|
|
Sanlam Radiodramakompetisie
Die jaarlikse skryfkompetisie met RSG as die medeaanbieder, moedig die skryf van ware Afrikaanse dramas met ’n ware Suid-Afrikaanse inslag, aan. Die sluitingsdatum vir hierdie jaar se twaalfde kompetisie is 29 Julie 2011.
Wie mag inskryf? Die kompetisie het slegs een kategorie en enige skrywer kan inskryf. Die wenteks word dan opgeneem en deur RSA uitgesaai. Die wenners ontvang die gewone uitsaaibetaling vir hul tekste. Ander geskikte tekste voortspruitend uit die kompetisie word ook opgeneem omdat RSG probeer om soveel plaaslike werk as moontlik uit te saai. Die prysgeld Naas uitsending van die wenteks, ontvang die wenner ook R20 000 prysgeld. Die tweede prys is R10 000, die derde R7 000 en waar van toepassing word ’n aansporingsprys van R7 000 ook toegeken. Die doel van laasgenoemde prys is om jong skrywers (18 tot 30 jaar) aan te moedig om te skryf. Die organiseerders behou hul die reg voor om geen pryse toe te ken as die beoordelaars van mening is dat geen inskrywings van die regte gehalte is om uitgesaai te word nie. Geen kommentaar word oor die inskrywings gelewer nie, die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie daaromtrent word toegelaat nie. Kliek hier vir al die reëls en regulasies van die kompetisie asook die riglyne om radiodramas te skryf of om in te skryf. Kliek hier vir meer inligting oor die 2011-radiodramakompetisie of hier om te sien wie die vorige wenners was. Content within this section: |
|
|
|
||

















