Meer Oor Ons

Groei van Maatskappy

Sanlam Private Beleggings is in 1999 onder die handelsnaam Gensec Private Clients gestig. In 2001 het dit die Suid-Afrikaanse privaatkliënte-onderneming ABN Amro, voorheen bekend as Huysamer Stals, verkry en in 2002 Merrill Lynch Private Clients, voorheen bekend as Smith Borkum Hare. In ooreenstemming met SBB is die naam van die maatskappy in 2002 verander na Sanlam Private Beleggings.

Vandag is ons 'n gespesialiseerde beleggingshuis wat bates vir welvarende privaat individue, kultuurorganisasies, liefdadigheidsorganisasies en soortgelyke entiteite met belegbare bates van meer as
R1 miljoen bestuur. Ons het die nodige vermoë en stelsels om 'n wye reeks beleggingsdienste, met inbegrip van plaaslike en buitelandse beleggingsportefeuljes, aandelemakelary en verwante dienste, aan te bied. Ons is lid van die JSE Aandelebeurs en SATB.

Ons het tans bates ter waarde van R55 miljard onder bestuur. Alhoewel dit ons een van die grootste beleggingsbestuurders maak, bly ons in voeling met die bepaalde vereistes en beleggingsdoelwitte van ons kliënte. Die volgende grafiek toon die groei van ons bates onder bestuur:

Soos ons institusionele eweknie, Sanlam Beleggingsbestuur – 'n groot beleggingshuis met bates van omtrent R293 miljard onder bestuur – is ons deel van die Sanlam-beleggingsgroepering. En dit is vanselfsprekend dat ons kliënte voordeel trek uit die beleggingskundigheid, stelsels en navorsingspraktyke van die ander besighede wat deel van die groepering uitmaak.

As 'n privaat beleggingsbestuurder is ons trots daarop dat ons 'n gespesialiseerde diens lewer wat op die hoënettowaarde privaat kliënt gerig is.

As kliënt kry jy:

  • regstreekse toegang tot die portefeuljebestuurder;
  • omvattende maandelikse en kwartaallikse verslae;
  • kwartaallikse vergaderings om die beleggingsresultate te bespreek;
  • bygewerkte beleggingsinligting wat onmiddellik op die Internet beskikbaar is;
  • voorkeurbehandeling wat betref aandeletransaksies en spesiale uitgifte, en
  • advies oor beleggingstransaksies.

Ons waardes

As deel van die groter Sanlam-groep is ons daartoe verbind om met integriteit, toerekenbaarheid en respek op te tree in alles wat ons doen en waarna ons strewe.
Sanlam Private Beleggings gaan oor:
Passie. Innovasie. Deursigtigheid

Passie

Ons is nie net geesdriftig oor die markte nie, maar ons beweeg ook bewustelik na 'n kliëntegerigte organisasie. Dit is waarom geesdrif 'n hoofbestanddeel van al ons interaksie met kliënte is.

Innovasie

By SPI strewe ons daarna om innoveerders te wees, en dit kan gesien word in die manier waarop ons ons produkte, ons kliënte en die mark benader. Ons is altyd aan die voorpunt wat betref die ontwikkeling van nuwe produkte en dienste, deels omdat die besigheid al sy werknemers aanmoedig om hul entrepreneuriese talente te gebruik.

Deursigtigheid

Ten einde kliënte se belange te beskerm is al ons aksies, transaksies en interaksie deursigtig. Dit geld vir ons kliënte, ons sakegenote en ons ander belanghebbendes. Ons kom te alle tye die reëls van die RFD en die JSE, asook ander toepaslike wetgewing en gedragskodes na.

As deel van die Sanlam-groep onderskryf en glo SPI aan die kernwaardes van die Groep:

Groei aandeelhouerwaarde deur innoverende en voortreflike prestasie
  • Lei met moed
  • Dien met trots
  • Gee om omdat ons ander respekteer en
  • Tree op met integriteit en toerekenbaarheid

Hierdie waardes hang nie by die werk aan 'n muur nie. Dit bepaal hoe ons ons werkslewe lei. Dit leer ons om uit die vuis te dink. Dit laat ons onsself, die gebruike van die bedryf, dit wat verwag word, uitdaag. Dit maak ons leiers - 'n maatstaf vir ander om te volg. Ons waardes help ons om die soort mense te word met wie jy sake wil doen.