Afgeleide InstrumenteDie SPI se Afdeling vir Handel in Afgeleide Aandele [Equity Derivative Trading Desk] het in Desember 2004 tot stand gekom en is in die korporatiewe kantoor in Kaapstad gesetel. SPI is 'n geregistreerde lid van die Suid-Afrikaanse Termynbeurs (SATB), wat die JSE Aandelebeurs (JSE) se afdeling vir afgeleide instrumente is.
Ons dienste sluit tans die volgende in:
Enkelaandeel-termynkontrakte 'n Enkelaandeel-termynkontrak is 'n termynkontrak waar die onderliggende sekuriteit 'n aandeel is wat op 'n beurs genoteer is. In die geval van Suid-Afrika word hierdie aandele op die JSE genoteer. Hierdie kontrak is 'n regtens bindende verpligting wat deur 'n termynbeurs aangegaan word om in die toekoms 'n enkele aandeel te koop of te verkoop. Elke enkelaandeel-termynkontrak is gestandaardiseer wat betref grootte, verstryking, en breukbeweging.
Voordele van enkelaandeel-termynkontrakte
HandelskosteGeen Belasting op Effekte sonder Sertifikate (BESS) is betaalbaar wanneer enkelaandeel-termynkontrakte gekoop word nie. Makelaarsloon is gewoonlik laer as in die geval van regsteekse aandele, afhangende van die grootte van die transaksie. Hefboomfinansiering.Beleggers befonds posisies teen institusionele befondsingskoerse - tipies 3% laer as die prima koers. Margetransaksies kan gebruik word om die posisie te vergroot of kontant vry te stel.
DaalspekulasiePrivaat kliënte kan aandele verkoop wat na hul mening oorwaardeer is, en sodoende wins maak uit 'n daling van die aandeleprys. Hierdie handelsmetode was voorheen slegs aan beleggingsbanke, verskansingsfondsbestuurders en aandelemakelaars beskikbaar.
VerskansingBeleggers kan individuele aandele of 'n aandeleportefeulje teen markdalings verskans sonder om hul oorspronklike beleggings te verkoop.
Indekstermynkontrakte'n Termynkontrak is 'n ooreenkoms tussen 'n koper en 'n verkoper om 'n sekere instrument teen 'n vaste prys op 'n toekomstige datum te verhandel. Indien hierdie instrumente standaardspesifikasies het en op 'n gereguleerde beurs verhandel word, word dit termynkontrakte genoem. Die enigste likiede indekstermynkontrak plaaslik is op die FTSE/JSE Top 40-indeks gegrond. Weens die besonder likiede aard van hierdie soort belegging kan groot volumes van Top 40-indekstermynkontrakte teen 'n billike prys verhandel word sonder enige beduidende impak op die mark.
Marge en Waardasie teenoor markprys'n Belegger wat 'n transaksie met betrekking tot 'n termynkontrak aangaan, hoef nie ná verhandeling aankope af te sluit of die onderliggende sekuriteit ten volle te lewer nie. In plaas daarvan moet 'n bedrag van ongeveer 10% van die waarde van die handel by die SATB-verrekeningshuis gedeponeer word om verliese te dek wat as gevolg van markbewegings kan ontstaan. Dit staan bekend as marge en wissel volgens die onbestendigheid van die onderliggende instrument. Alle oop posisies sluit daagliks af om vir die markbeweging op daardie dag te verantwoord. Indien 'n posisie 'n verlies ervaar, moet bykomende marge by die verrekeningshuis gedeponeer word. Indien die posisie winsgewend is, word die geld in die belegger se rekening by sy makelaar inbetaal. Voordat handel 'n aanvang kan neem, moet die kliënt 'n aanvanklike marge wat deur die verrekeningshuis vereis word, sowel as 'n handhawingsmarge by die makelaar in afgeleide instrumente deponeer om klein nadelige bewegings te dek. Vir meer besonderhede oor afgeleide instrumente en gewaarborgde beleggings, laai asseblief die brosjure af of tree in verbinding met 'n spesialis op dié gebied by spiderivatives@spi.sanlam.com . Content within this section: |
|
|
|






















