Oor die toekennings



Doel

Die doel van die toekennings is om innovasie in studievelde van spesifieke belang vir ons kliënte − hoënettowaarde-individue met ‘n waardering vir die seldsame, die estetiese en die fyner dinge in die lewe − te ondersteun en aan te moedig. Daarom sal studente in die beeldende kunste, juweliersontwerp, wynmaak, argitektuur, kookkuns, musiek, modeontwerp, binneontwerp, fotografie en uitreikprogramme vir inskrywing kwalifiseer. Ons het besluit om die toekennings eksklusief te bemark by instellings wat in ons navorsing as van die beste op hul onderskeie spesialiseringsgebiede geïdentifiseer is.



Kategorieë

Toekennings sal in die volgende kategorieë gedoen word:

  • Toekenning 1: Modeontwerp − FEDISA
  • Toekenning 2: Wynmaak − Universiteit Stellenbosch
  • Toekkening 3: Binneontwerp − BHC School of Design
  • Toekenning 4: Argitektuur − UK se Skool vir Argitektuur en Beplanning
  • Toekenning 5: Kookkuns − Instituut vir Kookkuns
  • Toekenning 6: Juweliersontwerp − Durbanse Instituut vir Tegnologie
  • Toekenning 7: Fotografie − Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
  • Toekenning 8: Musiek − The South African College of Music (UK)
  • Toekenning 9: Beeldende Kunste − Ruth Prowse School of Art
  • Toekenning 10: Spesiale Kategorie, Uitreikprogramme − Ruth Prowse School of Art


Die bogenoemde opvoedkundige instellings is na intensiewe navorsing as onder die heel bestes in hul onderskeie kategorieë geïdentifiseer.


Kriteria

Elke inskrywing moet van een of ‘n kombinasie van die volgende getuig:

  1. Kreatiwiteit:
    • Die werk moet werklik oorspronklik wees. Dit moet tradisionele idees, reëls, modelle, verhoudinge en dies meer uitdaag en betekenisvolle nuwe idees, vorms, metodes en vertolkings vergestalt.

  2. Estetiese skoonheid:
    • Die werk op sigself moet genot of intense bevrediging verskaf of die gevoel verdiep en esteties die sintuie prikkel.

  3. Gehalte:
    • Die werk moet ’n toonbeeld van voortreflikheid, substansie, en gehalte wees.

  4. Luuksheid:
    • Die werk moet bydra tot die verlustiging in of genieting van die lewe se bederwe en plesiere en ‘n gevoel van behaaglikheid skep.


Indiening

Elke inskrywing moet die volgende insluit:
  1. Amptelike inskrywingsvorm
  2. ‘n Skriftelike motivering van 500 woorde wat die volgende dek:
    • Titel van die werk
    • Beskrywing van die veld of dissipline waaronder die inskrywing val
    • Beskrywing van die werk ingedien
    • Wat maak jou werk oorspronklik?
    • Wat was jou inspirasie?
    • Beskryf die proses of tegnieke gebruik
  3. Visuele/oudio/ander items ter ondersteuning van die werk (bv. uittreksel uit ‘n film, foto’s, DVD, CD, kleurafdruk). Dit sal nie terugbesorg word nie.
  4. ‘n 150 woorde endossement van jou lektor wat die inskrywing onderskryf (dit sal nagegaan word).


Beoordelingspaneel

Die beoordelingspaneel is saamgestel uit kundiges in elke spesifieke kategorie asook twee evalueerders wat die werke in al die kategorieë sal beoordeel. Die beoordelaars is hoogaangesprewe persone en uitblinkers wat as bedryfsleiers beskou en gerespekteer word. Hulle is op die hoogte met die jongste neigings in hul veld en het ‘n kritiese oog waar dit by die beoordeling van gehalte kom. Hulle is heeltemal onafhanklik van die gekose instellings en het geen persoonlike verbintenisse met die deelnemende studente nie. Daniël Kriel, Sanlam Private Beleggings se Uitvoerende Hoof en Stefan Hundt, kurator van die Sanlam-kunsversameling sal al die kreatiewe inskrywings evalueer.


Kompetisiereëls

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Julie 2009.
  • Die kompetisie is nie oop vir SPB-personeel of hulle of die beoordelaars/keurders van die kompetisie se naaste familie nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Daar is geen beperking op die hoeveelheid inskrywings per kursus nie maar dit moet deur ‘n lektor endosseer word.
  • Alle deelnemers moet waarborg dat die werk ingedien hul eie oorsponklike werk, of dié van hul groep is.
  • Vir groepinskrywings moet ‘n woordvoerder aangestel word wat die groep verteenwoordig.
  • Die kopiereg van die materiaal wat vir die kompetisie ingeskryf word, berus by die deelnemer, maar vir ‘n tydperk van een jaar behou SPB die reg om die materiaal selektief en gesamentlik te gebruik vir bemarkings- en promosie-aktiwiteite wat met SPI of hierdie kompetisie verband hou.
  • Deelnemers stem daartoe in dat artikels oor hulle in SPI se nuusbrief, op SPI se webblad en in die Suid-Afrikaanse pers verskyn.
  • Deelnemer(s) moet bereid wees om ongeveer 1 Oktober 2009 die toekenningsplegtigheid in Kaapstad by te woon.

Content within this section: