Kontantbestuur
Die veilige-hawe-status van kontant hoef nie ten koste van prestasie te wees nie. SPI se kontantbestuursafdeling bied vier interessante alternatiewe vir tradisionele banksake.
Elkeen van hierdie alternatiewe word deur beskermingslae ondersteun wat ons danksy ons volle lidmaatskap van die JSE geniet. Dit gaan gepaard met verskeie wigte en teenwigte, vernaamlik die omvattende beskerming van wetgewing wat lede se optrede reguleer. Ons eie omvattende nakomingsprotokol en die feit dat ons deel is van die groot en inherent stabiele Sanlam-maatskappygroep sal u verder gemoedsrus gee.
Vir meer inligting, laai die Kapitaalbeskermingsprodukte-brosjure af. Content within this section: |
|
|
|





















