Kunsadviesdiens

Sanlam Private Beleggings se Kunsadviesdiens, die eerste van sy soort in die land, bied onafhanklike, deskundige advies oor belegging in kuns aan kliënte wat belang stel om kunswerke aan te skaf of ’n kunsversameling te begin. Dié spesialisdiens is eksklusief beskikbaar deur Sanlam Private Beleggings met konsultasies en advies wat deur Stefan Hundt, Kurator van die Sanlam-kunsversameling verskaf sal word.


Kuns geniet tans hernude aandag, beide in Suid-Afrika en oorsee, nie net as ’n doeltreffende verskansing teen inflasie nie, maar as ’n bateklas uit eie reg met toenemende belangstelling in die aankoop van kunswerke weens die beleggingspotensiaal wat dit inhou asook die estetiese waarde daarvan.


Sanlam is lank reeds ’n ondersteuner en versamelaar van Suid-Afrikaanse kunswerke, en Stefan geniet wye erkenning as een van die voorste kunskenners in die land. Deur die Kunsadviesdiens, en met geen gevestigde belang in die waarde van enige van die kunswerke wat getakseer word nie, gee Stefan ’n unieke, onafhanklike perspektief op die aanwins en versameling van kunswerke.

 

Klik hier om 'n oorsig deur Stefan van Suid-Afrikaanse kunsveilings gedurende die afgelope ses maande af te laai.

 

Klik hier om ons kleurbrosjure af te laai.

     
  
  
  

Erich (Carl Ernst) Mayer, (1876 - 1960),
detail van "Portrait of a Warrior Prince", 1925, olieverf op bord


Stefan Ampenberger, (1908 - 1983),
detail van "The Red Sun", nie gedateer nie, olieverf op bord


Helmut Starcke, (1935 - ),

detail van "Dreams and Nightmares of M. de La Q # 1",1999,
akrielverf op doek


Jacob Hendrik Pierneef, (1886 - 1957),
detail van "Baobab Trees", circa 1934, houtskool op papier