Spaar
Doelwit 1: Begroot om te spaar
Dit help nie om net aan jou finansiële posisie te dink nie. Kry ’n onlangse bankstaat, ’n pen en papier in die hand en begin dit ontleed. Kan jy nie onthou hoekom jy twee dae na mekaar kontant getrek het nie? Wees voorbereid op ’n paar verrassings. Skei vaste en veranderlike koste. Onder veranderlike koste, bepaal en maak ’n lys van wat jy “moet hê” en “waarsonder jy nie kan klaarkom nie”. Wanneer jy jou begrotingsplan opstel, moenie jouself heeltemal afskeep nie – selfs die mees gedissiplineerde persoon het af en toe iets op die ingewing van die oomblik nodig, soos ’n paar skoene of blomme. As jy eerlik is oor jou spontane inkopies, sal jy beter beheer daaroor kan uitoefen. Al ooit van saamgestelde rente gehoor? Dit is rente op rente. Hier is ’n oortuigende analogie: Dink aan ’n wurm wat 10 cm lank is en elke dag 10% groei. Hoe lank dink jy sal die wurm na een jaar wees? 10 meter? 100 meter? Die antwoord is 128 miljard kilometer! Hoekom is dit van belang? Omdat dit nooit te laat is om te begin spaar nie. Doelwit 2: Spaar om te reis In plaas van om op die nippertjie ’n vliegtuigkaartjie met jou kredietkaart te koop en boonop rente te betaal (die prima uitleenkoers is tans 9.5%), beplan vooruit. Open ’n spesiale spaarrekening en spaar rente (enigiets van 2% tot 5%, na gelang van die bedrag en spaartermyn). Doelwit 3: Vul jou pensioen aan As jy daaraan dink om jou pensioen aan te vul, is dit ’n uitstekende idee en een van die slimste dinge wat jy kan doen. Voer hierdie gedagte verder deur met ’n finansiële adviseur van Sanlam te gesels. Doelwit 4: Kyk na jou voorkoms Een van die beste reëls vir finansiële intelligensie is: Moenie verbruiksgoedere op krediet koop nie. (Net ter inligting: ’n Prada-uitrusting word nie as ’n goeie belegging beskou nie.) Tensy jy ’n klomp los kontant het, is die beste manier om jou klerekas op te knap om dit stap vir stap te doen – belê in een of twee stukke per maand. As jou begroting R500 per maand is en jy bestee net R300 aan noodsaaklike items, kan jy volgende maand daardie klassieke handsak teen R700 aanskaf sonder om skuldig te voel. Doelwit 5: Verhoog jou verdienvermoë Verdere studie kan jou baie help om in jou loopbaan te vorder. Wanneer jy besluit het watter kursus jou meer bemarkbaar sal maak, soek ’n geakkrediteerde tersiêre instelling met ’n goeie naam in die mark. Die studiekoste kan miskien duurder wees, maar sal die moeite werd wees. Doen deeglike navorsing – daar was die afgelope tyd verskeie verslae oor twyfelagtige opleidingsentrums regoor die land. Doen aansoek om beurse by jou huidige maatskappy. Die meeste maatskappye se jaarlikse begrotings sluit fondse in wat vir opleiding bewillig word. As jy jou eie studie moet finansier, benader dit soos om ’n huis te koop, maar maak seker dat jou bankbestuurder verstaan dat dit ’n studielening is wat jy nodig het. Die meeste banke het voorkeurkoerse vir studielenings, teenoor persoonlike lenings. Doelwit 6: Leer slegte gewoontes af As jy ’n roker is, kan dit jou finansiële situasie belemmer – afgesien van die gesondheidsimplikasies wat dit inhou. “Jy kan gemiddeld ongeveer R600 per maand spaar as jy ophou rook. Dis R7 200 per jaar!” sê Karin Muller van Sanlam Persoonlike Finansies. ’n Nie-roker betaal gewoonlik laer lewensversekerings- en mediese fondspremies en is oor die algemeen gesonder, wat minder besoeke aan die dokter en ’n besparing op medisynekoste beteken. Doelwit 7: Betree die eiendomsmark Nadat jy maande lank die ideale huis gesoek het, sal jy moet kyk na ’n verband. Moenie aanvaar die bank by wie jy al 20 jaar jou banksake doen, sal jou die beste rentekoers gee nie – vergelyk koerse in die mark. Verbandmakelaars kan help en hul dienste aan jou is gratis (hulle word deur die bank betaal). Hoe groter die bedrag is wat jy as ’n deposito kan neersit, hoe meer kan jy spaar. Content within this section: |
||
|
|
||
























