

  • 'n daaglikse oorsig van die markte gedurende die afgelope 24 uur
  • 'n aandelewaardasiehulpmiddel wat meer as 80 aandele dek


Portefeuljebestuurders sowel as handelaars volg hierdie proses nougeset en word gemonitor deur 'n toegewyde, onafhanklike Nakomingsafdeling wat regstreeks aan die HUB rapporteer. SPI word volgens die uiters streng reëls van die JSE en die Raad op Finansiële Dienste bedryf. Dit verleen verdere beskerming aan kliënte se beleggings.

Content within this section: