|
Ons ProdukteAs 'n privaat beleggingsmaatskappy is ons trots op die lewering van 'n gespesialiseerde diens wat op die behoeftes van die hoë-nettowaarde-individu toegespits is Ons bied portefeuljes aan wat uit een of meer van die verskillende bateklasse, d.w.s. aandele, eiendomstrusts, eiendomsleningseffekte, effekte en kontant, bestaan. Met behulp van ons aandelenavorsingsvermoë met sy goeie hulpbronne sal ons jou fondse toewys om 'n optimale samestelling van en blootstelling aan beleggingsektore te bewerkstellig, met inagneming van alle tersaaklike faktore, waarvan jou risiko-aptyt die belangrikste is. Die portefeuljebestuurders bestuur 'n reeks gekonsentreerde portefeuljes met verskillende beleggingshorisonne en blootstelling aan die aandelemark. Ander produkte wat ons aanbied, sluit geldmakelary, afgeleide gestruktureerde produkte, aftreefondsbestuur, absolute-opbrengsportefeuljes en aandelemakelaarsdienste in. Sanlam Private Beleggings bied jou jou eie pasgemaakte oplossing uit 'n verskeidenheid produkte, met inbegrip van die volgende:
|
|
|





















