SPI bied die Geldmakelarydiens aan privaat kliënte om min hul individuele behoeftes te voorsien. Ons diens sluit daggeldfasiliteite, termyndeposito's en geldmarkbates in. Risikobestuur is lê ten grondslag aan geldmakelary en fondse word dus oor verskeie banke versprei ten einde blootstelling aan enige enkele bank te verklein
Omsigtigheidsperke word vasgestel volgens Sanlam Beleggingsbestuur se streng risikobestuursriglyne wat deel van ons bedryfsprosedure uitmaak. Kliënte kan die banke kies by wie hulle hul kontant wil deponeer.
Wat ons aanbied
Die mark word daagliks namens jou gemonitor om te verseker dat optimale opbrengste behaal word. Dit stel die handelaars ook in staat om enige spesiale geleenthede wat by jou bepaalde risikoprofiel pas, te identifiseer.
Uitlenersdeposito's, -onttrekkings en -inkomste
Die geldmark se gesofistikeerde handels- en administrasiestelsel bied die gerief dat enige transaksie oor die hele aandele- en skuldprodukreeks heen binne SPI afgehandel kan word.
Die hoofkenmerke van ons kontantportefeulje vir privaat kliënte sluit die volgende in
-
Daggeld
'n Daggelddeposito is 'n rentedraende rekening waarin fondse op versoek gedeponeer en uit onttrek kan word. Daggelddeposito's kan met gemak bestuur word, aangesien opdragte vir deposito's en onttrekkings telefonies gegee kan word.
Fondse kan onmiddellik onttrek word. Kennisgewing van alle onttrekkings vir die dag moet egter teen 12:00 gegee word, omdat die fondse daagliks herbelê word.
Fonds word elektronies of per tjek betaal. Betalings uit 'n daggelddepositorekening word beperk tot die genomineerde rekening van die kliënt en kan nie regstreeks na derde partye oorgedra word nie
Rentebetalings word óf gekapitaliseer óf in jou genomineerde bankrekening inbetaal.
-
Vaste Transaksies
'n Vaste deposito is 'n belegging waar geld vir 'n vasgestelde tydperk by 'n bank geplaas word. Die rentekoers bly diesselfde vir die termyn van die belegging en wissel nie.
Die vastedeposito is 'n korttermynbeleggingsmedium. Fondse kan vir 1 week tot 12 maande vasbelê word, alhoewel loangertermynbeleggings op evrsoek gereël kan word. Rente word maandeliks of wanneer die belegging uitkeer, uitbetaal
-
Bankaksepte (BA's)
'n Bankaksep is 'n onvoorwaardelike skriftelike opdrag aan 'n bank om op versoek of op 'n toekosmtige datum 'n ooreengekome som geld te betaal. BA's bied finansiering teen 'n vaste koers vir tydperke van 30 tot 120 dae. Die mees algemene termyn is 90 dae. In die sekondêre mark kan enige termyn van toepassing wees. Die diskontokoers word deur geldmarkkoerse beïnvloed en is deurlopend onderhewig aan verandering. Indien die bank toestem tot die voorwaardes van die wissel, erken dit aanvaarding daarvan deur op die voorkant van die wissel te teken.
-
Die voordele van die aankoop van 'n BA is soos volg:
-
Die kliënt kan die diskontokoers monitor en die optimale diskontodatum kies.
-
Dit stel die kliënt in staat om korttermynfinansiering te verkry
-
Dit vul seisoens- of korttermyntekorte in bedryfskapitaal aan.
-
BA's is 'n betreklike goedkoop vorm van handelsfinansiering
-
BA's verminder die onsekerheid van nadelige bewegings in korttermynuitleenkoerse
Koerse hou almal met die mark verband en indien die belegging voor die uitkeerdatum verkoop word, kan 'n verlies op die belegging gely word.
-
Verhandelbare Depositosertifikate (VDS'e)
'n Verhandelbare Despotiosertifikaat (VDS) is 'n vastedepositosertifikaat wat aan 'n derde party verhandel kan word. Die instelling wat die sertifikaat uitreik, onderneem om op die vervaldatum die aanvanklike belegging plus die rente, teen die koers vermeld op die sertifikaat, aan die houer te betaal. Die doel is om buigsaamheid vir sakekliënte te voorsien deur 'n aantreklike beleggingsfasiliteit met die opsie om die instrument vir kontant te verhandel indien nodig, te bied. Die termyn van Verhandelbare Depositosertikate is gewoonlik 3 tot 12 maande. In die sekondêre mark kan enige tydperk van toepassing wees.
Vir meer inligting oor geldmakelary, tree asseblief in verbinding met Michelle Louw by michellel@sim.sanlam.com of Rhoanne Chrisswell by rhoannec@sim.sanlam.com.
Content within this section: