Vrywaringskennisgewing

 

Sanlam Private Beleggings (Eiendoms) Beperk, Registrasienommer 2000/023234/07 (“SPI”), is ‘n lid van die JSE Beperk. SPI stel gebruikers in kennis dat die inligting hierin vervat onderworpe is aan foute en weglatings en dat alle besigheid onderworpe is aan kontrakbevestiging.

 

Let asseblief daarop dat hierdie dokument en/of eposkorrespondensie nie advies of ander dienste soos omskryf ingevolge die Wet op Finansiële Adviseurs- en Tussengangersdienste 2002 uitmaak nie. Alle inligting, met inbegrip van enige menings uitgespreek, in hierdie dokument en/of eposkorrespondensie is uitsluitlik van ‘n algemene aard en is nie bedoel om die omstandighede van ‘n spesifieke entiteit of individu aan te spreek nie. Enige voorstelling of mening word slegs ter inligting verskaf. Daarom sal enige party wat hom verlaat op enige siening, mening of model hierin vervat, dit op eie risiko doen en SPI ontken enige verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir posisies ingeneem op grond van hierdie vertroue. SPI moet geraadpleeg word in soverre dit die unieke behoeftes van elke belegger aangaan.

 

Terwyl SPI behoorlike sorg aan die dag gelê het om te verseker dat die sienings en menings gegrond is op inligting wat met die ter perse gaan tersaaklik en akkuraat was, word geen voorstelling gemaak of waarborg of onderneming gegee nie, uitdruklik of geïmpliseer, en geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid word deur enige lid of werknemer van SPI aanvaar wat betref die juisheid, akkuraatheid of volledigheid van enige inligting en menings hierin vervat nie.

 

As u u op hierdie inligting en/of eposkorrespondensie verlaat, vir watter doel ook al, doen u dit op eie risiko. SPI aanvaar geen aanspreeklikheid van watter aard ook al en hoe ook al ten opsigte van enige eis, skade, verlies of koste, hetsy direk of indirek veroorsaak, met inbegrip van gevolglike verlies of verlies van wins, voortspruitend uit of in verband met u, die gebruiker, oor die inhoud van hierdie dokument en/of eposkorrespondensie nie, of die gebruiker van die inligtingsprodukte en dienste wat in hierdie dokument of eposkorrespondensie beskryf word nie.

 

Enige hersiening, herversending, verspreiding of ander gebruik van, of optrede as gevolg daarvan dat u u op hierdie inligting verlaat het, deur ander persone of entiteite as die ontvanger waarvoor dit bedoel is, is verbode. Indien u hierdie kommunikasie per abuis ontvang het, kontak asseblief die afsender en wis die inligting op u rekenaar uit.

 

Die gebruiker stem in om hom/haar uitsluitlik te onderwerp aan die wette van die Republiek van Suid-Afrika en die jurisdiksie van die howe van die Republiek van Suid-Afrika ten opsigte van enige dispuut voortspruitend uit die gebruik van hierdie dokument en/of eposkorrespondensie.


 

Content within this section: