Wat die Diens Behels

Sanlam Private Beleggings se Kunsadviesdiens bied onafhanklike, deskundige advies oor:


  • Taksering en waardering van bestaande kunsversamelings, wat die verskaffing van volledige dokumentasie insluit
  • Bestuur van kunswerke en waardevolle items om reg daaraan te laat geskied
  • Versekering van kunswerke, veral met die oog op wisselende appresiasies
  • Aankoop van kunswerke as deel van ʼn gebalanseerde portefeulje
  • Algemene advies oor die koop en verkoop van kunswerke insluitend spesifieke advies oor voornemende aanwinste
  • Verwoording en implementering van ‘n persoonlike aanwinstebeleid
  • Deurlopende inligting oor die jongste verwikkelinge in die kunsmark met die klem op Suid-Afrikaanse kuns
  • Omvattende advies in die konteks van ʼn belegger se totale finansiële prentjie
  • Boedelbeplanning om belastingdoeltreffende kontinuïteit oor geslagte heen te verseker

 

Klik hier om ons kleurbrosjure af te laai.

       

Maggie (Maria Magdalena) Laubser (1886 - 1973),
detail van "Portrait of a Man - Berlin", circa 1923, olieverf op bord

 

Maggie (Maria Magdalena) Laubser (1886 - 1973),
detail van "Portrait of a Young Girl", circa 1924-1927,

olieverf op papier op karton

Content within this section: